Motoris glo verkrag tydens betoging

(Argieffoto: Pixabay.com)

ʼn Motoris is na bewering verkrag toe sy Saterdagaand in die middel van ʼn betoging langs Klipspruit Valley-weg in Kliptown, Johannesburg, beland het.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê inwoners het gisteraand aan ʼn gewelddadige betoging deelgeneem nadat kragtoevoer na die gebied onderbreek is. Die betoging het nie net in die beskadiging van private voertuie ontaard nie, maar het ook gelei tot ernstige geweldsmisdade soos die beweerde verkragting, sê Dlamini.

“Daar word vermoed dat meer as 20 motoriste geraak is, onder wie ʼn vrou wat verkrag is. Verskeie sake is by die polisie aanhangig gemaak, insluitend opsetlike saakbeskadiging, aanranding met die doel om ernstig te beseer, verkragting en openbare geweld,” sê hy.

“Die polisie doen ʼn beroep op lede van die publiek wat dalk tydens die betoging beseer is om na vore te kom.”

Lt.genl. Elias Mawelo, provinsiale polisiekommissaris in Gauteng, het die geweld teenoor lede van die publiek en beskadiging van eiendom tydens betogings ten sterkste veroordeel. “Misdadigers wat hulself as betogers voordoen met die doel om lede van die gemeenskap te terroriseer, sal vasgetrek word en aan die pen ry,” het Mawelo gesê.

Enigiemand met meer inligting oor wie gisteraand by die aanval op die motoriste betrokke was, word versoek om 08600 10111 te skakel. Inligting kan anoniem deurgegee word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Gaitsigubib ·

Ja Wildehond, hulle het darm die situasie gemonitor en ek het gehhoor “they will not tolerate…………”, so ons kan nou almal gerus wees!

PK ·

Nee Leser, hulle arresteer net die motoris wat op die betogers skiet wanneer sy lewe in gevaar is

Grysburger ·

Is hierdie nie genoeg getuienis om dodelike verset te gebruik te midde van betogings nie?

Meer mense behoort verset te toon te midde van sulke geweldadige betogings. Die staat kan nie honderde mense wat hulself of hul eiendom beskerm almal vervolg en in die tronk stop nie.

Talie ·

Maar die twee boere wat skote afgevuur het tydens so betoging verlede week ry nou aan die pen en word aangekla.
Wanneer gaan daar opgetree word?

Stelling ·

Nooit, daar sal nooit opgetree word nie. Skrik wakker! Ons lewe in n kommunistiese stelsel waar alles wat onheil is seevier. Here ASB RED ONS EN MAAK N WEG VIR ONS OOR DIE WATER!

Danie ·

Wanneer SA terug keer na die ou een en sonder diskrminasie. Die stopsit van beskerming vir korupte mense, moordernaars, verkragters en diewe Onmiddelik vervolg word en verkragters, moordernaars en gewapende rowers en mense wat “toi toi ” met enige wapens, stokke, petrol bomme op die daad om die lewe gebring word, ongeag ouderdom ras, nasie en in plubliek, sodat mense kan sien wat gebeur as jy die wet oortree.

Antionette ·

Wel ek sit dan persoonlik ook eerder toegesluit want dit maak tog nie saak hoeveel in hegtenis geneem is nie. Die volgende dag is hulle weer uit op straat, en dan kla hulle die tronke is vol. Nee wat dit al wat oorbly vir die mense in SA, vat maar reg in eie hande as nodig. As dit jou gesin red of jouself red om verkrag te word dan sal ek met trots agter tralies gaan sit. Sowaar di raak by die dag net erger en erger dis om van siek te word. Mag die Here ons elke dag in sy hand hou want beter sal dit nie…

Buks Barnard ·

… en steeds noem Malroela Media die TERRORISME “betogings”.

Koos de Meyer. ·

As jy skiet is jy die skuldige. Iemand word verkrag maar niks word gedoen nie. Die hele storie is siek. Waar is ons menseregte om veilig op die pad wees, betogers het alleen menseregte.

Grys ·

In watse omstandighede betoog jy dat 100% van die slagoffers ontskuldige burgers is ? Hetsy hulle eiendom of liggaam.

Grys ·

Ek hoop die vrou ontvang maar die beste mediese handeling en ondersteuning.

Johan ·

What has become of this country? I am losing hope fast – Mr President is this part of “the new dawn” ? If so no reasonable man wants to be part of it ! The one ‘s Rainbow Nation with dreams and hopes are no more! ” The old sun is setting”

Reinier ·

Ek het nie woorde nie!!!nee wag ek het!!!!maar as ek dit gebruik daag die polisie seker vinnig hier pp!

