Motoris skiet ‘kaper’ dood

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Motoris het Vrydag ʼn vermeende kaper in Pretoria se middestad doodgeskiet.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het by die kruising van Nana Sita (Skinner)- en Du Toitstraat in Arcadia plaasgevind.

Paramedici van die Tshwane-nooddienste en Netcare 911 het op die voorval gereageer.

“ ʼn Motoris is in spitsverkeer deur die vermeende kaper aangeval, waarna die motoris die verdagte geskiet het,” het Dollman gesê.

Volgens Dollman is die verdagte, vermoedelik 30 jaar oud, in die been geskiet en het baie bloed verloor. “Paramedici het alles in hul vermoë gedoen om die man se lewe te red, maar hy het te veel bloed verloor en is op die toneel dood.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Wern ·

Die skieter gaan nie probleme kry nie, die hele land raak nou moeg vir hierdie slappige strawwe vir misdadigers. Dis tyd om met misdadigers af te reken.

LMF ·

Boeta jy weet sekerlik nie hoe lyk daai strate in spitsverkeer van die straatverkopers nie ek moet daai pad ry elke dag grote genugtig hul loer in jou kar soms 5van hulle en as jou venster gleufie oop is druk hul wragtag hul hande daadeur en ek het al gesien hoe klap hul n vrou deur haar gesig om binne te kom en niemand help nie want dit is te gevaarlik en al die ander storm op jou af so gee die skieter n bells hy verdien dit want vir n week of so gaan hul weer versigtig wees

Zan ·

Hy is in die been geskiet so hy was nie dood geskiet. Kan nie sien hoe kan daar probleme wees. As hy geskiet het om dood te skiet in die eerste plek dan kan daar soos gewoonlik mos weer investigations wees. Nee wat, julle moet maar almal wapens dra.

Johann ·

Cherokee, moet jy alyd ander stilmaak as hulle hulle opinie lug of hulle kwansuis reghelp. Lewer eerder jou eie kommentaar asseblief.

Deon Koegelenberg ·

Nee wat boeta hierdie man se geval is self verdediging ek sou dieselfde gedoen het

Eish ·

Gaan n taaie ondersoek wees. Indien die aanval geloods is aan die bestuurder se kant van die voertuig, en jy is regshandig, hoe skiet jy n vermeende kaper in die been? Tensy jy deur die voertuig se deur skiet ten einde die kaper te verhoed om jou vuurwapen op te merk. Steeds moeilik vir n regshadige persoon.

Johan ·

Heel moontlik. Die vermeende kaper het dak die voertuig se deur oopgeruk en die bestuurder was reg met sy wapen en het na die bene gemik. Terwyl jy sit en die ander persoon staan kan dit baie moontlik gebeur.

GERT KRUGER ·

Eish kom hijack my en ek wys jou, steek net my arm uit en druk pistool teen jou been en trek die sneller

Moegepraat ·

Blykbaar bly Maroela of n tegniese probleem my kommentaar verwyder.

Dis omtrent tyd dat Jan Alleman homself weerbaar maak en beskerm in hierdie land van ‘ons’

Hopelik gaan die South African Protector of Skelms nie weer die saak omdraai sodat die slagoffer die verdagte word nie.

Lollie ·

Wens dit kan meer kere gebeur sodat hulle 2 keer dink voor hulle wil kwaad doen!

Eps ·

Hoe dit ook as sy, een kaper minder. Hoop net die bestuurder het goeie rede gehad en kan dit bewys. Mens moet omtrent ry met ‘n gelaaide rewolwer of pistool om jouself te beskerm teen die kapers. Tweedens moet mens skiet om dood te skiet as jou lewe gedreig word. Mens moet ook nie skiet as jy ‘n goeie kans het om te veilig te vlug nie. Ek weet nie wat gebeur het nie, maar as die bestuurder duidelike tekens gehad het dat hy geskiet sal word indie hy/sy nie eerste skiet nie, dan behoort hy OK te wees. Anders wil ek nie in sy skoene3 wees nie, want in die land word jy vervolg afhangende van die kleur van jou vel.

rip van winkel ·

Miskien moet dit meermale gebeur Hulle kan ons nie almal in die tronk sit nie

stella ·

EK sou ook vir sy been mik om at lewe te spaar. EK bemark n gunsure polis en wens mense wat gewere ronddra wil besef die belangrikheid daar van. Eknis ook Desember gekaap. By Bergbid vroeg een oggend. Skroewedraaiers is teen my nek gedruk maar voor EK berg toe is, het em Jesus gevra dar Sy Engele my sal beskerm. Hul het. My goed is gevat. My lewe is gespaar.

Goeie nuus ·

Ons almal moet maar die wapen saam dra ter beskerming vir onsself,ons het mos lisensie. Daai kaper het glad nie die intensie gehad om saam te ry nie,hyt verseker nie binne die reg opgetree nie! Sterkte

J ·

Ons onskuldiges word tot op 99.9 getoets..asb O Vader beskerm en verlos ons van die bose.

Johan ·

Ek is self in een jaar 4 x keer in die stad aangeval en beroof (in Potgieter str gewerk). Die laaste keer moes ek veg vir my lewe! Daardie selfde dag (na die laaste aanval), sleg ‘n blok verder en nog in skok, het ons hopeloos toegekyk hoe ‘n jong man langs my in spits verkeer deur twee andermans beroof word! Daar sal dringend meer gedoen moet word om die misdaad in die middestad te stop, dit ruk hand uit! Ek het die twee laaste aanvalle nie eers meer by die polisie aangemeld nie, ek dink daar is nog baie ander gevalle soos ek! Die probleem is groter as wat ons dink!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.