Motoris glo deur speurder aangerand

Jorrie Jordaan na die aanranding. Foto: Verskaf

Jorrie Jordaan na die aanranding. Foto: Verskaf

ʼn Gautengse man is in die hospitaal opgeneem nadat hy na bewering Maandag deur ʼn speurder verbonde aan die Heidelberg-polisiestasie aangerand is nadat die speurder van agter teen sy motor vasgery het.

Wessel Jordaan, Jorrie Jordaan (58) se seun, het aan Maroela Media gesê sy pa was van Heidelberg na Nigel op pad toe die ongeluk gebeur het. “Daar was ʼn vragmotor voor in die pad en die pad is maar sleg, so dit is nie veilig om daar ander voertuie verby te steek nie. Daar was een motor agter die vragmotor, dan my pa en nog ʼn voertuig agter hom,” het Wessel verduidelik.

Hy sê die motor voor sy pa het skielik rem getrap en sy pa moes uitswaai om te verhoed dat hy teen die motor bots. Die derde motor het agter teen Jorrie se voertuig vasgery.

“My pa het uitgeklim om met die bestuurder te praat, maar hy het baie aggressief geraak. Hy het my pa begin slaan en my pa wou keer, maar die man se seun, wat volgens my pa so 14 jaar oud gelyk het, het my pa se hand vasgegryp en verhoed dat hy kan keer,” het Wessel gesê. Hy het gesê nadat sy pa reeds ʼn hele paar houe in sy bors en gesig gekry het, het hy probeer terugklim in sy voertuig en is deur die ander bestuurder hard langs die kant van sy kop met die knie gestamp.

“My pa het voorheen ʼn vierdubbele hartomleiding en ‘n nekoperasie gehad en in Maart is sy rug geopereer. Die ander bestuurder het hom op daardie sny op sy bors geslaan en ons vermoed dat die stamp van die knie teen sy kop dalk sy nek en rug kon beseer het,” het Wessel gesê. Hy het gesê die polisie was glo op die toneel soos gebruiklik is ná ʼn botsing en twee paramedici het ook met ʼn motor by die toneel gestop.

Jorrie Jordaan na die aanranding. Foto: Verskaf

Jorrie Jordaan na die aanranding. Foto: Verskaf

“Hulle het my pa ondersoek en dadelik vir die polisie gesê hy moet by ʼn hospitaal kom. Die polisie wou nie gehad het dat hy die ongelukstoneel verlaat nie, maar die paramedici het vir hulle gesê daar is geen ander keuse nie.” Jorrie is in die Life Suikerbosrand-kliniek opgeneem en word steeds daar behandel.

Volgens Wessel het hulle later vasgestel dat die ander bestuurder ʼn kaptein in die polisie en verbonde aan die Heidelberg SAPD se speurdiens is. Wessel en sy ma het Maandagaand ʼn saak by die Heidelberg-polisiestasie in verband met die aanranding probeer aangee, maar wag nou dat ʼn beampte ʼn verklaring by Jorrie in die hospitaal gaan afneem.

“In die stadium is daar nog net ʼn saak in verband met die ongeluk aangegee, nog nie in verband met die aanranding nie,” het hy gesê. “Toe ons Maandag by die polisiestasie was, het ons die speurder se naam gevra, maar die polisiebeamptes aan diens het gesê hulle kan nie die naam vir ons gee nie. Daar was wel twee ooggetuies op die toneel wat alles gesien en gekeer het dat die speurder my pa verder aanrand.”

Maroela Media kon nie die polisiewoordvoerder aan diens vir die Heidelberg-gebied of die Heidelberg-polisiestasie telefonies bereik nie. Kommentaar van die polisie sal bygewerk word sodra dit beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Willie ·

Plaas dat dit n voorbeeld vir die gemeenskap is, is meeste van die SAPD mags behep. Veral die ANC aanstellings wat so vinnig rang spring.. Hoop n behoorlikke help die Oom om hulle te laat les opse…

annoniem ·

Kontak die Onafhanklike Klagte Direktoraat in Kaapstad of naby julle…..

