Motoris skiet tienderjarige ‘grypdief’ dood

Die kruising waar die voorval plaasgevind het. Foto: Google Maps

Die kruising waar die voorval plaasgevind het. Foto: Google Maps

ʼn Vermeende grypdief is Maandag in Bishop Lavis naby Kaapstad doodgeskiet toe hy glo ʼn motor se venster by ʼn kruising gebreek het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 15:00 op die hoek van Jakes Gerwel- en Bluegum-straat gebeur. Die 16-jarige grypdief het glo ʼn motoris se venster gebreek en iets uit die motor probeer gryp voordat sy hom geskiet het.

Van Wyk het gesê ʼn saak van moord en roof word ondersoek. Hy het egter bevestig dat daar in hierdie stadium nie enige aanklagte teen die motoris aanhangig gemaak is nie en dat die polisie nog besig is met hul ondersoek.

Van Wyk wou nie mediaberigte dat die vrou self ná die voorval na ʼn polisiestasie gery en die saak aangemeld het of dat sy traumaberading moes ontvang, bevestig nie. “Hierdie is al inligting wat ons in hierdie stadium bereid is om bekend te maak,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

ora ·

Laat dit ‘n dure les vir die volgende grypdief wees. Hoe anders verdedig mens jou teen gevaarsituasies wat deesdae in moord ontaard het? Mens weet die meer wanneer dit net roof is en/of jou lewe in gevaarlik is nie.

Charlotte ·

Mooi so!!! You GO GIRL !!! Mens WERK mos vir wat jy wil he in hierdie lewe…..jy loop nie net en VAT wat jy wil he nie!!

Riaan ·

Ek is bevrees jy mag dalk dink dit is ‘n goeie ding, maar hierdie “dame” mag dalk nou baie baie lank in die tronk gaan sit vir moord. Die wet se duidelik, die reg op lewe is meer/groter as die reg op eindom. Mens kan nie iemand dood omdat hy jou eindom wil vat of beskadig nie. As die aanvaller haar direk gedryk get, selfs met ‘n stok, is dit dalk ‘n ander saak. Sal maar moet wag en kyk.

GC ·

Riaan, ek het gehoor hy het n mes gehad. Ek hoop ten hemele vir haar part so!

Hannes. ·

Sy moes seker eers gevra het:” Is jy n grypdief of n kaper?”

Carlos Caldeira ·

sy het nie die kaper geskiet omdat hy dalk haar selfoon of iets wou steel nie sy het hom geskiet omdat hy haar lewe bedreig het. Hy moes haar venster met n skerp voorwerp uitgeslaan het en na die ruit gebreek het was sy intensie om haar met daai voorwerp te steek. Net solank sy hom nie in sy rug geskiet het nie sal sy wegkom.

EMK ·

Jip ek weet dis hoe dit moet wees: “vermeende” grypdief, dus kan mens seker ook praat van “vermeende” skieter?

Pendoring ·

Ek stem. Geld ook vir die gebruik van die woordjie “glo”. Klink altyd vir my soos die oorvertel van ‘n skinderstorie.

Mira ·

En nou gaan Jan van Riebeeck, apartheid enrassisme die skuld kry dat die “arme minderbevooregte” kind (met die klem op kind) dood geskiet is. Want ag shame, hy het mos nou nie geweet mens steel nie. En dan vergeet ons sommer maar van die skade aan die voertuig en die trauma wat die vrou deur gegaan het. Die Bybel leer my ek mag nie haat nie, maar wraggies dit begin deesdae al hoe moeiliker gaan om daai gebod te gehoorsaam.

Riaan ·

So as ek jou reg verstaan reken jy dit is regverdig om iemand se lewe te neem as hy een van jou besittings wil neem?

