Motoris ploeg deur huis se heining

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou is beseer nadat sy vroeg Saterdagoggend in Vanderbijlpark met haar motor deur ʼn huis se omheining geploeg en teen ʼn ander motor tot stilstand gekom het.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Westinglaan gebeur. Die vrou het glo beheer oor die motor verloor, met haar voertuig oor die middelman gery en dwarsdeur ʼn heining gejaag. “Sy het teen ʼn ander voertuig gebots wat agter ʼn hek geparkeer was,” het Rossouw gesê.

Die vrou was gelukkig om net geringe beserings op te doen en is op die toneel deur paramedici behandel. Sy is later na die Johan Heyns-kliniek geneem vir verdere behandeling.

“Die presiese oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel om die saak te ondersoek,” het Rossouw gesê. Hy kon ook nie dadelik die omvang van die skade bevestig nie.

Niemand anders is in die voorval beseer nie.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

‘Westinglaan’ is seker ‘Westinghouse blvd.’? Dis selde (of ooit) dat ‘n laan ‘n middelman (oftewel verkeerseiland) sou hê?
‘n ‘Middelman’ is gewoonlik aangetref op plaaspaaie wat byv. deur landerye loop. Hierdie middelman het dan ook gewoonlik redelik hoog tussen die linker- en regterhandse spore gesit.
Dit is egter so dat hierdie middelman nou ook al vir ‘n geruime tyd sy verskyning maak in dorpe met grond-/gruispaaie soos ons voortbeweeg in agteruitgang.
Die ander betekenis van ‘n middelman is natuurlik ons mislike-paliteite (Fanus Rautenbach se naamgewing in 1959) aan wie ons geld betaal en hulle op hul beurt weer iemand huur om die werk te doen, natuurlik nadat hulle ‘n gedeelte in hul eie sakke gesteek het.

Franje van Spanje ·

Well done motoris!! Dit wil gedoen wees! Vir sekere mense raak die oomblik te groot en dan wil hulle jaaaaaag! “Motoris” kan nie haar voertuig beheer. Dankie tog daar was nie kinders in die erf nie…

Laurika ·

Middelman is seker die “verkeers sirkel” wat daar baie van is in Westinghouse Blvd. Die dronkies is so volop naweke in VDBP waar ek ook woon, jy gaan net saans laat of baie vroeg oggend uit as dit noodgeval is. Die verkeers sirkels word elke naweek poer gery en mense se heinings ook. Toe ek nog in JHB gewoon het, kon jy nie drink en bestuur nie, die verkeers beamptes is oral te sien en jy is bang om toegesluit te word. Ek het nog NOOIT ‘n verkeers beampte na ure in VDBP gesien nie. Tyd dat hulle die dronkies vasvat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.