Motoris glo oor parkering met mes gesteek

Argieffoto

ʼn Motorwag sal Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn motoris met ʼn mes gesteek het omdat hy nie sy voertuig wou skuif nie.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 13:00 op die hoek van Kruis- en Hoofstraat in die Johannesburgse sakesentrum gebeur.

Volgens Mbele word daar beweer dat ʼn 35-jarige man sy motor hier parkeer en uitgeklim het. ʼn Motorwag het aan hom gesê hy kan nie daar parkeer nie en moet sy motor skuif. Toe die motoris weier, het die motorwag glo die straat oorgesteek om ʼn mes te gaan haal.

“Hy het teruggekom en na bewering die bestuurder in sy bolyf gesteek. ʼn Veiligheidswag het tot die motoris se redding gekom en die verdagte vasgetrek. Die mes wat gebruik is, is ook gevind,” het Mbele gesê.

Die 26-jarige motorwag sal op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die hof verskyn.

Mbele het motoriste aangemoedig om die polisie in te lig indien hulle hulself in ʼn situasie bevind waar motorwagte aggressief teenoor hulle optree en hulle dwing om te betaal. “Motoriste moet motorwagte geld gee indien hulle gewillig is en nie omdat hulle gedwing word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Danie Basson ·

Motoriste moet verstaan dat motorwagte ook ‘n bestaan moet maak.

Sorry, maar daar is 2 kante ·

Motorwagte moet verstasn nie elke bestuurder kan hul bekostig nie. Anywayvkry die mitirwagte grants etc. Ek is al n paar keer n goeie beskrywing van my kar uitgeskree na my gekry deur n motorwag. As enkel lopende vrou voel ek dat ander mense nie hoef te weet hoe my kar lyk en die reg nr te weet nie. Dit maak my uiters onveilig voel. Aangesien die karwag daar is om my kar veilig te hou doen die oy dis nie sy werk nie. En ek betaal slegs vir werk wat ek GEDOEN WIL HÊ! Ek betaal nie om my kar opgeveil te kry nie.

Liberaal ·

Ja my liberale broer Danie, die karwag se regte om ander van reg om openbare paaie te gebruik is belangrik. Laat padgebruikers se regte val aldus nuwe liberalisme. Maar is ons liberales nie veronderstel om die reg om te lewe belangrik te ag nie?

TinRSA ·

Ek dink hier is meer agter die storie. Het die motoris nie dalk met die motor wag gestry en toe iets leliks gesê nie? Kan nie glo iemand loop oor ‘n straat om ‘n mes te gaan haal en terugkom en dan die persoon sommer sonder rede te steek nie. Al is dit SA

Wat? ·

En dot maak doe motorwag se aksies reg? En hom onskuldig. Ek is een keer amper geslaan deur motorwag in pta middestad oor ek in die kar gesit en wag het op sy “spot” en dis nie sal betaal nie. Die motorwagte raak nogal geweldadig oir geld.

skrep ·

klink vir my ook na manslag. ren minste poging tot moord. wat my dronkslaan, is dat die motoris vir hom gestaan en wag het om sy mes te gaan haal.

Nie oor GELD NIE ·

Hierdie gaan nie oor n motoris wat nie n karwag kon betaal nie…. dis eerder n AROGANTE motoris wat iewers ONWETTIGS parkeer het, dalk ander motoriste vas parkeer of op rolstoel parkering gestop…. karwag het gevra hy moet skuif (want ander motoriste het hom seker al uitgetrap oor soortgelyke probleem) en die AROGANTE motorus het gesê “make me!” Of “so what are you going to do about it?”
Arme karwag seker al heeldag deur upstairs motoriste sleggesê en verneder – mens kan ook net SO VEEL abuse hanteer!
….mense moet net leer om ander in ag te neem – selfs n eenvoudige karwag…

Sarel ·

Ek keur beslis nie die “Karwag” se gedrag goed nie dit was ‘n misdaad.Maar aan almal wat hierstaan en karwagte kritiseer. Hierdie mense werk vir ‘n aalmoes. Hulle staan nie by die verkeerslig met ‘n bordjie om die nek nie. In die somer werk hulle in bloedige son en winter weer in die koue buite. Sonskyn of reen hulle is daar. Wie vam julle wat hierdie mense altyd gedurig kritiseer sal bereid wees om so te werk sodat jy vanaand ‘n bord kos kan kry? Verder is jou Parkering gratis.

Stella Barnard ·

My kar het n volledige alarmstelsel in..as ek elke karwag R5 mut betaal waar ek orals op n dag stop..is ek bankrot.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.