Motoris gekap wat met verkeersbeampte op enjinkap wegjaag

‘n Skermgreep uit die video wat wys hoe die verkeersbeampte aan die enjinkap vasklou. (Video: Twitter)

Die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid het die optrede van ʼn 27-jarige vrou wat weggejaag het terwyl ʼn verkeerspolisielid verbete aan haar motor se enjinkap vasklou, ten sterkste veroordeel.

ʼn Video van die voorval is op sosiale media gedeel en het daarna soos ʼn veldbrand versprei.

Volgens die voorlopige ondersoek het die voorval Vrydag in Krugersdorp plaasgevind. Die Gautengse verkeerspolisiebeampte was besig om ʼn boete aan die motoris uit te reik omdat sy bestuur het terwyl sy ʼn selfoon gebruik het, toe die motoris besluit het om weg te ry, met die beampte wat haar probeer keer, het Ofentse Morwane, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.

Die motoris is onmiddellik in hegtenis geneem op aanklagte dat sy versuim het om ʼn verkeersbeampte se bevel te gehoorsaam, roekelose bestuur en verset teen inhegtenisneming.

ʼn Boete is ook uitgereik vir bestuur terwyl ʼn selfoon gebruik word.

“Die optrede van die motoris is nie net roekeloos nie, maar ook arrogant. Die provinsie het ʼn groot getal onnodige botsings en sterftes op ons paaie en dit is dus uiters belangrik dat wetstoepassingsagentskappe hul gesag afdwing op diegene wat padreëls verontagsaam,” het Morwane gesê.

“Motoriste moet op ʼn aanvaarbare manier optree en die owerhede respekteer. Ons gaan ons gesag afdwing en ons werk sonder vrees of vooroordeel doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

105 Kommentare

Attie ·

Genoeg bewys om haar vir lank toe te sluit en lisensie summier op te skort. Seker ‘n “nuwe generasie bestuurder”….wetteloos en sonder respek vir enige iets wat roer.

Kaaskop ·

Dag Attie,
Ek is ‘n padhardloper en ELKE dag sien ek talle, maar talle wittes en swartes, mans en vrouens, oud en jonk wat soos taxi bestuurders bestuur. Mense, sommige met jong kinders in die motors wat net nie stop by stop tekens nie, ry net stadiger en gaan maar aan. En daai mense het so veel te se oor die wetloosheid in die nuwe RSA!

Ons hardlopers vra onsself altyd net af, hoe maak hulle hul kinders groot? Oortree maar die wet, ry maar deur, dit is goed so, maar die ander mense wat oortree word verkwalik!

Joleen ·

As jy die foto sien waar sy gearresteer word, sal jy sien dit is nie “n nuwe generasie bestuurder nie”. Hou op om altyd aan te neem dit is ander rasse wat alles verkeer doen!

loraine harding ·

Welkom in die Woesrand ….Krugersdorp is gewoonlik in die nuus vir al die verkeerde redes.

Destarte ·

Ironies, hoe, ironies, ek stem glad nie saam met die gedrag van die bestuurder nie, maar NOU kan die taxi skielik kies/onderskei tussen reg en verkeerd, (en die kar af-blok) maar gewoonlik is hulle (die taxi bestuurders) die laaste om hulle aan enige reels te steur.

Annoniem ·

Destarte dit was die metro “taxi” gewees en al was dit nie, is die taxi die enigste een wat probeer help het. So reg of verkeerd volgens die “reëls” was dit die regte ding om te doen.

Wonder maar net! ·

Ek het gelag, want die video is snaaks. Al wat ek net oor wonder is … wat het gebeur voor hy op die enjinkap beland het? Was daar ‘n rede dat sy reageer het, óf het sy die reëls oortree? Met die trand van alles wat aangaan in SA is ek maar skepties as ek nie albei kante van die storie sien nie.

Anna ·

Die wet word kieskeuring toegepas in die Roodepoort en Krugersdorp area. Taxis wat aan die verkeerde kant van ‘n 2-baan pad in die woonbuurt ry word gelos. Steinman Straat in Wilro Park en George Ross Straat in Witpoortjie is maar net 2 voorbeelde.

