Motoris gesoek ná ‘rower’ se skietdood

Argieffoto ter illustrasie

Die Oos-Kaapse polisie is op soek na ʼn man wat ’n vermeende rower Donderdagaand in Port Elizabeth doodgeskiet het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê die voorval het in Parkweg in Humewood plaasgevind.

Volgens Naidu het die bestuurder van ’n wit VW Polo omstreeks 23:30 in dié motor gesit toe hy deur twee onbekende mans genader is. Een van die mans (31) het tot by die motorvenster van die bestuurder geloop en daarop aangedring dat die bestuurder sy venster oopmaak.

Toe die bestuurder weier om die venster oop te maak, is ’n klip deur die venster gegooi.

Dit is toe dat die bestuurder van die motor uit sy voertuig geklim en na bewering op die twee mans losgebrand het. Die 31-jarige man het verskeie skietwonde in die voorval opgedoen. Sy makker kon egter daarin slaag om op die vlug te slaan.

Volgens Naidu het die bestuurder van die motor ná die voorval van die toneel weggery. Die oorledene se liggaam is op die toneel aangetref.

Die polisie ondersoek nou ’n saak van moord. Die bestuurder van die VW Polo is in dié stadium steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pampoenboer ·

Hy het mos geweet hy gaan moeilikheid kry as hy klip gooi en anderman se eiendom beskadig

JohanR ·

Seker nie gedink die man het ‘n geweer nie. Miskien ‘n geweer wat Bheki Cele wou ingehandig he, toe se die man bogger jou Hoed!

Cherokee ·

‘n Geweer? Wat laat jou dink hy het ‘n geweer gehad? Nogal onwaarskynlik.

Michael 1 ·

Ek weet nie hoekom die bestuurder van die motor weggery het nie maar hy was binne sy reg om homself te verdedig toe die skermunkel n klip deur sy ruit gegooi het.

Jennifer ·

Want dis gevaarlik om rond te hang.
Die motoris was nou net aangeval.
Ek sal ook nie bly rondhang.
Netnou kom sy makkers om die aanval verder te neem.
Die situasie is mos nou uitgesorteer, wat help dit om rond te hang?

Jannie van Niekerk ·

As hy nie weggery het nie was hy nou ‘n moordenaar volgens die ANC gesinde Ooskaap polisie en die krimineel was die “onskulkdige arme ou slagofferrtjie.”

Sarel ·

Indien hulle inligting ht dat dit skakers was dan was dit selfverdediging. Due ou moes dit net aangemeld het. Kan egter verstaan hoekom hy nie het nie.

Jennifer ·

Laat die krimineel of sy makkers dit maar gaan aanmeld. Minste wat hulle kan doen na die verskriklike oordeel waardeur hulle die motoris wat niks verkeerd gedoen het gesit het.
Ons is te goedhartig.
Maak soos hulle.
Moenie omgee.

Jannie van Niekerk ·

In die Siuid Afrikaanse regstelsel bestaan selfverdeiging nie. Hy sou aangekla word vir moord, al het hy heeltemal reg opgtree.

capie ·

AS die man sy ruit afgedraai het was hy dalk self dood, maar dit sal dan seker wettig wees.

Francois ·

Wat het hulle almal daai tyd van die nag daar gemaak? Ek ruik n rot hier

Jennifer ·

Presies ja, na sonsak is mense wat motoriste lastig val net op tot niks goeds.

Jacobus ·

Ek hoop die polisie beoog om die motoris te leer hoe om raak te skiet, maar nou wonder ek of die polisie self kan raakskiet?

007 ·

Hoe weet hulle die man het n klip deur die venster gegooi? Hoe weet hulle dit was n wit polo? Hoe weet hulle die man het uitgeklim om te skiet? As daar oog getuies was hoekom sê hulle dit nie? Wat soek die klomp dan in die straat daardie tyda? Dalk n drank of sigaret handel wat verkeerd geloop het? Was die SAPD nie dalk ook op die toneel nie?

Kokerboom ·

Ek vra dieselfde vrae Wit Willem. As hul dit geweet het het hul ook die registrasienommer van voertuig geweet

Marietjie ·

Wanneer mense oorval word en vermoor word hardloop/ry die oortreders ook weg en word nooit oogespoor nie. Watter verskil maak dit aan hierdie saak?

Jennifer ·

Nou waarom soek die polisie die motoris?
Hulle het mos die krimineel.
Die motoris het homself bloot beskerm en die wet sê jy mag geweld gebruik in ‘n geweldadige aanval teen jou.
Moet die motoris nou uit sy motor klim en in hand tot hand geveg betrokke raak met die krimineel en die beste man vat alles?

Nico ·

Wat van plaasmoorde, word daar die rowers ooit gevang en sou hulle gevang word verdwyn die saak en hoor nooit weer daarvan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.