Motoris onder voertuig saamgesleep

Foto: Netcare 911

ʼn Motoris is in ʼn kritieke toestand nadat hy Vrydagaand tydens ʼn botsing uit sy voertuig geslinger en deur ʼn tweede voertuig verder gesleep is.

Nicholas Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 21:00 op die aansluiting van Corlettlaan en Ontdekkersweg in Witpoortjie in Roodepoort gebeur.

Volgens Dollman het paramedici een van die motors se bestuurder onder die tweede motor aangetref nadat hy deur die voertuig saamgesleep is. Meganiese toerusting moes gebruik word om die wrak op te lig en die man onder die motor te verwyder.

Foto: Netcare 911

Dollman het gesê die man was in ʼn kritieke toestand en moes aan ʼn ventilator gekoppel word. Hy is daarna na ʼn hospitaal in Johannesburg gehaas.

Volgens Dollman het die ander bestuurder geen ernstige beserings opgedoen nie en is op die toneel deur die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) in hegtenis geneem. Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, kon nie by navraag die inhegtenisneming bevestig nie. Maroela Media wag op meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

CHRISTA ·

Dit klink vir my of hy nie sy sitplekgordel aangehad het nie. Dink dis seker net daar vir versiering. Ek hoop hy sal volgende keer WEL sy sitplekgordel aansit. Dit sal hom baie pyn en kostes spaar!!

Ekke ·

Christa, voor jy oordeel oor mense wat nie sitplekgordels dra nie net die volgende inligting. Daar is mense wat dit nie dra nie vir n rede!! Ek is een van daai mense wat nie een dra nie en met n brief van dokter in my kar ry om te se dat ek hom NIE mag dra nie agv n mediese toestand. My kanse om met n sitplekgordel te sterf is groter as sonder hom indien ek in n botsing kom.

Onica ·

Ek was verlede jaar in n kar ongeluk waar my kar gerol het. Ek was baie bly dat ek nie my gordel aangehad het nie. Ek het toe self uitgeklim met net n snytjie op my skouer.

Cherokee ·

Wat jý sê verander geensins die waarde in Christa se kommentaar. So, erken dit wanneer jy jòu situasie verduidelik., Christa is dus reg (met die uitsondering van jou en enkele ander mense).

Cherokee ·

Ter voortsetting hiervan, ek was dekades gelede in ‘n kop aan kop botsing. 3 Dae in ‘n koma gewees en 3 weke bewusteloos. Linker knieskyf verloor. Het nie ‘n sitplekgordel aan gehad.

Ronald ·

@Ekke, is die “mediese toestand” oorgewig? Dis gewoonlik die rede wanneer dokters so brief sal gee. Dis ook seker nie jou skuld nie, maar n “geen”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.