Motoris in brandende motor vasgekeer ná botsing

Die toneel. Foto: Verskaf.

Een persoon is dood toe ʼn motor Dinsdagaand ná ’n trompop botsing met ’n vragmotor aan die brand geslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het op die R39 sowat 20 km buite Ermelo in Mpumalanga plaasgevind.

Volgens Meiring het hul paramedici saam met die brandweer by die toneel opgedaag en die motor aan die kant van die pad aangetref.

“Die motor het vlam gevat en was goed aan die brand,” het Meiring gesê.

Die brandweer moes volgens hom die vlamme blus voordat die paramedici toegang tot die voertuig kon kry.

“Toe die vlamme geblus is, het die paramedici die liggaam van die bestuurder in die voertuig aangetref waar die persoon vasgekeer was. Die bestuurder is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.