Motoris skiet kaper dood

geweer4-320x1791ʼn Motoris het Vrydagoggend ʼn kaper in Montrose in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 10:00 Vrydagoggend buite ʼn huis in Nedenweg plaasgevind. Naicker sê die motoris, ʼn 58-jarige man, het glo tuis gekom en uit sy motor geklim toe hy deur twee gewapende mans oorval is. Naicker sê een van die mans het ʼn vuurwapen op die motoris gerig, hom aan sy arm gegryp en sy motorsleutels geëis. Naicker sê die motoris het ook ‘n vuurwapen uitgeruk en op die gewapende mans losgebrand. Een van die kapers is in die bors getref en is op die toneel dood. Sy medepligtige het in ʼn wit Nissan-bakkie gevlug. Die polisie het op ʼn 9mm-pistool, twee selfone en ʼn groot bedrag kontant beslag gelê. Naicker sê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen. Die polisie ondersoek ook ʼn saak van poging tot kaping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

wragtig ·

Daai man moet tot ridder geslaan word vir dapperheid. Net jammer sy makker het weggekom. Goed gedoen.

Jasper ·

As dit met 7 uit elke 10 kapers, en plaasmoordenaars kan gebeur sal daar vining n “mind change” in hierdie land kom.

Maggie ·

Stem saam Jasper, mog alle bogenoemde kriminele tragies en baie pynlik omkom.

Vas Vat ·

Briljant !!!! Ons word nie beskerm nie, so paraatheid is aan die orde van die dag. Hoop nie die man word aangekla nie, die gemors het mos meer reg as n eerlike lansburger.

Suidwester ·

YIPEE and another one bites the dust. Meer mense moet so paraat wees. Goed gedoen meneer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.