Motoris en familielede gesoek ná Welkom-man sterf

Welkom, Vrystaat (Google Maps)

Welkom, Vrystaat (Google Maps)

Die polisie in Welkom in die Vrystaat is op soek na die familielede van Nicolus Francois Grobbelaar (57) nadat hy ná ʼn motorongeluk in ʼn hospitaal aan sy beserings beswyk het.

“Mnr. Grobbelaar is op 3 Maart 2017 omstreeks 21:20 na Bongani-hospitaal geneem vir mediese behandeling,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die twee mans het gesê ʼn onbekende motor het hom gestamp.”

Grobbelaar het van pyn in sy been en lyf gekla. “Hy het egter later aan sy beserings beswyk.”

Volgens Thakeng is dit onbekend waar die ongeluk plaasgevind het en daar is ook nie inligting beskikbaar oor die motor wat hom getref het nie. “Dit is ook nie bekend wie die man se familielede is nie, buiten ʼn huisadres, Cornelissen 7, in ʼn onbekende buurt.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Indien enigiemand inligting het oor die ongeluk of hoe om Grobbelaar se familielede op te spoor, word hulle versoek om speurder ao Lynette Ferreira te kontak by 057 391 6263.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Monique cilliers ·

Kan dit dalk in die kaap wees?
Daars n persoon met die selfde naam bly in die kaap

Pieter ·

Volgens Garmin is daar n Cornelissen cress. in Serepta Wes Kaap 7580

Adoons ·

Maroela Speurtak aan die werk…. ek stem vir 7 Corneliuslaan, Odendaalsrus.

MissDemeanor ·

Dit is vir my onruswekkend as die polisie nie weet waar ‘n sekere address is nie. Maar gelukkig is hier klomp flink amateur speurders wat weet hoe Google werk…

Mellie ·

Sy registrasienommer op sy motorfiets kan dalk eienaarsbesonderhede gee? Soos ander reeds gemeld het is daar net in die kaap/Paarl n Cornelissen straat/laan.

E ·

Oe dis so hartseer! Dankie Heer vir ons mans, vroue, kids en vriende. Ons besef nie aldag hoe eensaam en alleen party mense is nie. Dis tragies dat Mnr. al 4 dae oorlede is en daar is geen vrou, kind of vriend wat kontak nie.
Hoop die famillie word gou opgespoor, en jammer as ek op tone trap.

Ronnie ·

Grobbelaar het van pyn in sy been en lyf… sal julle asseblief die sin voltooi?

Sune van Heerden ·

Dagsê Ronnie

Ons vra om verskoning vir die oorsig.
Die sin is: “Grobbelaar het van pyn in sy been en lyf gekla.”
Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

anna ·

hoe kan dit wees dat niemand die man gesoek het nie wat van vingerafrukke dit kan sy famielie opspoor

Jannie ·

Welkom het nie n Cornelissen str nie net Kaapstad en Paarl. Monique weet van so persoon met selfde naam in die Kaap. SAPD doen julle werk.

poprautenbachbreslin ·

Ekskuus om so n vraag te vra.Was dit dalk n hawelose man en n foto sal help om familie op te spoor.Mense in Welkom kan hom dalk uitken en nie geweet het wat sy naam is nie.

Gerhard van der Merwe ·

Bongani staan bekend as die slagpale onder die mense van Welkom. Dit is dalk waar die probleem begin het. Enige ander hospitaal sou hy oorleef het om die polisie die nodige besonderhede te gee.

Peter Fryde ·

Die ongeluk het plaas gevind in Welkom no4 2de Straat ongeveer 4uur die middag. Die polisie ondersoek die saak.

Janie Monsieur ·

Dagsê Peter,

Dankie vir jou terugvoer. Meld asseblief enige inligting wat jy het by speurderv Lynette Ferreira aan by 057 391 6263.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Nastassja ·

Corneliusen straat is in Odendaalsrus ons het 10jaar daar gewoon. Dis wel n ruk gelede maar in daai straat het almal mekaar geken en gegroet as mens verby gery het. Dalk moet polisie meer moeite doen*!!

EvW ·

As hy dalk bank rek gehad het moet hy mos ook adres verskaf het op n stadium…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.