Motoris in Margate doodgeskiet

Die misdaadtoneel buite ‘n hardeware winkel in Margate. (Foto: Netcare 911)

ʼn Motoris is in die parkeerterrein van ʼn winkelsentrum in Margate, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Verskeie nooddienste is Woensdagmiddag na die toneel naby die R620 in Margate ontbied. Hier het hulle ʼn man en vrou in ʼn voertuig voor ʼn hardewarewinkel aangetref. “Inligting vanaf die toneel dui daarop dat ʼn onbekende aantal gewapende mans op die man en vrou in die voertuig losgebrand het,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, gesê.

Volgens paramedici van die KwaZulu Natal Private Ambulansdiens is die man noodlottig gewond en het die vrou ʼn skraap aan haar linkerbeen opgedoen. Sy is op die toneel behandel en het vervoer na ʼn hospitaal van die hand gewys.

Die manlike pasiënt was egter nie so gelukkig nie en is met paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar.

Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Windhond ·

Lekker ou Suid Afrika – ons Mafia is sterk besig om wortel te skiet

Cobus ·

Nee, dis die lekker nuwe Suid Afrika, die reenboog droom waarvor so baie gesoebat het.

Christine ·

Die wilde weste in Suid-Afrika. As iets daadwerklik nie gedoen word nie, is hierdie land veraltyd verlore. Dalk sal die kommunistiese China met hul drakoniese wette inkom en alle misdaad kom uitroei.

Hennie J ·

Hoedman se kommentaar: ‘Nie geweet parkering is so skaars in Margate nie’

Swerwer ·

Cowboys en Crooks – lekker ou Republiek van Suid Afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.