Reinier ·

Ek het nie woorde nie!!!nee wag ek het!!!!maar as ek dit gebruik daag die polisie seker vinnig hier op!

lhs ·

Jy mnr. die president en leier van die meerderheidsparty in SA is nou die padda in die pot, behalwe dat hierdie pot vol kookolie is. Jou eie party bedreig jou, wet en orde kan nie meer herstel word nie, buitelanders het die land ingestroom en oorgeneem, ander partye en hulle leiers is toegelaat om chaos en verwoesting te saai, korrupsie is totaal buite beheer, jou kabinet sittings is een groot sirkus, jou eie party het jou in die pot gegooi.

Franz ·

Wat my werklik baie vies maak is dat onskuldige mense wat niks met hulle griewe te teiken word,motoriste,en die Vrou,nou die dag mense vas gemaak aan pale in Boshof,toe hulle betoog het.Dan stem die mense maar net weer vir dieselfde party.

Antjie ·

Nee net blankes wat skote afvuur tydens betogings word gearresteer……

Jan ·

Cyril hou van al hierdie chaos. Dis wat hy wil he. Alamal moet arm wees soadt cyril en sy makkers alleen ryk is.dis so beplan.cyril lag vir julle…

hercu ·

Die ANC het krag gekry en die regering het korrup geword! SA het pasiënte op hospitaalvloere doodgebloei terwyl verpleegsters ‘n tee breek! SA het ‘n openbare padstelsel wat die beste in Afrika was, wat nou nie geskik is vir enige voertuig nie, en ons het voortdurend treine aangevuur. Talle geboue, skole, universiteite en munisipale kantore word verbrand. Deur U kwota-stelsels het u ons in die laer van die wêreld verander. Die regering is oorhandig met ‘n burgerlike lugvaartmaatskappy wat een van die oudste en beste was! Hulle is SABC, SAL, Denel, die Poskantoor, Eskom, SARS, Transnet, Iskor, alles funksioneel en winsgewend oorhandig. Hulle het hulle bankrot gemaak, hulle aan onbekende oorsese mense verkoop, hulle geplunder en ALLE reguit in die grond gehardloop. Alles wat jy ontvang het, is vernietig, beskadig, bankrot en gekompromitteer. Die enigste wat jy in 25 jaar probeer het, het ‘n mislukking geword – soos VBS Bank. En nou beweer jy dat wit arrogansie die rede is waarom daar ‘n gebrek aan respek vir die swart meerderheidsregering is. Ons respekteer jou regering nie omdat dit swart is nie, ons respekteer dit omdat dit disfunksioneel, korrup en onbevoeg is !! Vertel ons weer: Hoekom moet ons die ANC steeds meer geleenthede gee wanneer ons gesien het wat jy gedoen het met wat ons alreeds vir jou gegee het?

Funeka ·

Dit verbaas my altyd dat mense elke keer so verbaas is oor wat gebeur in ons land

Antionette ·

Wel ek sit dan persoonlik ook eerder toegesluit want dit maak tog nie saak hoeveel in hegtenis geneem is nie. Die volgende dag is hulle weer uit op straat, en dan kla hulle die tronke is vol. Nee wat dit al wat oorbly vir die mense in SA, vat maar reg in eie hande as nodig. As dit jou gesin red of jouself red om verkrag te word dan sal ek met trots agter tralies gaan sit. Sowaar di raak by die dag net erger en erger dis om van siek te word. Mag die Here ons elke dag in sy hand hou want beter sal dit nie…

Oom Johan ·

……..en die stilte van die Kerk is oorverdowend!! Nog nooit die ANC aangevat nie, eerder vir hulle hande opgelê en gebid. Die arme, arme nuutgevonde naastes. Siestog, hulle’t nooit ‘n kans in die lewe gehad nie, dis hoekom hulle so optree………..

Werner ·

Baie waar oom Johan hulle sal seker nou vir die betogers bid kerk het lankal koers verloor

Lianke ·

Hulle is soos ‘n klomp babbas, as die krag af is dan tantrum hulle. hulle het seker ook nie eers vir enige krag betaal vanaf 1995 nie.

Jan ·

Hahaha, ja, hulle is net so “shocked” soos ons president!

Andre Stander ·

Solank jy net nie op hulle skiet terwyl hulle hul’ regte om te protesteer [en verwoes] uitleef nie.

Want dan gaan jou bas tronk toe so Gou soos Nou.

Johann ·

Cyril jy beter wakkerskrik, as jy jou oë uitvee sit jy op straat. Jou Comrades in Lethulie huis gaan jou uitskop, jou tyd loop uit.

George ·

Sal graag wil weet hoeveel leiers van ander lande sal so iets toelaat?

Ema ·

Meneer die President. Waar is jy? O wag, jy is besig om vure dood te slaan. Die hele ANC is korrupt en daarom is daar nie wet en orde in hierdie land van ons nie.. Laat my dink aan die gemmerkoek mannetjie: Vang my as jy kan. Dit is die orde van die dag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.