Motoris in bedelaar-video by MRK verkla

‘n Skermskoot uit die video van die bedelaar by die motoris se venster. (Video: Facebook)

Die man wat op ʼn selfgemaakte video vasgevang is waar hy ʼn bedelaar rassistiese beledigings toesnou, is by die Menseregtekommissie (MRK) vir haatspraak, rassisme en diskriminasie verkla.

Adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, het Donderdag bevestig dat die party die klagte by die MRK aanhangig gemaak het.

“Dit is die VF Plus se mening dat hierdie man se uitlatings haatspraak, rassisme en diskriminasie teen witmense is. Dit is rassisties polariserend en uiters beledigend teenoor alle wittes en benadeel sosiale samehorigheid in Suid-Afrika, aangesien hierdie standpunte nie verteenwoordigend is van die standpunte en waardes van die meerderheid mense in die land nie. Oningeligtes kan dit wel so vertolk,” sê Alberts.

Maroela Media het vroeër berig die video het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei en wyd reaksie uitgelok. Op die video kan gesien word hoe ʼn wit bedelaar die motoris vir R2 vir brood vra. Die motoris antwoord in Engels: “Wit mense is moordenaars, my ou. Julle het ons voorvaders doodgemaak. Julle is onwettig hier en dan wil jy nog hê ek moet jou R2 gee.”

Die motoris vra die bedelaar ook waar hy was toe “wit mense swart mense se goed gevat het”.

“Hoe kan ʼn mens mense help wat jou hele generasie doodgemaak en jou mense tot slawe gemaak het? Dis verkeerd. Ek is ʼn baie gawe ou, maar my voorvaders sal my doodmaak as ek ʼn wit ou R2 moet gee.”

“Die VF Plus verwag van die MRK om dié uitlatings dringend te ondersoek en die gepaste stappe teen [die motoris] te neem om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom,” sê Alberts. “Die VF Plus sal terugslaan teen alle vorme van rassisme en pogings om sosiale samehorigheid in die Suid-Afrikaanse samelewing te ondermyn.”

TimesLive berig intussen die motoris, wat glo die eienaar van ʼn media- en skakelingsmaatskappy is, het in ʼn onderhoud met die nuusagentskap gesê dat hy die video gemaak het as ʼn “publisiteitsveldtog” en dat die video deel uitmaak van ʼn “dokumentêr” waarmee sy maatskappy besig is.

Die motoris sê hy is baie bly en opgewonde oor die baie reaksie wat die video uitgelok het. “Wit mense moet die realiteit in die gesig staar en ons leer ken sonder dat hulle meerderwaardig voel,” het hy aan TimesLive gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Danie ·

Maar wat is sy naam? Julle praat van die man wat die video gemaak het, hoekom moet hy beskerm word deur sy naam te weerhou?

Anel ·

Wat ek wil weet, as al sy voorvaders vermoor is waar kom hy dan vandaan? Verder beweer hy alke witmense is moordenaars. Wys my wie het ek vermoor. Hoekom kan ek nie ook ‘n saak van naamskending teen die bestuuder gaan maak nie?

Ma ·

Wat? Dokumentêr ten koste van ‘n arme mens? Vang die leuenaar uit en laat hom braai in sy eie vet. ONS HET NIE DOKUMENTÊRE NODIG OM TE WYS HOE VIESLIK RASSISME IS NIE.

Cherokee ·

..en R100 000 vir die bedelaar soos die poeliesman R100 000 gekry het vanaf Vicky Momberg (as ek reg onthou).

Muis ·

Hy gaan nou meer as R2 betaal vir die video wat hy so verspei het.

Ida Kriel ·

Ek kan nie glo wat hierdie swartman as verskoning gebruik vir dit wat hy kwyt geraak het in die video. Hy het die wit bedelaar in die ergste graad van verneder geplaas met al die nonsens wat hy gese het. My beursie is na hierdie episode vir almal wat swart is en bedel, toe. Jammer geen mens het die reg om n ander so te verneder nie. Mag ek vergewe word, maar die swart wolf in my is besig om na vore te kom en dit maak my so verbitterd. Npem my sommer Mara

Skerpioen ·

Ai ek verstaan jou gevoel. Maar moet asb nie dat sulke mense jou in n Mara verander nie. Ek smeek jou. Die wereld het nou meer as ooit goeie siele nodig…

Nettie ·

@Cherokee – jy doen dit min, maar vandag praat jy sowaar die waarheid. R100K vir die bedelaar en vir #LindoButhelezi 3 jaar tronkstraf, waarvan 1 jaar opgeskort is vir 2 jaar. “What’s good for the goose, is good for the gander”, of dan wel nie?

lorita ·

Ida Kriel, ek stem saam. Hierdie video het my ook 2 keer laat dink oor hoe ek optree by die volgende robot. En die man praat twak – hy gee nie eens R2 vir sy eie mense nie, want sien jy ooit ‘n swart man by ‘n robot in ‘n township bedel? Nee, hulle bedel juis waar blanke mense beweeg. My kar se asbakkie het altyd ‘n kleingeldjie in, maar ek spaar dit nou vir die oom of tannie wat my kar by die sentrum oppas!

