Motoris skiet ‘ysterpenboef’ dood

Ysterpenne op paaie. (Foto: Gautengse verkeerspolisie)

Drie vermeende ysterpenboewe het Vrydag hul moses teëgekom toe hulle ’n egpaar – wat ʼn pap motorband in Akasia, Pretoria, vervang het – wou beroof.

Die verdagtes het op die egpaar toegeslaan en begin skiet, maar egter nie verwag dat die man ook ʼn vuurwapen sou uitruk en terugskiet nie. Hy het een van die verdagtes in die proses doodgeskiet.

Volgens lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het die voorval omstreeks 21:00 op die R80-hoofweg by Akasia afgespeel.

Volgens Masondo het die egpaar in die verdagtes se lokval beland – nadat hulle na bewering ysterpenne in die pad geplaas het met die doel om motoriste te beroof. Die egpaar was verplig om stil te hou om hul motor se pap band te vervang.

“Die man was besig om die motor se band om te ruil en die vrou het langs die motor gestaan toe drie gewapende verdagtes glo op hulle begin skiet het,” bevestig Masondo.

“Die man het teruggeskiet en een van die verdagtes in die bolyf raakgeskiet. Die ander twee verdagtes het onmiddellik spore gemaak.”

Volgens Masondo het lede van die blitspatrollie wat in die omgewing gepatrolleer het die skote gehoor en gaan ondersoek instel.

“Met hul aankoms op die toneel het hulle die gewonde verdagte op die grond aangetref. ʼn Replika-vuurwapen is langs hom gevind. Hy is later deur paramedici op die toneel dood verklaar.”

Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur om die oorblywende verdagtes op te spoor.

Masondo het ʼn beroep op motoriste gedoen om die R80-hoofweg in die aand te vermy omdat vermeende ysterpenboewe gewoonlik dan toeslaan.

Voorvalle waar motoriste in soortgelyke moeilikheid beland het, is ook gereeld op die N4-snelweg en die R566 in Gauteng aangemeld. Volgens Masondo het die polisie reeds ysterpenvoorvalle op paaie in Gauteng geïdentifiseer en redelik onder beheer gekry, veral op bogenoemde paaie.

ʼn Paar voorvalle is ook in Augustus op die N1-snelweg tussen Polokwane en die Kranskop-tolplaza buitekant Modimolle en die R101 in Limpopo aangemeld. Vier verdagtes het Vrydag in die landdroshof in Mokopane rakende hierdie voorvalle verskyn.

“As motoriste vermoed hulle het ʼn pap motorband, moet hulle die polisie onmiddellik in kennis stel deur die polisie se noodnommer by 10111 te skakel. Motoriste moet ook hul onmiddellike omgewing dophou en waaksaam bly, veral in die aande. Ons moedig motoriste aan om, indien moontlik, eerder na die naaste vulstasie of polisiestasie te ry wanneer hulle ʼn pap band kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Pieter ·

Die polisie moer eerder hulle werk begin doen , en die wetsgehoorsame burgers beskerm. Goed geoden ou maat, jammer jy kon nie almal van hulle bokveld toe stuur nie.

Ian ·

Oefen meer met jou vuurwapen. Enigste manier om n boodskap te stuur is wanneer hulle met dieselfde gemoed gegroet word. Jou lewe is niks vir hom nie sy lewe is ook niks. Skiet of jy word beroof en heelmoontlik geskiet.

Belinda ·

mooi man! enigste ding is nou gaan die man in die hof moet staan en please & explain.
die hof sien dit mos nie as verdediger teen misdadiger nie.

Jean ·

Korrek, dit is hoe wette werk, daar is ‘n klag van moord, wat dan sal uit gegooi word want dit was self verdediging.
Ek verstaan nie hoe mense dink dit moet net “skiet en verby” wees nie.
Dis nie hoe die grootmens wêreld werk nie.
Mense moet bietjie minder tv stories kyk en dink dit is hoe dit werk.