Speedguard ·

Ek stem saam met annoniem, dit moet egter dringend gedoen word, was daar ‘n offesier op die toneel, daar moes een wees indien dit ‘n amptelike motor was, indien wel MOET daar ‘n dosier geopen gewees het. maak dringend werk hievan anders gaan hul weg kom met die onverantwoordelike optrede ! (kry die saak nommer vir die OKD>>)

Speedguard ·

O Ja en die kind, borg ons nog steeds die blou lig Taxi’s wat hul kinders in amptelike voertuie rondry vanaf die skool en ander aktiwiteite, ons moet vir ons eie kinders opdok wyl hul alles doen met die amptelike motors vir privaat doeleindes!

Anti regering ·

Ek stem saam lê ‘n klag by Ipid Heidelberg polisie gaan nie uit hulle pad gaan om ‘n kolega te ondersoek nie.

Jan maak n Plan ·

Moet net een ding nie vergeet nie – kry vir julle n skerp advokaat en dagvaar die polisie en die sogenaamde kaptein in sy privaat hoedanigheid ook. En moennie skaam wees met die syfers nie kap hulle hard.

Irene Pelser ·

Dis n skande. Wat het geword van ” to serve and protect”

Johan ·

Hoekom nie Spook?
Baie mense het al suksesvol die polisie en sy lede gedagvaar.

swapo ·

@ Spook: Baie mense het al suksesvol die staatskas en sodoende dus die belastingbetaler gedagvaar. Die speurder is heel waarskynlik binnekort ‘n kolonel of hoër.

Speedguard ·

Dagvaar hom in sy persoonlike hoedanigheid , ingesluit die kriminele saak asook seviele eis teen die minister en sy gevolg, roer hom!

Maryke ·

Haai ek wonder watse ras die speurder is… Seker Chinees!

moloto ·

Hierdie klink vir my na nalatige en roekelose bestuur en versuim om regte volg afstand te hou . Vesuim om odersoek in te stel of ander mense beseer is in n ongeluk en hulp te verleen , maar rand mense aan met die doel om ernstig te beseer . EN dit nog deur n kaptein wat die wet beter as ander mense ken . Musbruik van mags posisie en miskien rasisties gemotieveerd . Kry vir jou n goeie prok en looi hom .

Gys ·

Vat die raad. As dit in jou vermooe is Mr Joerri Jardaan laat die saak in die hoog geregshof draai en nie n landros hof nie. Jy kan hulle vat vir groot skade vergoeding. As ek net die raad myself ook vroeer gehad het. Sterkte met gou gesond word en staan sterk op jou regte.

Lance ·

Wat n skande is die polisie nie …ry hom hy gaan betaal die nikswerd !

Karma ·

Ek kan jou wed: 9/10 is hierdie ‘kaptein’ in die SAPD een van die meerderheidsgroep in SA en trek die Mag nou om hom kordon. Oom Jorrie moet net nie die SAPD vir skadevergoeding dagvaar nie – hy dagvaar homself en die res van die belastingbetalende gemeenskap dan. Dagvaar hierdie “farce” van ‘n sg. polisieman in sy persoonlike hoedanigheid (‘n siviele eis) en druk deur met ‘n klag van aanranding met die intensie van ernstige besering.

Gert ·

Daar moet n saak teen die speurder gemaak word. Die klaer moet die voorval aan die Provinsiale en of Nasionale Kommissaris rapporteer. Die gedrag van die polisieman is onaanvaarbaar.

Ig ·

As hy nou die speurder aangerand het sou die storie van die Menseregte Kommisie tot by die ANC jeuliga aangemeld gewees het.Ek se ook LOOI hom tot by oom Daantjie.

kat ·

nou verstaan ek hoekom die polisie so gemoor word as hulle nie by misdaad betroke is nie dan raak hulle is so iets betrokke wens net ons kan geskoolde en opgeleide poliesie manne weer kry

christine ·

Vervloekte twee lafaards hy en sy seun aartjie na sy vaardjie siesa geen selfrespek nie Hoop julle kry hom dat hy sy werk kan verloor. En n misdaad rekort kan he. Sodat hy nooit weer werk kan kry nie

tom ·

Wonder as mnr jordaan n wapen gehad het en hy het hom self verdedig sou dit soos in amerika gewees het rasisme

Marietjie ·

Name en Shame en laat geregtigheid geskied voor hy ook nie kan onthou wat gebeur het nie. Sy seuntjie moet maar ‘n lewensles hieruit leer anders lees ons oor ‘n paar jaar weer van hom ook.

