Motoris sien hoe man glo eie lewe neem

Vloedwater by die Robotbrug in Kroonstad in Februarie 2017. Foto: Verskaf

ʼn Man se liggaam is Dinsdagoggend uit die Valsrivier in Kroonstad in die Vrystaat gehaal nadat hy vermoedelik sy eie lewe geneem het deur van ʼn brug af in die rivier te spring.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê ʼn motoris en sy passasier het omstreeks 11:40 oor die brug wat as die Robotbrug bekend staan, gery toe hulle gesien het hoe die man van die brug af in die rivier spring.

“Hulle het stilgehou en nader gehardloop om in die rivier te kyk of die man kan swem. Hy het egter nie weer bo die water verskyn nie en dit was duidelik dat hy verdrink het,” het Thakeng gesê.

Die ooggetuies het na die plaaslike polisiekantoor gehaas om die voorval aan te meld en polisieduikers van Welkom is ontplooi om met ʼn soektog na die man te begin.

“Die liggaam is omstreeks 15:00 gevind en uit die rivier gebring. In die man se sak was ʼn Okapi-mes en ʼn selfoon. Die man se naasbestaandes is deur die middel van sy selfoon opgespoor,” sê Thakeng.

Hy sê die man is as die 30-jarige Morena Button Mateba geïdentifiseer wat in Gelukwaarts in Maokeng woon. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

linda ·

en dit gaan nou al hoe meer gebeur
almal kan nie meer die omstandighede vat
skuus vir jou meneer RIV
jy sal nooit verstaan wat jy nou gedoen het aan die wat agterbly
hou hulle styf was Here

Ronel ·

Ek het rerig baie simpatie met depressielyers, maar selfmoord is NIE die laaste of enigste uitweg nie.

Tina ·

Ronel jy weet blykbaar nie wat depressie is nie, ek het jare gesukkel met erg depressie. Verlede jaar het ek elke dag aan selmoord gedink, selfs gedink hoe ek dit gaan doen. Gelukkig vir my het iets in my lewe gebeur wat alles verander het na die positiewe. Maar kom ek sê jou, as niks verander het nie, het ek nie nou hierdie boodskap gestuur nie. Dit is maklik vir mense om te sê selfmoord is nie die uitweg nie, maar wanneer jy so in die diep dale van donkerte is dan is die dood vir jou die enigste uitweg.

Chantal ·

Liefste Tina … Ek verstaan 100 persent waardeur jy gegaan het want ek was minder as 2 maande terug op daardie plek van my lewe waar ek net wou moed opgee danksy depressie en omstandighede waarin ek was danksy n 3de party. Mense is gou om te se dis nie n uitweg nie maar hul weet nie wat depressie regtig aan n mens doen.

So bly iets positiefs het gebeur sodat jy n omdraai punt in jou lewe gemaak het.
Groete
Chantal M.

Diefie ·

RIV vriend. Om’n depressie lyer te wees, is baie moeilik. Jy staan nie net een oggend op en sê mmm ek wil ‘n depressive lyer wees nie. Daar is verskeie redes. Mense hou op om te sê: Ruk jou reg, kry iets om jou mee besig te hou. Jy kan dit nie aan jou mense doen nie. Die mense besef nie eers dat die persoon almal laat lag en vrolik is nie, net dalk ‘n depressie lyer is nie. Ek is so ‘n persoon. Google gerus die “newe effektes” van ‘n skildklier wat nie reg werk nie of verwyder is nie. Kort om lees wat is depressie,.

Lizl ·

Het al op die snelweg gesien hoe `n man homself skiet langs stilstaande voertuig. Toe ons stop en nader gaan vind ons toe sy vrou in voertuig ook dood. Hy het haar geskiet en toe homself

Hannes ·

“Never make a negative decision in the low times.Never make your most important decision when you are in your worst mood.Wait.Be patient.The storm will pass.Spring will come!”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.