Koos de Meyer. ·

Hy moet maar dieselfde of nog meer straf kry as Vicky. Blaas rassehaat aan.

Piet Pompies ·

Die persoon wat die video gemaak het, is besig om stertjies aan te las by sy storie soos die saak ontvou.
Hy is duidelik rassisties en verdien om gestraf te word!

Alta ·

Soos Marloela nie lank terug berig geplaas het. Piet Retief is vermoor deur Dingaan maar binne in sy sak was die bewys dat die voortrekkers die grond wettig gekoop het by vrywillige verkoper wat toe eintlik ń moordenaar was. Ek hoop die dokumentêr bevat ook die feite wie het wie eerste vermoor. Na die Coliney getuie se leuens en Dingaan se geloofwaardigheid twyfel ek menslik of witmense rerig swart mense in die verlede voor die voet doodgemaak het soos die brawe gesiglose videomaker beweer.

Piet kokewiet ·

En as die storie nou omgedraai was dan was da wee groot…

vra maar net ·

wanneer verdkyn hy in die hof, As hy wit was sou hy mos al in die tronk gewees het

Talie ·

Daai motoris kan op sy voete dink nê. Ek glo nie hy het beplan om n dokumentêr te maak toe hy in sy kar geklim het nie. Voorwaar n wonderlike verduideliking om los te kom.

Peet Schabort ·

Hierdie is my naam. Wie is jy wat ook ek wil weet want jy is besig om rassevehoudings op te neuk in hierdie land. Dit kos net een vrot vrug in ‘n sak om alles op te foeter. Ja, WIE is JY??

De Villiers ·

Dis omdat mense soos die persoon wat die video gemaak het, aan ‘n minderwaardigheidskompleks ly dat hy sulke uitlatings maak. Dis omdat hy, en die meeste swartes, aan ‘n geskiedenis met verdraaide feite glo.

Stel ·

Die grootste probleem is die minderwaardigheidskompleks van sekere mede suid afrikaners.

Willem ·

Hy kan maar wegkom met wat hy gedoen het hier op aarde. Maar een ding is seker, hy gaan eendag voor die Allerheilgste lewende God staan wat hom gemaak het. Die God wat se Woord sê: hy wat hom ontferm oor die arme leen aan die Here.

Wat hy vir God gaan sê weet net hy.

Ditsim ·

Dankie, Stel. Dit is wat ek ook glo die eintlike probleem in SA is. As jy self glo jy is minderwaardig, sal jy altyd ander blameer dat hulle dink hulle is meerderwaardig.

Henry ·

Name and shame hom ook . Hoekom nie sy naam bekend maak nie ???
As die MRK n blinde oog gaan draai kan ons nie meer hulle uitsprake geloofwardig aanvaar nie. En ons moet daar gaan betoog

Erns ·

Meerderheid Suid Afrikaners oor al kleurgrense heen is positief en woon en werk in harmonie saam. Is enkeles weer eens oor alle kleurgrens wat rasseverhoudinge probeer versuur maar onthou mens kan wik maar God beskik.

Realis ·

Ja dit is snaaks dat daar nie n foto en n naam van die man verskyn nie. Ons is al so moeg vir die dubbel standaarde. Dit was verseker nie n nuwe Leon Schuster komedie nie. Weet u wat? Neem maar die houe en aanvaar die “nuwe Suid Afrika”. Dinge sal nooit weer gelyk wees tussen wit en swart nie. Ons het die slaansak geword van almal in Suid Afrika. Selfs die sogenaamde joernaliste. Ek vrees vir die toekoms van my kinders en kleinkinders. Ek is op pad uit, maar wat gebeur met hulle? Ons grootste enkele probleem is die gebrek aan intellegensie. Ek werk elke dag met soortgelyke mense. Hulle is skaam/kwaad omdat hulle besef die land wat op n Silwer skinkbord aan hulle gegee is tot niet gemaak is in n skamele paar jaar. Wat n skande!

Marius ·

Is die wit man in die video geindentifiseer?

Wat van n finds stig om hom the help weer op sy voete kom? Is daar dalk iemand wat n werk het vir hom?