‘n Selfgemaakte Taxi Rank op die hoek van Ontdekkersweg en Corlett rylaan word ook niks aan gedoen nie. Die kruising is berug vir die hoeveelheid ongelukke wat hier gebeur !!

Op Chamdorweg is plek-plek geen witstrepe en word aan die verkeerde kant van die pad gery teen 80 kmp en meer waar die spoed slegs 60 kmp is. Dit word geignoreer en 1 blok verder staan ‘n “trop” beamptes en vra jou lisensie in spitstyd !!

Niklaas ·

Daai vrou kon die beampte se dood veroorsaak het. Baie onverantwoordelik en glad nie slim nie. Stywe boete gaan volg.

Oom Jaco ·

Die klagte teen die oortreder moet poging tot moord wees…

Wouter ·

Die speedkop het te veel Statham movies gekyk. Sy wou net saamry tot by volgende robot.

Kolle ·

Die spreekwoordelike ‘klou soos ‘n neet’ of aan die wol kombers…

Jaco ·

Hoop die beampte het n ekstra onderbroek naby gehad.

Dit wys maar net weer n impulsiewe besluit het lelikke na gevolge, die gaan nou van n boete na op die beste op geskorte tronkstraf en groter boete wat beteken kriminele rekord.

Wat ookal gese is ” Smile and Wave” en gasn stel jou saak in die hof, hierdie is die verkeerde manier

Pik ·

Sy kan bly wees dis n gewone motor as dit n taxi was was sy dood geen vashou plek????

Stormjaars ·

Ek het al gevoel om dit self te doen aan een van daai lot wat omkoopgeld by my gesoek het.

Nuuskierige Agie ·

Die bestuurder het gedink hy/sy word gehijack en wou (soos die wet sê) na die naaste polisie stasie toe ry. Ek kan my net indink hoe vreesbevange die bestuurder was. Net nog n hijack in SA ????‍♀️????‍♀️

Monna ·

Ek sal presies dieselfde gedoen het want die land is glad nie meer veilig vir enige geslag nie .
Jy weet nie meer wat om te vertrou en wat nie .

Anoniem ·

Sy moes vinniger gery het. As sy hom R50 bribe gegee het dan was sy nie nou indie moeilikheid nie

JM ·

Ek kan regtig nie sien hoe die vrou kon dink sy word ge-hijack as die beampte in volle uniform en nogal ‘n glim baadjie ook was nie. Dit sal net ‘n swak verskoning wees.

Willem ·

Gee sommer vir die persoon wat die video op sy selfoon gemaak het ook ‘n boete. Hy is mos ook skuldig?

Maljan ·

Hoe reg is jy. Wilkens en wetens die wet oortree nes die motoris maar sal seker nou as ridder beslaan word.

Corne Smith ·

Willem , ek stem met jou saam , die video wat geneem is – die persoon moes defnitief ook agter die stuur in die verkeer wees –

Poppie ·

Hoekom skuldig? Dalk ‘n passasier gewees. Hulle mag mos maar op hul fone wees.

Saartjie ·

As ek reg kyk, is die video deur ‘n persoon aan die passasierskant geneem. Met die verbyryslag sien mens die bestuurder.

Boertjue ·

Rn jou yussf gaan nou ook seker n kaartjie kry vir selfoon gebruik terwyl hy bestuur

maraai ·

Bestuurder moet maar vat wat kom. Rag is reg en verkeerd is verkeerd maar hoe dit is.

PJC ·

Hoekom is die taxi skielik aan die kant van die gereg. Is die bestuurder dalk wit.

Skerpioen ·

Lyk amper sos n Leon Schuster movie. Maar alle grappies op n bonnet nou… dit was nou lekker stupid van haar gewees om n ander mens se lewe ingevaar te stel

Lizelle Wessels-Hendriks ·

Lock het up! She could have killed the officer. I have no time for such arrogant people!

Boetebessie ·

Lizelle Wessels-Hendriks het jy anger issues? Reg of verkeerd dit was snaaks. Die verkeersou het dalk die fine op haar nuwe kar se bonnet uitgeskryf.

Scotty ·

Dit was nou baie dwaas van die drywer om n punt te probeer bewys.Sy gaan 2de kom.