Eli ·

Die berig is al van maandag af op news 24
Waar bevestig is die vrou het self polisiestasie toe gegaan en sys tans steeds onder trauma behandeling.tot die grypdief se ouma het al komentaar gegee.
Hoe word dit nou eers op Maroela geplaas?
Wonder maar net.

pop ·

Mooi so vrou!!! Kinders van 16 lyk lankal nie meer na 16 nie. En as jy wil krimineel wees moet jy weet wat die gevolge dalk kan wees.

Ansie ·

YOU GO GIRL moes ook al daar gery het dit is soos om ‘n ‘n oorlog sone te gaan daar!!!!

DPJ ·

Die mens gaan nou weet geweld gaan word geweld beantwoord. Dalk sal die hulle 2 X laat dink.

Sarie ·

Hier in BBG is dit erg!!! Veral in die omgewing van Malls ens…. Ek hààt dit om te gaan inkopies doen..

Illa ·

So jammer vir die dame wat in ‘n situasie geplaas is waar sy verplig gevoel het om die sneller te trek. Ek sal goed glo sy het trauma behandeling nodig gehad daarna – geballanseerde mense is nie gerat om lewens te neem nie. Ek hoop van regte dat daar nie stappe teen haar geneem sal word nie, want sy kon onmoontlik nie in die splitsekonde wat sy gehad het om te reageer besluit of dit net ‘n grypdief of ‘n moontlike kaping is nie.
Ai, baie sterkte. Nog ‘n slagoffer van geweld. Dis miskien ‘n meer positiewe einde, maar nie ‘n maklike pad na herstel van die emosionele letsels nie.

Piet Pompies ·

Volgens ander berigte maak die Ouma die bewering dat haar kleinkind se oortreding dit nie regverdig om dood geskiet te word en in diesefde berig word melding gemaak van ‘n mes wat by die liggaam gevind is. Volgens wet mag jy nie ‘n lewe neem om eiendom te beskerm, maar jy mag ‘n lewe neem om ‘n lewe te beskerm. So as die mes aan die rower behoort en dit kan bewys word dat dit in die aanval gebruik is, is die wet aan die vrou se kant.

riaan ·

100% As daar ‘n aanval op haar was, of op iemand waarin sy ‘n direkte belang het, sou sy beslis geregtig gewees het om haar eie lewe te beskerm.

As dit egter net diefstal was, dan is ek bevrees is hierdie dame dalk in groot moeilikheid. Dit wil voorkom of sy self die saak by die polisie gaan aanmeld het, iets wat in haar guns behoort te tel. Ek dink hierdie is ‘n hartseer storie. ‘n Kind veloor sy lewe, en ‘n vrou moet vir die res van haar lewe hiermee saam lewe.

elna ·

Krimineel is n krimineel. As hy gevang sou word. Kom hy net die volgende dag uit om weer te roof en moor.

Karma ·

Ag, jinne tog, hoe slaan die SAPD by monde van Kapt. van Wyk nie nou hul naam met ‘n plank nie! IOL het GISTER al berig dat sake van MOORD en ROOF aanhangig gemaak is. Die vrou het trauma behandeling ontvang, nadat sy self na die stasie toe gery het, saam met ‘n ander voertuig wat haar vergesel het, is berig.

Nou sê my, Kapt. van Wyk, as daar nie enige klagte aanhangig gemaak is teen motoris gemaak is nie, het julle ‘n saak van MOORD en ROOF teen die tiener, wat doodgeskiet is, gemaak?

tamboti ·

Dis oorlog tussen drie partye; die skelms en die reg (mensereg) teen die gewone publiek.
Ons gewone mense word afgemaai teen amper die hoogste tempo in die wereld – waar is JOU simpatie en aan wie se kant is JY???????

Elinette ·

Tamboti, haal diep asem en raak kalm! Ek het die weersprekings in Kapt. van Wyk se verskillende kommentare aan IOL en MM uitgelig. In die IOL-een word daar gesê (gister) dat daar ‘n klagte van moord en roof ondersoek word, dat die vrou trauma-berading ondergaan het en haarself gaan oorgee het. In MM se berig word daar gesê dat daar geen klagte teen die vrou aanhangig gemaak is nie, maar ‘n klag van moord en roof word ondersoek. Daarom het ek gevra of hulle dan nou die oorledene vir sy eie moord ondersoek?

