Motoris dood ná skietvoorval op N2

(Foto: Netcare 911)

’n Motoris is Woensdag op die N2 naby Durban doodgeskiet waarna sy motor omgeslaan en in die middel van die pad op sy dak geland het.

Die man het omstreeks 15:30 op die N2 in die omgewing van die King Shaka-lughawe gery toe die voorval plaasgevind het.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het die motoris glo teen iets gebots waarna die motor deur die lug getrek en op sy dak geland het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê met paramedici se aankoms het hulle die motor in die middel van die pad aangetref en is talle koeëlgate in die wrak opgemerk.

“Die bestuurder van die motor is ondersoek en hy het geen tekens van lewe getoon nie.” Die bestuurder was die enigste insittende van die motor.

Volgens Gwala is die motoris verskeie kere geskiet en op die toneel dood verklaar. “Die motief vir die aanval is nie in die stadium bekend nie. Die Tongaat-polisie ondersoek ’n saak van moord.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

SA…land van Moord & Doodslag

Misky

Cowboys uit die Wilde Weste flieks sal bang wees om in SA rond te beweeg

Swerwer

Afskuwelik………………hoeveel moet nog vermoor word voor daar daadwerklik teen die ANC opgetree gaan word.

Nie Verbaas

ANC beleid en onbevoegdheid, Cele se totale onbekwame bestuur van polisie. Wat kan mens anders verwag? Hulle glo mos hulle kan maak wat hulle wil.

Jack

KZN raak al hoe meer ‘n oorlog zone.Bly weg.