Motoris in verbyry doodgeskiet

Die bestuurder is op die toneel dood verklaar. (Foto: IPSS/Facebook)

ʼn Motoris is Woensdag in die verbygang doodgeskiet toe verdagtes in ʼn ander motor op hom losgebrand het.

Volgens Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, was die motoris en ʼn passasier op die R614 op pad na Bamshela in KwaZulu-Natal ten tyde van die voorval.

“ʼn Motor met ʼn onbekende aantal verdagtes het hom glo verbygesteek en skote in sy rigting afgevuur. Tydens die skietery het die motor van die pad af gegaan en teen ʼn boom vasgery.”

Paramedici het die bestuurder en passasier langs die pad aangetref. Die bestuurder het verskeie skietwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die passasier het egter ongedeerd van die voorval afgekom.

“Die verdagtes het van die toneel gevlug en word steeds deur die polisie gesoek,” het Herbst gesê.

Die motief van die moord is in dié stadium nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel en ondersoek die saak verder.

(Foto: IPSS/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Persheks Adri ·

Nou wanneer gaan hoed die ongelisensieerde wapens van die straat af kry? Elke 2de ou het ‘n wapen. Nóg bloed Cele nóg!!!

E ·

Elke tweede ou het ‘n paar wapens, gelisensieerd of ongelisensieerd, dis die slegte oplos van moordsake en die vonnisse en parole en borg daarna wat maak dat dit die wilde weste is.

Boerkind ·

Net bewys van buite beheer ANC hopelose, skandalige, patetiese, onbevoegde, ongewenste, verwoestende verskoning van ‘n regering…. SKANDE CR!! SKANDE!!

Pampoen ·

Daai doppies lyk my soos AK en 9mm. Dit was nie sommer net ‘n stryery nie.

Stefaan ·

100% korrek. Die 9mm doppe is waarskynlik Berden doppe wat hulle herkoms gaan verraai.

Swerwer ·

Hoed, jy is baie stil deesdae, wat het jy vir jouself te sê? Hoeveel moet nog sterf voor jy gaan wakkerskrik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.