My simpatie lê beslis waar dit moet: by albei persone in die berigte – by die vrou, omdat sy in noodweer opgetree het en dit ‘n ander persoon se lewe gekos het en by die kind (sy ouers, grootouers en sibbe/ander familielede, wat sekerlik rou). Hierdie vrou gaan vir die res van haar lewe daarmee moet saamleef dat sy iemand “vermoor” het, selfs al word sy nie vervolg nie (wat nie reg sou wees, volgens my nie).

Al wat ek verder kan sê is: “Cry (for) my beloved Country” … :-(((

Annie ·

Stem saam met Ben – dit verdien meer as net een whisky en YOU GO GIRL !!!!!!!!!!!!!!!!!!!

ouma ·

Ouma sy moet eerlik wees dinge WAARHEID kom uit die kleinkinders oud 16 of skool of werk. Nie grypdief op straat!!! ANÇ .,onderwys se SKULD!!!

Ben ·

Pragtig gedaan dame! Ek sou dieselfde doen, maar sal moet mooi dink of ek myself sal gaan “oorgee”

Suzette ·

@Riaan: Genade watter era leef jy. Ek gaan beslis nie as my venster stukkend geslaan word die die person nooi om in te klim nie. Twee van hulle het 3 weke terug my seun se motor probeer afneem. Een sy venster stukkend geslaan die deur oopgesluit en sleutels probeer afneem. Terwyl my seun hom afbaklei het, het ‘n ander een langs hom probeer om ratkas by te kom halfpad in die motor. Gelukkig het hy kop gehou en begin wegjaag. In die proses het die skoot afgegaan en hy is in die been gewond. Weet jy hoe traumaties is dit vir sy vrou met twee jong kinders by die huis en vir ons as ouers wat die oproep kry “Pa kom help my ek is geskiet” Die ambulans personeel het hom voor sy huis uit sy motor gehaal hy het tot daar gery. ‘n Hoërhand was ons baie genadig. Ek kan jou eending egter se as hy daai oggend sy wapen by hom gehad het, het ons twee lyke en nie net die idioot wat hy saamgesleep het se bloed en velle langs die teerpad gekry nie. Jy mag nie moor nie MAAR dieselfde gebooie se ook Jy mag nie steel nie . Ek hoop werklik die gereg sal seevier vir hierdie dame.. gee haar ‘n medalje. Nes my seun hoe kon sy weet wat is die vensterslaner bedoelings. Hier Riaan het jy glad nie gedink nie.

Susan ·

Daar het n mes langs hom gele, om wat mee te maak? Ek is een wat met n mes by gekom was, die letsel bly, geen roompies vat dit weg nie. En hoe moes sy weet daar is nie nog maatjies daar naby wat wag met messe en wat nog nie. Hoe moet jy jou dan beskerm?

JJ ·

Ek is dankbaar daar is so min verkrampte mense soos riaan in die land. Was jy daar….

Isabel ·

Ek en my dogter was in twee sulke gevalle in ‘n kwessie van twee weke. Die eerste geval
skat ek die persoon omtrent so 13 jaar oud. Het ook met ‘n skerp voorwerp die venster prober uitslaan. Gelukkig het die venster nie dadelik gebreek nie, maar toe ek wegtrek het dit in duisende stukkies gebars.

Die tweede geval was baie erg. Die venster het dadelik gebreeek. Hy was halflyf in die motor. Het my dogter in haar gesig geslaan en gespoeg en my aan die kant van my hand met iets gesteek. Ons het so groot geskik en het net begin slaan. Moet se, hy het nie so goed daarvan afgekom nie. Ons het later die aand sy een vingernael in die kar opgetel.