Gerrit ·

Dit is REEDS…’n kompleks aan selfbeeld en ‘n totale minderwaardiheids gevoel wat die mens(ongeag van ras)…homself toelaat om sulke “mede” minderwaardigheids opmerkings teenoor ‘n ander te maak sodat jou minderwaardige gevoel minder is as die R2.00 wat gevra word. Arme, arme sot… hoogmoed (mederwaardigheid) kom net voor die groot val…

Wiehan ·

Kan ons nie ‘n skenking aan VF Plus doen wat dan aan daardie man gee sodat by iets kan begin om vir hom ‘ n inkomste te kan verseker nie

Santjie ·

Hy sal tien teen een nog die geld of kos wat hy kry, deel met ander bedelaars wat nie almal wit is nie.

Michael von Mallinckrodt ·

As die wit mense, soos die drywer se, sy voorvaders uitgeroei hat, hoe het hy dan op hierdie aarde gekom ?

JJ ·

Blanke mense sê swart bedelaars net so sleg. Ons identifiseer net baie sterker wanneer die rolle omgeruil word.

Justice ·

Weereens is dit ook net die VF+ wat bereid is om die ongewilde aksies te neem. Hulle is ook al party wat omsien na die belang van Afrikaanse Suid-Afrikaners. Hulle het finaal my stem gewen.

Marlene ·

Mag n mens dan n persoon se gesig so vertoon op social media sonder sy toestemming? En dan wonder ek of die arm bedelaar vergoed gaan word vir sy rol in die “dokumenter”? Ek meen, lyk of hy die hoofrol gekry het!

Dina ·

Hierdie man is gebreinspoel deur leuens. Die tipe leuens wat die orrsaak is van haatspraak en onmin tussen mense. Daar is moordenaars in alle bevolkingsgroepe. Daar is diewe en leuenaars in alle bevolkingsgroepe. Wanneer gaan mense ophou om die onskuldiges daarvoor verantwoordelik te hou. Vrede sal in ons land kom wanneer ons kan leer om die kleurbril af te haal.

Dirk Breytenbach ·

Sy klein kindertjies en ander jeugdiges word ook nou groot met die vals en venynige retoriek en tiperings van skelm witmense en dat ons nie hier hoort nie. Ek het nuus vir die mediaman, ons is hier om te bly en sal ons nie van stryk laat bring nie. Verder kan niemand vir mense voorskryf hoe om skuldgevoelens te verwerk of reg te stel nie, ons bly nie in n kommunistiese staat nie, elkeen hanteer dit op sy manier. Niemand met meer as 3 breinselle sal die liegstorie glo dat dit nou skielik navorsing was nie. Net jammer ‘n weerlose persoon was so verneder deur ‘n arrogante welaf persoon van ‘n teenoorgestelde ras.

Awie Opperman ·

Gaan leer jou geskiedenis dan hoef jy nooit skaam te wees nie. Amabhulu deur Harry Booyens is ‘n baie goeie opsommende geskiedenis van SA.

Maro ·

Dit gaan ñ dokumenter word? So hy kan sy kinders niks leer behalwe haat, rasisme, hoe om mense te beledig nie. Die man is omtrent verbitterd. Hulle kan die nuwe generasies niks leer behalwe wanhoop, en kom ons teer op rasisme nie. Kruisig my maar, maar as daar n ekstra geldtjie te gee is, sal dit na my eie mense gaan van nouaf. Dankie dat jy my besluit sooooo maklik gemaak het.

Lizanne ·

Hy praat mos nou twak. Watter dokumentêr? “Die bestuurder” moet mos toestemming kry van die “bedelaar” om hom te kon opneem op video vir sy sogenaamde “publisiteitsveldtog”. Ek kan nie glo dat mense ander mense so kan verneder nie. Kan almal nie net in liefde en vrede ‘n pragtige Suid-Afrika bou nie?

Se maar net ·

Ons grootste probleem in die land lyk vir my is die swartmense wat so ongelooflik maklik en baie leuens kan vertel.van die pres tot die ou op die grond. En wie is nou weer die vader van die leuen?

Cornelia ·

“Mara” en élkeen van ons, het ‘n baie spesiale identiteit van ons Maker ontvang. Syne. In Openbaring 22:11 gee God aan elke mens hierdie keuse. “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen! En wie vuil is, laat hom nog vuiler word! En laat die REGVERDIGE nog Regverdiger word en laat die HEILIGE nog Heiliger word. Vir naaste liefde en liefde vir jou vyand vra hierdie uitdaging Gehoorsaamheid aan jou identiteit Maker…GOD.

