Motoris glo by verkeerslig geskiet

‘n Skermskoot uit die video.

Bystanders het Donderdagoggend hulpeloos toegekyk hoe ʼn motoris in een van die gesogste sakegebiede in Gauteng by ʼn verkeerslig beroof word en oënskynlik geskiet word.

In ʼn video wat deur kantoorpersoneel in Sandton geneem is, kan gesien word hoe twee mans helder oor dag ʼn Volkswagen Polo by ʼn verkeerslig aankeer. Die voorval het op die hoek van 5de Straat en Katherinestraat in Dennehof, Sandton, plaasgevind.

Een van die mans ruk die passasiersdeur oop, terwyl die ander een aan die bestuurder se kant die venster breek.

Luidens berigte het een van die verdagtes skynbaar ʼn skoot in die motor afgevuur.

Een van die personeellede sê in die video dat sy kon sien hoe die motoris val.

Maroela Media wag nog vir die polisie of paramedici om te bevestig of die motoris inderdaad gewond is.

Kort ná die angswekkende voorval spring die verdagtes in ʼn ander motor met items wat hulle uit die slagoffer se motor gebuit het en vlug van die toneel af. Hierdie motor het skynbaar nie enige nommerplate nie.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het aan Maroela Media bevestig dat paramedici om 10:43 na die adres ontbied is, maar presiese besonderhede oor die voorval is nog skraps.

Maroela Media het ook navraag aan die polisie gerig, maar wag nog op terugvoer in dié verband.

Op hierdie stadium is dit nie duidelik wat die verdagtes se motief vir die aanval is nie, maar owerhede was glo op die toneel om die saak te ondersoek.

Die verdagtes vlug glo in ‘n motor sonder nommerplate. (Skermskoot)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Theuns ·

Stem en dit begin by president en sy kabinet ….’n vis vrot van BO! En dit stink bo…

Tipper ·

Een van die dae dan skiet die polisie hulle weer op n ander plek dood. Live through the sword die by the sword.

Theuns ·

You wish! Dit help NIKS vir die persoon wat beroof en geskiet is nie! Dom uitkyk wat regime pas. Polisie skiet selde misdadigers. Hul arresteer plaasboere wat hul grond en diere beskerm en gesin maar misdaad beveg, NOOIT! IS PUBLIEK SO PAPBROEKIG DAT HUL OOK niks DOEN? SIES aan publiek wat toekyk!

Maritza ·

Wat was die publiek veronderstel om te doen? Meer mense sou sterf want misdadigers vrees niks meer nie

Swerwer ·

Nèè……………….waar is die destydse Misdaad Voorkomings Polisie sigbaarheid! Wel…………..ongelukkig van die ANC oorgeneem het, het ons land in ‘n wettelose terroriste georienteerde land ontaard waar moord,roof en aanranding die nuwe Nasionale Sport van die RSA geword het. Die hele SAPD moet ontbind word en die privaat Sekuriteitsmaatskappye hul werk oorneem. Dan praat ek van Opgeleide bevoegde persone, nie die nuwe Suid Afrika nie.

Keelvol ·

STOP….. dink baie mooi voordat jy twak kwyt raak. Sekuriteitmaatskappye is fly by nights. Hulle is nie hoogs opgelei nie….. maar aangesien jy glo beter kan doen, gaan sluit by die SAPS aan. Indien nie, bly stil.

Maritza ·

Hoe weet jy Sekuriteitsmaatskappye is nie hoogs opgelei nie? STOP jy en moenie almal onder dieselfde kam skeer nie. Van die polisie is ook nie hoogs opgelei nie.

Aai ·

Hoe stop jy misdaad begin met die klein goed soos trek ‘n voertuig af as hy sonder nommerplate rondry maar nee wat die bedrag geld wat die polisie of verkeer kry vir ‘n nommerplaat is nie genoeg om hulle af te trek.Korrupsie

JM ·

Here, gee asseblief vir ons uitkoms in hierdie land, want dit kan nie so voortgaan nie.

Oom ·

Die motor voorkeer nie aankeer nie. ‘n Dief is aangekeer deur polisie.

Harley Davidson ·

Dag of nag hulle beroof dan polisiestasies daar is geen vrees vir die nagevolge nie want sa het nie regte polisie nie en sekerheid personeel word as sagte teikens vervolg waneer hulle die publiek beskerm soos wat in kemptonpark gebeur het.

Johannes_64 ·

“Is nie duidelik wat die motief was nie” geleentheid…. al wat nodig is.

SomeOne ·

kyk na die “tyd”, moontlik was die bestuurder by ‘n bank en het geld getrek, gewetenlose misdadigers en bank personeel werk saam

Mamba ·

Mag die saad wat hierdie twee skepsels vandag gesaai het asseblief honderdvoudig vrug dra

Frank John ·

Eendag sal Jesus kom en herstel sal plaasvind dan sal ons vrede op aarde hê. Jesus sal in beheer wees.

Thelsa ·

Hoe toevallig dat iemand presies op daardie oomblik by ‘n venster uitkyk en ‘n kamera byderhand het. Regtig !!

Theuns ·

SAPS is deel swak en dus bevorder hul misdaad! Die hele kabinet en president behoort afgedank te word as onbevoeg! Hul voel vere vir publiek. Het niemand van publiek ‘n wapen gehad of die voertuig gevolg nie? Mens weet mos Traffic is net speed fines en SAPS is net daar om ministers en hul gesinne te beskerm. Swak refleksie op PUBLIEK ook wat nie magteloos is maar stilswyend en BANG toekyk, te bang om in te tree want hul sal deur die regime arresteer word omdat hul wetteloosheid probeer stop! Kriminele regime ! Die vyand van die mense!

Maritza ·

Nie skokkend nie. Dis wat van ons mooie land geword het. Misdadigers vrees niks meer nie want hulle “regte” is meer belangriker as ons wetgehoorsame burgers. My innige medelye aan sy familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.