Motoris skiet ‘kaper’ dood

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Motoris het Vrydag ʼn vermeende kaper in Pretoria se middestad doodgeskiet.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het by die kruising van Nana Sita (Skinner)- en Du Toitstraat in Arcadia plaasgevind.

Paramedici van die Tshwane-nooddienste en Netcare 911 het op die voorval gereageer.

“ ʼn Motoris is in spitsverkeer deur die vermeende kaper aangeval, waarna die motoris die verdagte geskiet het,” het Dollman gesê.

Volgens Dollman is die verdagte, vermoedelik 30 jaar oud, in die been geskiet en het baie bloed verloor. “Paramedici het alles in hul vermoë gedoen om die man se lewe te red, maar hy het te veel bloed verloor en is op die toneel dood.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Boeta

Hy kan hom klaar maak vir groot moeilikheid dis erg

Eish

Gaan n taaie ondersoek wees. Indien die aanval geloods is aan die bestuurder se kant van die voertuig, en jy is regshandig, hoe skiet jy n vermeende kaper in die been? Tensy jy deur die voertuig se deur skiet ten einde die kaper te verhoed om jou vuurwapen op te merk. Steeds moeilik vir n regshadige persoon.

Moegepraat

Blykbaar bly Maroela of n tegniese probleem my kommentaar verwyder.

Dis omtrent tyd dat Jan Alleman homself weerbaar maak en beskerm in hierdie land van ‘ons’

Hopelik gaan die South African Protector of Skelms nie weer die saak omdraai sodat die slagoffer die verdagte word nie.

Lollie

Wens dit kan meer kere gebeur sodat hulle 2 keer dink voor hulle wil kwaad doen!

Eps

Hoe dit ook as sy, een kaper minder. Hoop net die bestuurder het goeie rede gehad en kan dit bewys. Mens moet omtrent ry met ‘n gelaaide rewolwer of pistool om jouself te beskerm teen die kapers. Tweedens moet mens skiet om dood te skiet as jou lewe gedreig word. Mens moet ook nie skiet as jy ‘n goeie kans het om te veilig te vlug nie. Ek weet nie wat gebeur het nie, maar as die bestuurder duidelike tekens gehad het dat hy geskiet sal word indie hy/sy nie eerste skiet nie, dan behoort hy OK te wees. Anders… Lees meer »