Stuiwer ·

As hy net die video gemaak het om bewustheid te skep (waarvan?), waarom het hy nie na die tyd die bedelaar daarvan ingelig nie? Ek dink hy is ‘n rassis en probEer nou met flou verskonings die vure doodslaan. Dit sal interessant wees om te sien of hy vervolg gaan word. As die bordjies verhang was en ‘n wit man het dit aan ‘n swart man gedoen , sou die wit man definitief aan die pen gery het. Rassisme kom mos net van een kant af in hierdie land.

wilma ·

Die volgende stap gaan seker wees om die bedelaar ‘n paar rand in die hand te stop en te sê hy moet sê hy was ten volle daarvan bewus dat die gebeure vir reklamedoeleindes opgeneem is!

Gesiggie ·

Goed en wel hy word aangekla maar kom ek wet julle die dude gaan net moet jammer se en alles is verby … wet van SA

Arme motoris ·

‘n Week terug het daar ‘n man in trane by my huis kom geld vra, hy kon nie werk kry die dag (piece job), hy was beleefd, welsprekend en netjies. Ek het vir hom R100 gegee want ek het nie sy velkleur raakgesien nie net sy hart. Beste motoris, ek wens jy kon hoor wat hy vir my gesê het, dat dit nie sy “eie” mense is wat gee nie wel die blanke mense. Jou video en optrede maak dat blanke mense nie meer wil gee nie, jy benadeel ons nie, jy benadeel jouself. En vergeet van jou voorvaders, hulle gaan nes ons almal voor God staan eendag en rekenskap gee. Party mense is so arm al wat hulle het is geld.

VanAfrika ·

Ons blankes moet leer om minder meerwaardig te voel sê jy. Hoekom voel jy dan minderwaardig? O ja, jy sê mos jy kan nie vir n blanke n R2 gee wat nie eens n brood kan koop nie, wie voel nou meewaardig????

Pieter ·

Nou waar is die DA. Julle het `n mond vol te se oor Elana Barkhuizen. Dankie VF.

alida ·

Die blanke man se gesig was lewensgroot op MM se voorblad vroeer die week maar vandag is dit verbloem hoekom? Daar sou niks van gekom het as hy net eenvoudig omgedraai het en geloop het nie. Hy het toegelaat om verneder te word.

bosluis ·

Ek verstaan glad nie al die twak wat hy kwyt geraak het nie, want HY, die motoris, is die een in die beter posisie as die blanke bedelaar!

Hb ·

Wonder of hy die wit “akteur” betaal het vir sy deel in die “dokumemtêr”. Vra my broer jack………

una ·

die man is bang sy sak gaan seer kry dit is waarom hy kwansuis n “dokumenter” gemaak het.

Johan ·

Ek dink nie dat Witmense reken hulle is meerderwaardig nie.
Maar die optrede van sommige Swartmense skep die indruk dat hulle ‘n onderliggende minderwaardigheidsgevoel teenoor die Blankes het. Ek hoop dat ek verkeerd is.
Dis tyd dat versoening, respek en wedersydse erkenning van die regte van alle groepe voorrang moet geniet….

A Mac ·

Hoop net die regter wat die saak aanhoor is oopkop en laat ook nie sy rassistiese onderrok uithang met die uitspraak nie. Die persoon wat die video gemaak het het net te vol van homself en onaantasbaar geklink in sy gesprek met die man.

Dirk Breytenbach ·

Ons het ook nie nodig dat iemand vir ons of enige bevolkingsgroepe mekaar durf voorskryf oor hoe hulle moet dink of voel nie of dink nie. Dit is poliaserend en sal juis die teenoorgestelde uitwerking teweeg bring. Die gevolg is dat mense van verskillende rasse nou meer as ooit verdeeld en agterdogtig raak asook interaksie beperk tot die nodigste. Dit klink nie vir my nasiebou of die vestiging van ‘n regverdige gemeenskap nie.

d ·

Verskoon asb. die spelfoute maar dis hoogs ontstellend om te lees dat daar mense is wat so gevoelloos kan optree.

koos ·

ek het nou onlangs vir so n wit bedelaar werk gegee vir een dag. Ek het hom R300 betaal (VER bo die nuwe minimum loon van R20/uur) en hom kos gegee en hom na die werk gelift tot naby die plek waar hy gewoonlik oornag.
Maar nadat hy weg is, het ek ontdek my grinder is weg…
Baie van hierdie bedelaars, selfs die wittes, wil nie regtig werk nie.
Ander storie:
ek het iewers in 2008 vir solidariteit en die VF-Plus gaan help om n bungalow in n wit plakkerskamp op te rig, om “ons mense” daar se behuisingsnood te help verlig. NET die vrouens het ons gehelp. die mans het bloot gestaan en kyk. ALMAL daar het gerook en ek het tekens van GROOTSKAALSE alhoholverbruik in elkeen van hulle huisies gesien.
As hulle geld het vir sulke onnodige goed, dan het hulle mos nie hulp nodig nie, of mis ek iets?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.