Dit is baie traumaties. My dogter moes vir ‘n maand lank anti viral medikasie gebruik. Die goed maak jou ongelooflik siek. Sy is nou op nier en lewer medikasie vir 4 maande. Die medikasie wat sy gebruik het veroorsaak lewer en nier skade. Wens ek het ‘n skietding by my gehad. Om te sien hoe jou kind aangeval word en die angs wat hulle moet beleef, of om te sien dat hulle honger is maar kan nie eet nie as gevolg van die medikasie wat sy gebruik het.
Ek het my self voorgeneem as dit weer gebeur sal ek hom doodslaan. Hy sal nie weer sy hande vir my of my kind lig nie.

Bertie ·

Die mense wat nog nie daardeur is nie, moet maar liewer stilbly, dis ‘n helse ervaring. Vergeet van die skurk, hy het maar net gekry waarvoor hy gesoek het, alle sterkte aan die vrou.

Tammy ·

Ons is gatvol vir misdaad. Die mense wat hierdie jong krimineel verdedig het seker nognie die slag van misdaad gevoel nie. Suzette ek stem saam met jou en met die dame wat hierdie trauma en skade moes ervaar en dit deur n gemors wat nie verdien om tussen beskaafde mense te wees nie. Sies vir die “seun”

Elinette ·

Tyd dat almal “smash-proof mesh” op hul sy vensters aanbring. Net ‘n “dom” vraag – is daar waarheid daarin dat as jy jou venster op ‘n piepklein skrefie ooplaat, dit die kans verminder dat die venster sal inspat as daar ge-“smash & grab” word?

Goeie raad is om niks wat ooglopend waardevol is in jou motor, op die sitplek te laat nie – geen selfoon, skootrekenaar, handsak, inkopiesakkie ens. My selfoon lê in my kar se klein”cubby-hole” toegemaak en ek opereer dit via my motor se stuurwiel. My handsak staan weggesteek op die vloer en enige inkopies is agter in die motor se kattebak. En vir self-verdediging, hou ‘n bottle lyfsproei of pepersproei/”stun-gun” byderhand, los maar eerder die gelaaide vuurwapen – dit kan jou in groter moeilikheid laat beland as wat jy kan bekostig.

Magda ·

Om so iets the beleef met ‘n mes jou keel en nog swanger is nie ‘n grap nie. Hulle word nooit gevang nie.
Ek is na dit vreeslik op my hoede.
Ek stem saam as jy nog nie deur so iets was nie bly maar stil.

Oom Boer ·

@Riaan, as jy maar net besef in watter daaglikse geweldadigheid en treitering die mensdom deesdae in vasgevang word. kan mens nie die vrou se optrede veroordeel nie. Hy mag dalk ‘n 16jarige (minderjarige) wees met het alreeds van vroeg sy misdadige neigings geopenbaar wat moontlik met tyd sou eskuleer. Die vrou het nie gevra kom breek my venster en plaas my lewe in gevaar nie. Ons mag dalk nou net bespiegel, maar wat was sy werklike intensies?

1) Wou hy haar net beroof?
2) Dalk sou hy haar voertuig gekaap het of:
3) Dalk sou hy haar aangehou het, gekaap en beroof het en dalk verder met verkragting en moord voort gegaan het.

Hierdie is dalk ook ‘n Ma met kinders en om haar met misdaad te treiter is ook nie geregverdig nie. Sy het ‘n split sekonde van optrede, en het nie tyd om vrae te vra en te bepaal in watter gevaar haar lewe werklik is nie, maar dit is ek of hierdie misdadiger.
Mevrou ek weet wat u deurmaak en het dit 2 weke terug beleef oppad om my kleinkinders by skool te gaan afhaal. Dit is erg en nie maklik om dit te verwerk wat gebeur nie. Ek is geneig om saam vele mense wat hierbo kommentaar gelewer het te stem dat hy verdien wat hom toekom as jy misdaad as jou loopbaan kies.

