Motoris gesoek ná man op fiets sterf

John Young (48). (Foto: Cecilia van der Riet/Facebook)

Die familie van ʼn Pretoriase man is dringend op soek na ʼn motoris wat glo hul geliefde broer voorverlede week van sy fiets afgery, weggejaag en dood agtergelaat het.

Die voorval het glo om die draai van die slagoffer se huis in Wonderboom plaasgevind.

John Young (48) het Sondag 30 Januarie om 06:00 op sy fiets huis toe gery nadat hy aandskof gewerk het.

Young was op ʼn jong ouderdom in ʼn motorongeluk betrokke en kon sedertdien, weens ʼn breinbesering, net van ʼn fiets gebruik maak om van punt A tot B te kom.

Terwyl hy in Steve Biko-weg naby die hoek van De Beer‑straat in Wonderboom gery het, het ʼn silwer Toyota Hilux hom na bewering van agter getref en weggejaag.

Young, wat om die draai in De Beer‑straat woon, is op slag dood.

Nog niemand is in verband met sy dood in hegtenis geneem nie.

Young se familie het intussen ʼn beloning van R10 000 uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming van die motoris sal lei.

Cecilia van der Riet, Young se suster, sê dis danksy beeldmateriaal wat van kringtelevisie verkry is dat hulle kon sien wat presies met hul geliefde broer gebeur het en watter fabrikaat motor glo daarvoor verantwoordelik was.

“Ek, my man en my pa het deur gery van Johannesburg af en van onderneming tot onderneming gegaan en gevra om na hul kringtelevisie te kyk,” sê sy.

ʼn Beloning is uitgeloof. (Foto: Cecilia van der Riet/Facebook)

Die familie het egter een struikelblok na die ander teëgekom met etlike ondernemings wie se kringtelevisie óf buite werking is óf die persoon wat verantwoordelik is daarvoor nie aan diens is nie.

“Ons het eindelik op beeldmateriaal by een van die ondernemings in die straat afgekom wat die hele ongeluk wys. ʼn Mens kan sien hoe hy [Young] aan die kant van die pad op sy fiets ry en ʼn bakkie wat van agter af kom, effe sy remme aanslaan, weer ry, my broer tref en wegjaag.”

Hoewel ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak is, meen Van der Riet dat daar nog nie veel vordering in die saak gemaak is nie. Boonop meen sy dat ʼn ooggetuie se storie ook nie strook met dít wat op kringtelevisie vasgevang is nie.

“Daar is glo ʼn ooggetuie wat sê dat dit ʼn wit bakkie was en dat dié gestop het om sy nommerplaat op te tel,” sê sy.

Iemand anders het die familie intussen gebel en gesê dat hulle dieselfde oggend ʼn silwer bakkie in die omgewing aangetref het wat gestamp is. Niemand was glo in die motor nie.

Die persoon het wel ʼn kamera op die paneelbord van sy motor en beplan om die beeldmateriaal te fynkam vir ʼn nommerplaat.

Lede van Young se familie het al drie keer na die toneel gegaan en rondgevra oor die voorval.

“Iemand moet iets weet; so ons probeer net elke moontlike spoor te volg.”

Van der Riet sê haar broer was ʼn saggeaarde en vriendelike mens wat nie eers ʼn vlieg sou seermaak nie.

“Almal in die straat [waar hy woon] het hom geken en hy het gereeld gestop om met bure te gesels.”

Young los sy vrou, asook sy twee sussies, ʼn broer en sy ouers agter.

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Misky ·

Asof dit deesdae die norm raak om weg te jaag van ‘n toneel. Ook seker nie toevallig altyd so vroeg soggens oor ‘n naweek en baie nog moontlik onder die prop is nie. Simpatie met die familie en naasbestaandes.

Marius ·

‘n Regte ryggraatlose wurm !!!! Maak iemand dood en jaag weg. Mag sy gewete hom ry.

Swerwer ·

Dit is kommerwekkend as jy die fietsryers wat die afgelope 3 maande van hul fietse af gery is bymekaar tel. Dit moet absoluut met opset gedoen word. Ons kleinseun het die dood darem vrygespring in soortgelyke insident.

Perdeby ·

Ek kry hoendervleis dit was verlede Sondagoggend so 06:15 gewees reg voor ons kompleks. Ons dadelik daar gewees, maar kon niks vir hom doen nie, en die lafaard wat dit gedoen het nog weg gejaar ook. Alles het reg voor ‘n 15 jarige seun gebeur wat by die hek uit gery het.

Perdeby ·

Dit was wel ‘n silver voertuig, want die sliver bumper het op die toneel gelê, en beslis baie skade gehad, ligte se glasstukke het ook vol op die toneel gelê. Die kind wat dit sien gebeur het, was so geskrik dat hy nie seker was of dit ‘n wit of silver voertuig was nie. Ek hoop hulle kry die persoon baie vinnig!

Jill Hill ·

Ria, jy is reg, mense dink as iemand op ‘n fiets ry, is sy lewe waardeloos.

Mariana ·

Hoop die gemors word gevang. Laakbaar om weg te jaag, maar blykbaar nou die inding. Simpatie en sterkte vir sy vrou en familie.

Swerwer ·

Nee, hy sal nie gevang word nie, met al die fietsryers wat deesdae vanhul fietse afgery word, is dit ‘n bewys dat die ………………… aangesê word om dit opsetlik te doen.

Swerwer ·

Wel, dit is duidelik dat die Verkeersafdeling of Regering nie van plan is om op te tree teen die padvarke nie. Ons kleinseun het ook verlede week beserings opgedoen toe ‘n wit “Bussie” met geel chevron strepe onder, reg op hom afgepyl het waar hy met sy fiets oppad huis toe was van sy werk af. Toe hy besef die “bussie ” pyl op hom af het hy van sy fiets af gespring. Nodeloos om te sê dat die “Bussie” ook weggejaag het.

Di ·

Hulle probeer om alle maniere van ons blankes ontslae raak. Kyk hoeveel kinders is al van hulle motorfietse afgery, dan praat ek nie eers van al die fiets ongelukke nie. Al hierdie gevalle was “our people” betrokke en kom weg daarmee. Glo hy gaan gevang word – mens se sondes haal jou wel in!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.