Hannelie ·

Snaaks hoe sekere SAPD lede, verkeer en sekuriteitsmense dink hulle is “verhewe” en “magsbehep” bo ander.
Wel my ou maatjie van ‘n kamstige kapteintjie, ek sien swarigheid vir jou. Jy moet maar ‘n advokaat kry. Ek hoop Wessel hulle vat hierdie saak sommer baie ver. Aanranding met die doel om ernstig te beseer. EN dan is dit nog die Polisie self wat so handgemeen raak. Eish!!!! Hoe moet jy veilig voel in hierdie land met sulke mense??

moloto ·

Ja kyk as die man op diens was en in staats voertuig dan het hy n sterk saak teen die staat , en daai kaptein moet strafregtellik aan gekla word en moonlik kan hy sy werk verloor .

Daniel ·

Hy sal eerder bevorder word deur die korrupte regering wat in beheer is van die “mag” of “diens” hopelose klomp

Raymond Bastone ·

Blikkies maar hulle is n klomp lafaarts. Sulke dinge laat my rooi sien want hy hoort nie daai pos nie so baie van hulle

m ·

Die man is nie n goeie voorbeeld vir sy kind nie want kyk wat doen hy voor die kind. Die seun is seker net so groot vuisslaner by sy skool want hy leer dit by die huis. Common man!!!!

Donovan ·

Oom kry n prokureer en dagvaar die mense, hulle ry soos hulle wil en maak ook soos hulle wil, so laat hulle dan volgens hulle wil betaal vir hulle dade…

Columbiana ·

Polisie was altyd die mense waarna toe jy gehardloop het as jy bang was. Nou is ons bang vir die polisie. Wat ‘n gemors

Appel ·

Nog ‘n stinkende vrot appel in die SAPD. Ook ‘n seuntjie wat mooi leer om vroeg ryp en vroeg vrot te wees in hierdie saak. Sy pa moet ‘n hel(d) wees!!

H ·

Rassehaat speel n kardinale rol in die daaglikse omgang van sg. “polisielede” met lede van die publiek. Skandelike optrede van iemand wat veronderstel was om die publiek te beskerm…. nie aan te rand en heel moontlik te dood nie. Eis teen die staat asook n siviele eis teen die kaptein in sy persoonlike hoedanigheid in hierdie geval is nie onderhandelbaar nie.

Foxi ·

Verdomde lafaard!!! Moet nooit aan ander doen….wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.
Julle in die SAPD dink julle is bo verhewe die wet! Ag siesa man!

Lithop ·

Jy is SO reg. Die SAPD het alle kredietwaardigheid verloor. Hoeveel keer lees ons van SAPD lede wat deel is van een of ander misdaad sindikaat? Ons gewone Suid Afrikaners is uitgelewer aan ‘n spul boewe op alle vlakke; van die regering af tot op die grondvlak van klein dorpie polisiestasies.

OX ·

HOEKOM GEBEUR DIT MET OU MENSE. EK SAL DAARVAN HOU AS DIE SPEURDER, SPIERTIER, OF SAL EK SE SLAPGAT MY WIL KOM AANVAT, EK BLY OOK IN NIGEL.

Chris ·

Los die ou mense uit bring jou drie sterre hierdie kant toe sal ni die eerste polisie beampte wees wat sy gat sal siwn nie.

Gina ·

Ek wet jou die dokumente gaan weg raak voordat daar n hofsaak kom. Vra Soldariteit om in te tree,dis al wanneer daar iet gebeur en die Reg sy gang gaan. Oom sterkte en ek hoop en bid net dat jy en jou familie dit nie so sal los nie….. SAP kom te veel weg met net te veel dinge

Van ·

Watse diere gedrag handhaaf die SAPD deesdae?!?!? Hulle kannie misdaad bekamp nie maar hulle rand ou mense aan?! Hoop jou kierankies braai speurder en kie!