Suzette ·

@Oom Boer: As jy in Rustenburg woon weet ek van jou geval. Sterkte, hoop jy kan die trauma verwerk. Misdaad in Rustenburg is geen grap nie. Vriendin van ons met haar 2 kids nou die oggend genader deur bedelaar. Sy het by KFC betaalvenster gestaan. Toe sy hom ignoreer toe slaan hy vir haar in haar gesig met halwe baksteen of iets en laat spaander. Vrou alleen ry jy nie hier rond nie.

Soekie ·

Iemand het die hedendaagse mode om vir misdadigers jammer te wees “misplaaste humanisme” genoem. Die “kinders” voer ‘n skrikbewind in die armer buurte en dis hoog tyd dat mense hulself begin beskerm. My simpatie is enkel en alleen by die vrou wat haarself verdedig het. As die klein verpesting hoegenaamd ‘n wapen by hom gehad het, kan ek nie sien hoe sy aan enige misdaad skuldig bevind kan word nie.

Leon ·

Ek is nog tydens die “apartheidsjare” so gekaap en deur genade is die skoot wat afgevuur was, bokant my knieg deur en wonderbaarlik ALLES gemis wat saak maak!
Twee sentimeter laer, en dan het ek my been by die knieg verloor!!!
Gaan eers deur so ‘n ervaring en dan praat ons weer (Riaan)!!

Swanna ·

Stem Leon. Dit is maklik om so ‘n persoon te verdedig omdat hy ‘n “kind” is maar as jy nog nie deur so ‘n ding gegaan het nie en ondervind het nie sal ek se liewers bly stil. Dit is dalk nie sy eerste keer nie en al gewoond geraak aan sy dade en hierdie keer sy “G” gesien. Jammer vir die vrou wat dit oorgekom het, Ek wens haar alle sterkte toe. Dit is nie lekker nie maar dit moet gedoen word en feit dat sy self na die polisie toegaan hetse baie van haar as persoon.

Elize C ·

@ Elinette : Om jou vraag te antwoord, ek het al verskeie kere uit verskillende bronne gehoor dat dit wel help dat ‘n deur-ruit nie so maklik heeltemal uit-breek as dit met geweld geslaan word, wanneer dit effens op ‘n skrefie oop is nie, so ongeveer 2 – 3 cm. (Nooit groot genoeg dat iemand sy hand daar deur kan steek nie.) Dit veroorsaak dat die glas kan “meegee” as gevolg van ‘n hou, en nie reg rondom “vasgehou” word inplek sodat die middel nie anders kan as om in te gee nie. Maar ja, as daar ‘n 2de en 3de hou gemik word, gaan dit ook nie help nie, maar die paar sekondes kan jou dalk net genoeg tyd gee om weg te ry, al is dit in die voertuig voor jou in, indien jy op daardie oomblik stilstaan by ‘n verkeerslig of stopstraat. Die skelm sal dadelik laat spaander as hy sien daar is nou ‘n ‘ongeluk’ waar meer mense gaan uitklim of stop, en die polisie by betrek gaan word. Eerder jou versekering laat betaal vir die geringe skade aan jou motor, as wat iets erger met jou gebeur. Manne, moet asseblief tog net nie uit woede en bravade uit jou motor spring en die skelm wil agternasit om jou foon/beursie/ens terug te kry, terwyl jy jou motor met sleutels en al in die middel van die pad los nie….. ja lesers, lag maar, ek het dit al hoeveel keer sien gebeur!

Tania ·

Dis hartseer, jy ry in JOU kar onskuldig. JY word aangeval JY beskerm jouself en dan word jy deur al die trauma gesit (want niemand WIL iemand se lewe neem nie, wel geen ordentlike mensw at ander respekteer nie bygese) en nou sit sy met al die choas en verwyt en skuld omdat IEMAND haar kar betree het. DIS wat my kwaad maak, sy sit nou met al die skuld gevoel maar eintlik het HY alles veroorsaak.

Buurman ·

Hy het gekry waarna hy soek. Kan mos nie verwag dat alles so maklik gaan gebeur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.