Motoris op N1 tot stilstand gedwing, beroof, geskiet

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

’n Motoris is Maandagaand op die N1 naby Hammanskraal, noord van Pretoria, oorval en in die been geskiet nadat boosdoeners vermoedelik ysterpenne op die snelweg geplaas het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê voorlopige inligting dui daarop dat die 30-jarige motoris genoodsaak was om stil te hou nadat sy motorbande afgeblaas het as gevolg van ’n skerp voorwerp in die pad.

’n Onbekende aantal verdagtes het die man se motor genader en hom van sy besittings beroof. Die motoris is daarna in die been geskiet.

Van Reenen sê die man is gisteraand by paramedici se aankoms op die toneel in sy motor met ’n skietwond aan sy been aangetref.

Die man is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ’n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Volgens Van Reenen was die polisie ook op die toneel om ondersoek in te stel.

Maroela Media het Dinsdag vroegoggend ’n navraag aan die polisie gerig en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Kokerboom ·

Hoop jy herstel gou vriend. Jammer jy word blootgestel aan die wrede boeweland!!! Genoeg is nou waaragtig genoeg! Dis NOU tyd dat ons die land bevry van die ANC gemors en sy boewery!!Moenie sê dit sal verander by stembus. Dis ‘n illusie. Met die tipe stemgeregtigdes sal dit NOOIT gebeur

melaney ·

Een van die dae sal ons nie vir ramaparra nodig hê om ‘n aandklokreël in te stel nie. Ons sal dit sommer self doen. Vanaf 18:00 tot 06:00.

groenboer ·

Ek het nou net presies dieselfde ding gedink: ek self probeer om nooit in die nag rond te ry nie. Dit raak eenvoudig te gevaarlik. Behalwe dalk in Orania.

Suzette ·

Ek het verlede jaar net na “lockdown” begin het gese as die kiem ons nie doodmaak nie sal die anargie, en kyk waar sit ons nou

Surfer ·

En om self die “doodstraf” weer in te stel teen hierdie wettelose kriminele in die wetlose land. Hoe? Wees paraat en bewapen onsself en skiet eerste om jouself en families te verdedig. Teen die tyd moet ons al besef Cyril of geen ander President gaan iets verander met hierdie kriminele nie, WANT dan verloor hy 80% van sy ANC stemme.

Duck ·

Hier in die Kaap het ons die R300 /N2 wat ‘n “Hotspot” is, van my kollegas het al pap wiele gekry in die nag, ry maar stadig aan tot die eerste afrit tot by ‘n garage . ‘n Rim is goedkoper as ‘n lewe.
My 2c

E ·

Ek stem prober aanhou beweeg, ook prober stadiger ry sodat jy verder vorentoe kan sien as dit moontlik is, en ons moet baie groepe en borde opsit vir onveilige areas, ons het self nou so ‘n slegte robot in Boksburg, ons waarsku almal op groepe.

SlinkseKoljander ·

N2 is een van die gevaarlikste paaie in ons land, ek vermy dit soos die pes.

MakersMark ·

Goeie mense wat net hul lewens in vrede wil lewe deel die land met gemors. Genetiese mishoop.

Inkpot ·

Kokerboom, jy het die regte naam vir die nuwe Suid-Afrika.
Boeweland.
As hy teruggeskiet het, was hy nou in groot moeilikheid.
Hoe verdedig jy jouself teen soveel aanvallers wat jou onverhoeds betrap?
Boeweland. Inderdaad.

Samuel ·

Hierdie sinnelose geweld maak my woedend. Die vuurwapen is sekerlik nie ‘n wettig gelisensieerde een nie?

Werner ·

Ken duidelik nie die verskil tussen n booswig en n terroris nie

SlinkseKoljander ·

Waar is daai pateet met sy hoed wat veronderstel is om na ons veligheid om te sien, sit seker weer erens langs die see en drank drink. Beskerm jouself te alle tye, skiet eers en gaan vertel dan maar `n ander storie in die hof. Ons regstels is gemaak vir mense om te lieg, kyk maar na al die voorbeelde in die kabinet.

Anel ·

Die man is geskiet, dit is poging tot moord. En nie boewe of wat ookal nie. Dié is moordenaars!!!

Landras ·

PAS OP vir die N1 – 23 jarige Vrydag oggend 6 uur met ‘n groot klip van brug af gegooi op die voorruit en GELUKKIG nie stilgehou nie , in haar truspieël twee in die pad sien staan .

Miskruier ·

My swaer was Saterdag aand 19:30 op N1 in dieselfde area. Sy agterruit het met n knal versplinter. Hy vermoed n windbuks koeël. 500m na die insident het hy 2 voertuie met noodligte langs die pad sien staan, hy wou egter nie aftrek.

Blomme ·

Is dit die soort lewe waaraan ons moet begin gewoond raak in die land?

Miskruier ·

My swaer was Saterdag aand 19:30 op N1 in dieselfde area. Sy agterruit het met n knal versplinter. Hy vermoed n windbuks koeël. 500m na die insident het hy 2 voertuie met noodligte langs die pad sien staan, hy wou egter nie aftrek.

Jannie van Niekerk ·

Wat het van die wet geword wat bepaal dat voetgangers nie op ‘n snelwehg mag wees nie? Op die N2 by Somerset Wes moet ek gereeld pasop dat ek nie een van die straatverkopers raak ry nie. Ek is seker hulle is ook almal kop in een mus met die misdadigers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.