Motoris jaag in vulstasie vas

Foto: ANA

Foto: ANA

ʼn Motoris het vroeg Sondagoggend by ʼn vulstasie in Durban ingejaag nadat hy vermoedelik beheer oor sy motor verloor het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical ambulansdienste, het gesê die voorval het in North Coast-weg gebeur. Die man en ʼn passasier is beseer toe die motor teen een van die verkeerseilande in die vulstasie gebots het.

“Dit is nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar omstanders het getuig hoe die motor skielik by die vulstasie ingejaag gekom het en teen die eiland tot stilstand gekom het,” het Van Reenen gesê. “Die bestuurder én sy passasier is beseer en albei is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is.”

Volgens Van Reenen was die plaaslike owerhede op die toneel om die ongeluk te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Karl Seita ·

‘n BMW !!! Ek’s geskok, BMW eienaars is die rustigheid hulself …. geen show off’s, road rage of derglike gedrag in hul repertoire so vêr ek weet…. (-:

Tonginniekies ·

Jy is reg Karl. Hierdie BMW eienaar het seker aan die slaap geraak van rustigheid en kalmte. Nog nêrens enige wanordelike gedrag van diesulkes teegekom nie. ROTFLMAO

andre ·

Hoe lekker lag ek nou vir die belaglike kommentaar van Karl

Pieter ·

Ek dink die BMW eienaars parkeer hulle motors so dat almal hulle kan sien.

Lucy ·

BMW’s is gewoonlik die motors wat van agter af aangejaag kom, flitsende ligte en hande en vingers net waar jy kyk. Selfs op die padwerke net buite Middelburg het ek al op twee geleenthede sulke ondervinding gehad en dit terwyl die spoedgrens oral uitgespel word as 60 of 80 vanwee die padwerke. In my oe is sekere BMW bestuurders net pleinweg padvarke.

Theresa B ·

Karl het ‘n uitstekende sin vir humor……………….Ha ha!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.