Motoris ontsnap net-net voor trein motor tref

Die wrak is langs die treinspoor aangetref (Foto: KZN Private Ambulance, Facebook)

’n Motoris wat Sondagoggend blitsig op haar voete gedink het, het oorleef nadat haar voertuig op ʼn treinspoor in KwaZulu-Natal voor ʼn aankomende trein onklaar geraak het.

Craig Botha, woordvoerder van KwaZulu Private Ambulance Service, sê hulle is gisteroggend na die toneel sowat agt kilometer buite Vryheid, by die Stilwater-kruising, ontbied waar hulle ’n blou Volkswagen Polo se wrak langs die treinspoor aangetref het.

“Die voertuig het oënskynlik onklaar geraak net toe die motoris die treinspoor wou oorsteek en het tot stilstand gekom. Daar was in daardie stadium reeds ’n trein op pad,” sê Botha.

Volgens die nooddienste het die motoris besef die trein kom bitter vinnig nader en dadelik uit die voertuig gespring.

Sy is nie beseer nie.

Die wrak (Foto: KZN Private Ambulance, Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Onnie ·

Sjoe dit kon soveel anders gewees het. Baie bly vir haar part dat sy so flink gedink het. Dis darem nou baie toevallig “bad luck” dat haar motor juis op die treinspoor onklaar moes raak. Laat ‘n mens jou lewe weer waardeer.

Annelize ·

Sjoe, dit lyk nie na ‘n ou voertuig nie, hoe net so onklaar raak? Ek wonder of die vrou haar nie net buite weste geskrik het, die voertuig laat vrek het, en in haar paniek nie die voertuig weer aan die gang kon kry nie. Ek het vir my eendag so buite weste geskrik na ek byna in ‘n ongeluk was, dat ek daarna nie my kar aan die gang kon kry nie,

Maar nietemin, baie dankbaar sy het betyds uitgekom,

Johannes Andreas ·

Annelize, ek reken jy slaan die spyker perfek op sy kop

Adam Adriaan ·

Hoekom ‘n voertuig altyd by ‘n spooroorgang onklaar raak, bly ‘n raaisel. Raak nooit op ‘n ander plek onklaar nie, maar daar by die spooroogang verseker.

Tjom ·

Dit raak wel op ander plekke ook onklaar. Veral teen opdraendes in die regter baan in spitstyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.