Ruben ·

Dis hond snaaks…niemand is beseer met die storie.Die vrou bestuurder moes seker groot net skrik en het nie regtig besef wat sy doen nie…maar dink die speedcop het nog groter geskrik

Manie van Worcester ·

hoe dom kan n mens wees. vrouebestuurder? glo die veiligste bestuurders, dalk nie so slim nie

Rikku ·

Ek het amper gedink dat dit ‘n Leon Schuster Rolprent is.
Het my seer gelag.

Skerpioen ·

Ek stem, vanoggend my 1ste reaksie ook gewees…. hier kom nog n Leon Schuster buster movie….. maar ja die bestuurder het hope probleme vir haarself gemaak.

maakmydag ·

kyk dis nou onverantwoordelik en en blah blah fish paste ons almal so n dag, die een net maller dag MAAR hats of to her, iewers het sy genoeg gehad van iets en dit is nie goed vir haar nie maar kyk, ek lag my self in n paapie, make my day.

WMirabilis. ·

”Ag asseblief” vir sommige van die kommentare hierbo. Ek twyfel sterk of enige regdenkende mens en dit boonop ‘n vrou so arrogant sal wees net om ‘n kaartjie vry te spring. Wag totdat sy haar kant van die storie vertel het dan kan julle met die feeding frenzy begin.

Bossie ·

My dogter, 27, word gestop deur die verkeersbeampte en hy is TE vriendelik. Vra of hy asb haar selnommer kan kry wat sy toe vriendelik weier. Sou nie omgee indien my dogter hom ook so ‘n geleentheid aangebied het nie. Somtyds moet mens na die ander kant van die storie ook luister.

Tiger ·

Meeste mense hier dink dis ‘n grap.Ek se kanselleer haar bestuurs lisensie permanent sodat sy van ‘n taxi of bus gebruik moet maak.Dit sal ‘n gepaste straf wees.Boetes word hopeloos te maklik betaal.Ek hoop die regter gooi haar met die boek.

kolla ·

Hierdie is glad nie snaaks nie en diegene wat dink dis snaaks het ‘n groot probleem, iewers is daar ‘n groot skroef los.

Kolle ·

Dit is snaaks want dink jy nou wragtag dat daai spietkop niks gedoen het nie??

Niel ·

Nou wie het vir hom gesê hy moet op die bonnet spring toe sy wegtrek? Hy het sy eie lewe in gevaar gestel daarmee

kolla ·

As jy die verkeersbeampte was sou jy seker verkies het dat sy oor jou ry.

Esme ·

Give that girl a bells…. kan nie help nie, maar dis snaaks

Johan ·

Verstaan my mooi ek keur die optrede van die bestuurder geensins goed nie en sy kan bly wees dis al aanklagte aan haar gestel, maar die video was snaaks. Maroela het ons na dieselfde video gekyk want ek sien geen “verbete” vasklou nie sy het nog dan haar pen en boek in haar hand.

chrisjan ·

Dit was poging tot moord of met die doel om ernstig te beseer.Ek wil bitter graag hoor wat die regter in die’ saak gaan beslis.Haar optrede is skokkend. ‘n Blote boete sal heeltemal onvanpas wees in die geval.haar lisensie hoord ook vir ten minste 5 jaar opgeskort te word. Ek wonder hoe sal sy voel as dit sy was wat op die bonnet moes vasklou vir lewe en dood.’

Gollie ·

Dankie stem saam almal is so gou om snert te praat dan dink hulle dit is snaaks.

KEELVOL ·

Gesag af dwing….. regtig? Al wat hulle kan doen is onder ‘n boom sit en eet, volg nie die padreels nie, help nie wanneer daar ‘n verkeerslig buite werking is nie. Ek is van die Oos Rand en dit gebeur daagliks. Die motoriste jaar oor rooi verkeersligte. Hier is geen wet en order in SA nie. En dis die onskuldige mense wat daaronder lei.

Blom ·

Met hul houding deesdae sou ek dalk dieselfde doen… almal wat so oordeel is wonderlike wetsgehoorsame mense?!? wette is mos wit deesdse!

JP Nel ·

Ek kan nie help nie. Ek weet dis teen die wet en verkeerd wat die bestuurder van die voertuig gedoen het, Maar dis die beste video wat ek nog gesien het . dit was nou n great comedy scene hahahaha. Ek het so gelag.

