Motoris sak inmekaar ná hy langs pad stilhou

Argieffoto

ʼn 47-jarige man van Vereeniging in Gauteng is Saterdag langs die R59 naby Redan deur omstanders te hulp gesnel nadat hy langs die pad stilgehou en toe inmekaar gesak het.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê nooddienste is omstreeks 17:00 na die toneel ontbied deur ʼn brandbestryder wat nié aan diens was nie.

Volgens Van Huyssteen het die man siek gevoel voordat hy langs die pad stilgehou het en toe inmekaar gesak het.

“Met die aankoms van paramedici by die toneel het die man langs die pad gelê,” sê sy. “Hy het nie gereageer nie en nooddiensspanne het onmiddellik begin om kardiopulmonêre resussitasie uit te voer en met gevorderde lewensondersteuningsmiddels in te gryp.”

Van Huyssteen sê paramedici kon daarin slaag om die man ná 12 minute weer by te bring. Hy is daarna in ʼn kritieke toestand na die Mediclinic Vereeniging-hospitaal geneem.

Paramedici kon nie bevestig wat aanleiding gegee het daartoe dat die man inmekaar gesak het nie. Die man is volgens berigte steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Baie goeie nuus, die omstanders was seker aan hom bekend anders was hy statistiek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.