Motoris gee hom oor ná gru-ongeluk

Die waterkanaal naby die ongelukstoneel. Foto: SAPD

ʼn Nege‑en‑dertigjarige motoris het hom Dinsdag aan die polisie in Hartswater in die Noord-Kaap oorgegee in verband met ʼn grusame tref-en-trap-ongeluk waartydens ʼn voetganger onthoof is.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê die ongeluk het Saterdag omstreeks 21:30 op die N18 plaasgevind, ongeveer 10 km buite Hartswater. “Die besonderhede rakende die ongeluk is baie skraps, maar ons kan bevestig ʼn onbekende manlike voetganger is tydens die ongeluk onthoof,” sê Kock.

“Die polisie se provinsiale soek-en-reddingspan en die Hartswater SAPD het sedert Sondag na die kop van die voetganger gesoek en dit is gistermiddag omstreeks 15:00 in ʼn nabygeleë waterkanaal opgespoor.”

Kock sê die motoris wat hom aan die polisie oorgegee het, is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Hartswater-landdroshof op aanklag van strafbare manslag verskyn.

Kock het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat meer inligting oor die ongeluk het, om dit by lt.kol. Isaac Sereetsi by 082 494 4212 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ellisras ·

Min of meer die helfte van alle sterftes op die paaie is voetgangers. 100% van Arive Alive en andere se poging om mense op te voeter is gemik op bestuurders. En nog ‘n groter persentasie voetgangers wat sterf is daar drank betrokke as by motor bestuurders.
En geen poging gaan dronk voetgangers van die pad af hou nie.

aler ·

Dis goed dat hy hom oorgegee het.Paar jaar terug is my kind en haar vriendin ook dood gery .Die persoon wat dit gedoen het loop nou nog rond daar het dadels van gekom

Anne-Marié ·

My innige simpatie met jou verlies. Ons regstelsel is ‘n grap. Ek hoop jy kan die trauma verwerk.
Ek wil byvoeg dat ek ‘n man ken wat ‘n dronk man in die nag op ‘n pikdonker snelweg doodgery het. Die lyk is nadoods ondersoek en hy het baie hoë bloedalkoholvlakke gehad en hulle het ook bevind daar was dagga in sy sisteem. Die bestuurder is toe kwytgeskeld want die voetganger was verkeerd. Daar is egter soveel gevalle van bestuurders wat voetgangers doodry en wegkom. In SA is padveiligheid amper iets wat nie bestaan nie. Waar so iets gebeur kan dit wees dat voetgangers ook verkeerd kan wees. Maar in SA maak ALMAL op paaie wat hulle wil.

Arion Hendricks ·

dit is verskriklik en sterkte aan die familie,
ek wil net graag byvoeg dat ‘n deel van ons nasie
glad nie weet hoe om ‘n pad oortesteek (oor te steek)
en gewoonlik net eenkant kyk of glad nie
as jy op ‘n spoed van 80km is en jy moet dood stop is die kanse baie goed dat jy dalk
net net te laat is

Onnie ·

Hoekom so lank wag? Hy moes onmiddelik die polisie gebel het. Dalk was hy oor die limiet – dit was immers Saterdagaand…

Abe ·

Lorinda de Jager,
‘n Mens hoef nie ‘ n kundige te wees of teenwoordig te wees op ‘n ongelukstoneel om ‘n geldige opinie uit spreek oor die moontlike oorsake van die ongeluk nie.
Ek stem heeltemal saam met Martiens. Spoed en drank is ver te dikwils oorsaaklik by noodlottige ongelukke.

Vicky Burger ·

Dis baie hartseer vir die persoon wat sy lewe verloor het,maar dit se baie van die persoon wat homself in gegee het,dit wys dat hy weet dat dit verkeerd was,Mag jy jouself ook so voor God ingee,en vergifnis vra…

riaan ·

ek was maandag tweespruit toe naby bloemfonftein oppad terug net by kroonstad toe hardloop n man reg voor my in op die snelweg ek was in n trok gelukkige het ek hom gesien of ek sou hom dood gery het. het dit by verkeersbeampte aan gegee wat daar naby gestaan het ek trek weg by hulle hardloop die man weer reg voor n voertuig in voetgangers kyk nie regtig

Max ·

Aler, hoe sê mens jammer, behalwe, jammer,. Dit is sekerlik die vreeslikste ding wat met n mens kan gebeur. Baie jammer oor julle verlies en ook dat die lafaard nie skuld kon beken nie. Glo my, die persoon se gewete sal pla. Die persoon gaan mal word van sy gewete wat hom aankla elke dag vd lewe. Sterkte. Sterkte ook vir die persoon wat so gruwelik moes sterf. Dit is beslis nie lekker om so iets te hoor en sien nie. Oor die bestuurders, as jul gedrink was, dit gaan julle lewe lank by julle spook. Dit weet weet ek verseker.

Abe ·

Max,
Jou kommentaar is nie n sin nie. Dit maak ook geen sin nie, trouens, dit beteken absoluut niks.

K ·

As ek moet raai, wat maak die voetganger op n N pad? Gebeur daagliks dat voetgangers oor die highway voor karre inhardloop. So voor julle op die perdjie spring en die motoris blameer, dink bietjie daaraan ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.