Advies ·

Eerstens moet ek erken die vrou het nie reg opgetree nie – laat ek dit duidelik stel. Sy het nou jare se probleme.

Maar nou moet ek ook net twee dinge oppper – eerstens was die beampte regtig dom om op die manier te reageer en sy eie lewe in gevaar te stel. Hy het waarskynlik reeds die kar se registrasienommer gehad en die bestuurder se naam en inligitng. Verdere optrede sou moontlik wees. Tweedens maak dit mens tog suur dat sy ‘n boete kry vir praat op selfoon (ja, ja dit is verkeerd) terwyl daar op ‘n gereelde basis taxi bestuurders is wat menige wet oortree en ander mede padgebruikers se lewe gevolglik in gevaar stel. Maat dit is mos maklik om mense wat op selfone praat te teiken, want ja dit gebeur ook baie.

SjN ·

Die verkeersbeampte moet seker betaal vir die saamry geleentheid.

Stop stop ·

Wahahahahaha hoe lekker lag ek nou. Enige padgebruiker se droom. You go girl.

Karin ·

Sou ook die voorafgaande gebeure wou aanskou.
Hoe de joos beland n verkeersoffisier op n bonnet?
Never a dull moment in SA. Iemand sorg altyd vir vermaak!!!

Onskuldig ·

Hierdie optrede wys die arrogansie, uittarting van gesag en totale wetteloosheid van die meerderheid bestuurders op ons paaie! Dan vra hulle hoekom daar so baie padsterftes voorkom.

Miss Julia ·

Dit was regtig snaaks maar sy was onverantwoordelik en n gevaar vir samelewing, kan sien dus een van die passengers en nie die driver wat dai video neem

Sandy ·

Ek weet dis ernstig, maar toe ek dit gisteraand op die nuus sien toe lyk dit soos een van Leon Schuster se movies. You must be joking 2 1/2. Die verkeersbeampte het geskree stop the car. Kan mens nou so desperaat wees om ‘n ticket te skryf. Sy neem haar werk te ernstig op.

Annelize ·

Nee, dis nie desperaat op ‘n “ticket” te skryf nie Sandy, daar is ‘n verskil tussen reg en verkeerd. Vir al wat ons weet moes die beampte spring om nie raakgery te word nie.

Die bestuurder was verkeerd en klaar, ek hoop hulle maak ‘n BEHOORLIKE voorbeeld van haar. Moet sommer haar lisensie opskort en haar selfoon voor haar oe stukkend gooi.

christine ·

Dit so funny sy of hy baie guts om dit te doen in die land van ons .

Helien ·

Ek het nou lekker gelag dat die trane loop. My honde kyk ook baie snaaks na my. Is net hier in Suid-Afrika wat sulke dinge gebeur. Voel nou somer lus vir die dag,

VanAfrika ·

Wat het hierdie vrou besiel, as jy nie kan beskostig om die boete te betaal nie, gaan sien n aanklaer en hy sal jou afslag gee. Maar om te probeer weg jag en sommer met n polisie beampte op jou kar is verregaande. Daar is maniere hoe om dit te hanteer, net nie so nie.

JohanL ·

Leon Schuster se nuutste fliek – Daar’s ‘n Traffic Cop op my Bonnet.

Melanie ·

Daai motoris kon die verkeersbeampte se dood gekos het.. maak nie saak wat tussen hul gebeur het nie, jy gebruik mos jou commen sense, so houding gaan jou anyways net dieper in die moeilikheid bring. sulke nalatigheid veroorsaak net onnodige konflik.. sy kan dit seker handle… ek dink dis onaanvaarbaar.. ek sou haar tien teen een met die vuis bygekom het as ek laat los het van daai bonnet!!

Benita ·

Dit lyk soos iets uit ‘n Leon Schuster Movie, hahahahahahahahahahahahahahahaha

Sylvia ·

Ek is absoluut verstom oor die insette wat hier gelewer word. Hierdie mense wat so deeglik bewus is van die soort taxi, die etnisiteit van die insittendes, die bedoeling van elke betrokkene by hierdie video, ens., Wonder wat ek van die boeteboek geword? ‘n Uniform is nie waarborg dat die wel die ware Jakob is nie, kan nie glo mense is so naïef nie. Wonder of iemand van die alleswetende persone weet wat die gesprek was tussen die bestuurder en die beampte?