Fritz Rossouw ·

Daai SB sal nooit enige saak teen sy eie personeel ondersoek nie.

My saak by Hercules sloer al byna 2 jaar en die korrupte SAPS lede en “NPA” lede kom weg met alles. Tot die ondersoek beanpte van SAPS korrupsie eenheid, het saak laat sloer???

johann barnard ·

Wit en swart polisie beamptes is ewe korrup en skelm.Klomp gespuis,beter kan ek hulle nie beskryf nie.

Gesie ·

Die stasie bevelvoerder by Heidelberg is Amanda Viljoen. Skakel haar by die stasie.

Ouman ·

Vergeet van stasiebevelvoerder vat die saak reguit na Solidariteit toe en dagvaar die maaifoedie in sy persoonlike kapasiteit met die uitsluitlike doel om hom finansieel te vernietig. Sy bende in Heidelberg gaan hom beskerm want die spul is almal maar korrup en hulle dink die blou uniform maak van hulle iets besonders. Vir meeste van ons is die uniform ‘n teken van gevaar

Poppie ·

Hulle moet daardie beamptes ry tot by Daantjie in die hoenderhok. Laat hulle betaal en hulle werk verloor. Hulle is n skande vir die amp waarin hulle is.

Barrie Vermeulen ·

DIe polisie mag nie daardie beampte se naam weerhou nie.

Ouman ·

SAPS is vrot van trash. SAPS lede wat hulle aan misdaad skuldig maak behoort addisionele 5 jaar tronkstraf te kry. SAPS is deesdae eerste op die misdaadtoneel maar as misdadigers. Dan beskerm die gemors mekaar ook nog. Ek het groot geword in die era waar die polisie wit sowel as swart met respek behandel kon word maar deesdae verdien hulle nie respek nie.

Zumpie ·

Hull nasie gaan maar vir oumense en kinders sal nie n man aanvat nie

Theresa ·

Hoop die familie kontak al die mense wat die kommentare gee.
Kaptein = offisier wat al die reëls ken. Net opsommend: NIE so naby ‘n ander ‘n motor ry nie. NIE ‘n privaatpersoon vervoer nie (dalk was dit sy eie motor, maar indien nie = fout), NIE jou hand lig vir ‘n mens wat ook pas in ‘n ongeluk was nie! NIE jou hand lig, knie skop doen, aanhou slaan nie – SIES SIES SIES! AF met jou kaptein sterretjies (of hoe jul dit ook deesdae dra)! Dan, leer jou kind om eenkant toe te staan as jy dan moet veg met ‘n ander mens wat niks aan jou doen nie. Bogsnuiter wat pakslae nodig het – wat ‘n ander man se hand vashou sodat jy kan voort slaan. Sies man! Wys die mense se gesigte ook – soos met die man wat so skandalig behandel was.
Die dokumente moet maar goed toegesluit word. Stel ook voor die beseerde gaan so gou moontlik na ‘n prokureur met als – aangesien daar nog gesloer word met die verslagneming, ens.

Frikkie ·

Die beseerde is n gewese polisie beampte en volgens inligting was daar road rage betrokke.Beseerde het na beweering verby Sap voertuig gery en skielik remme aan geslaan.Daar is altyd 2 stories.Teen klagtes is geopen en word ondersoek.Kom ons kyk wat sê die hof as als na vore kom.

japie ·

Frikkie al was die beseerde ‘n gewese polisie beampte gewees ,gee dit nog nie reg vir ‘n polisie kaptein of enige polisie beampte die reg om iemand aan te rand nie , en indien die so called polisie kaptein in ‘n polisie voetuig gery het ,moes hy die diens offisier , stasie bevelvoerder en fotograaf uit geroep het na die toneel waar botsing plaas gevind het

Storm ·

Oom Wessels. Maak net een verklaring want hulle gaan jou hammer met baie verklarings. Want dit gaan teen jou tel in die hof. Kry ook n speuder van n ander tak. Vra my ek is daar deur met Heidelberg SAPS

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.