Motoris met sakke vol dagga betrap

Die straatwaarde van die dagga is glo meer as R100 000. (Foto: SAPD)

ʼn Motoris en sy twee passasiers is Saterdag in Orkney in Noordwes in hegtenis geneem nadat hulle met 40 kg dagga in hul besit betrap is.

Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, is die verdagtes – twee mans (albei 27) en ʼn vrou (32) – in ʼn padblokkade voorgekeer, waar metropolisiebeamptes 15 swart sakke vol dagga in hul Volkswagen Polo gevind het.

Myburgh sê die straatwaarde van die dagga is na raming sowat R117 000.

Die verdagtes sal Dinsdag in die landdroshof op aanklag van daggahandel verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Orkney Snort Nie wat die verdagtes is gevang!

Janice

Met al die drama in die land en die wereld wat mal geword het, wou hulle net bietjie “puff” vir kalmte