Hanlie ·

Dit is nie reg nie, ek weet. Maar weet julle hoeveel van daai einste “traffic cops” en selfs polisie beamptes oor ‘n selfoon praat terwyl hulle bestuur? Ek het al verskeie kere hier by ons gesien. So, is hulle nou bo die gereg verhewe net omdat hy/sy ‘n uniform dra??? Ek praat nie eers van die taxi’s nie. Dit was snaaks, baie snaaks!!!

klippie ·

Dit bly skreeusnaaks!!! Kry haar jammer vir dit wat wag. Al was sy in ‘n blik gedruk deur die beampte, gaan NIKS wat sy sê of aanvoor haar saak beredder nie. Die beampte(s) sal net alles ontken. Tjoekie-tyd vir haar, shame.

KrokodilBotha ·

Blameer glad nie daai bestuurder. Vrou alleen. Elke dag hoor mens van offisiele motors en beamptes wat motors kaap. Dis glad nie n blonde oomblik gewees nie.

Ant ·

Ja nee, was seker nie haar brightest moment nie. Nou gaan ons weer hoe hoe arrogant wittes is. Sy gaan houe vat. Sy moet se “dankie Here ” dat die beampte het nie af geval het en sy bo oor haar gery het nie

Spietkop ·

Indien die bestuurder die beampte van voor gestamp het, sou die agteroor geval het. Ek glo daar is ‘n rede waarom die persoon wou wegry. En die slim een dink sy kan op die bonnet klim om dit te verhoed? Kyk maar hoeveel uniforms gesels geduring op hulle fone terwyl hulle bestuur. Mag ons ‘n maar fotos neem en stuur vir optrede? Tyd dat die uwe bietjie aan die ontvankant is. Hulle deel al te maklik uit.

Lindtjies ·

Ag ek dink sy wou net na die naaste polisie stasie toe ry omdat daar deesdae so baie bloulig rooftogte is en mens niemand meer kan vertrou nie.

Onnodig ·

Daar moes iets gebeur het wat nie reg was nie. Geen helderdenkende mens sal so iets doen terwyl sy weet sy sal aangekla word as daar nie darem n goeie rede daarvoor is nie? Anyway, sy het darem nie baie vinnig gery en skielik gestop nie. Was soos iets uit n commedy, maar seker verkeerd ook. Was vir my n klein bietjie funny.

kolla ·

Skandelike gedrag van ‘n wettelose burger. Hoop sy word goed opgeskroef en kry tronkstraf dan kan ons almal nog harder lag.

kolla ·

Sy sou dit nie gedoen het as die verkeersbeampte wit was nie, dis verseker.

Ryno ·

n Wit beampte sou nie op die motor spring nie.
Gaan kuier eerder by jou skoonfamilie in Venda of Qwa-Qwa ou kolla, as om nonsens te praat.

Amanda ·

Ek wag vir ou Leon om agter die bos uit te spring en te roep: “You’ve been Schucked!” ????????????

Trotseboerenooi ·

Kyk nou, sy het wel nie die regte ding gedoen nie maar om haar baie hard te straf is sommer nonsens. Neem haar lisensie weg, stywe boete maar as dit nou ‘n Swart vrou wat be stuur het sou dit nie so erg aanskou word nie. Wat van moord en roof en al die grooter dinge? Nee almal is te bekommered oor die storie. As almal net soeveel aandag aan erger oortreerings gee sal dalk iets tot lig kom.

Oh ja ek sou ook ry as iemand op my bonnet spring. Daar is altyd twee kante as dit by stories kom. Die storie klop nie so lekker nie. Maar sy is wit en weereens Sal daar ‘n voorbeeld gemaak word. Solank jy wit is, sal jy met niks wegkom nie. Jy sal as voorbeeld sien aan witmense wat gebeur as gevolg van vel kleur.

kolla ·

Ag kom nou, dis duidelik wat hier gebeur het. Die verkeersbeampte was voor die motor en toe trek die vrou weg. Die verkeersbeampte se enigste opsie was om op die enjinkamp te spring anders het sy oor hom gery.

Foxi ·

JOYRIDE….Hierdie het my dag gemaak! Sommer lus vir die lewe. ••

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.