Werner ·

Van watter wette praat jy Jean.Net die wat op sekere dele vd bevolking van toepassing is

Anoniem ·

Jy is reg Jean, dis hoe die wet werk. Die afduimers is oningelig.

ES ·

Dit gaan af hang of die staatsaanklaer besluit om te vervolg. As die staatsaanklaer dan wel besluit om tog ter vervolg, kan die motoris “noodsaak” as verdediging gebruik. Nie almal gaan tronk toe vir moord as hulle hulself met vuurwapens beskerm nie.

Daar is ‘n paar mense wat ons in die nuus van lees, maar in werklikheid is dit in die minderheid. Daar is honderde mense wat hul lewens met vuurwapens beskerm wat glad nie vervolg word nie.

marius ·

Motoriste moet snelwee en roetes vermy omrede die polisie te SLEG is om hul werk te doen ?

Jana ·

Presies! As hulle weet waar die meeste gevalle is hoekom word ons gewaarsku om nie die pad te ry nie maar daar word niks aan gedoen nie? Lei hierdie rowers en moordenaars in hulle eie lokvalle en trek hulle vas!

Belinda ·

lees die laaste paragraaf weer…bel 10111… hahaha dan word jy op hold gesit en dan slaan die boewe nogsteeds toe op jou terwyl jy ure moet wag vir die polisie… nee wat.

absoluut ·

10111 is net n indikasie van hoeveel minute jy gaan wag voor iemand dalk gaan antwoord, daai nommer is n klug en as hy beantwoord word is dit deur iemand onbevoeg

Lourens CFG ·

Net so, moes op ‘n keer dit bel, toe kry ek “How do you spel ur name? How do you spel xyz.str? Where is xyz.str in Bellville?”
Intussen was diewe besig om in te breek. Ek het dood gedruk en ADT gebel. 2 min, toe was hulle daar.

Werner ·

Pragtig.Dit is al hoe dit sal einde kry ons moet dit self doen.Vergeet maar vd polisie. Natal het ons mos mooi geleer.

Herms ·

Skakel die polisie onmiddelik op die noodnommer 10111. LOL, sodat hulle volgende jaar kan opdaag…..

fs ·

hoekom moet my lewe ingeperk word deur kriminele – sit die weermag op daai pad waar die hotspots is.. goed gedaan Meneer! een krimineel minder

Dries ·

Die polisie is bewus van die roetes en tye – kan hulle dan nie patroleer of lokvalle stel nie?

Baardman ·

Dis 2021, nie meer die 80’s nie. Hulle is onbekwaam om wet en orde te handhaaf of pro- aktief op te tree.

Gert ·

Dis al manier om van die boewe ontslae te raak. Hy het sy foutjie gemaak en die prys betaal. Hoop maar net die man se saak word gou afgehandel sodat hy homself en sy mense weer kan beskerm.

ES ·

Knap gedaan! Baie bly julle is veilig en dat hulle nog ‘n statistiek van julle gemaak het nie!

ES ·

Nie noodwendig nie, ‘n moorddosier word oopgemaak en die staatsaanklaer sal besluit of hy/sy sal vervolg. Meeste van die tyd vervolg hulle nie as mens uit noodweer geskiet het nie.

Heinrich ·

Dankie meneer, ek salueer jou. Jy het die polisie se werk gedoen en die land ‘n beter plek gemaak.

Anna-Marie ·

“Bel 10111”, wat n GRAP… jy hoop maar iemand antwoord …

Genis ·

Wat n meervallertjie… toe verwissel ond die ewige met hede…

Casper ·

Selfverdediging is nie moord nie Belinda.Welgedaan meneer.Hulle sal tweekeer dink voor hulle dit weer doen.Waar is slapgat Cele nou met sy vinnige ondersoek vir moord.

Anthony ·

Good job, sorry jy het die ander gemis…volgende keer korrel mooi

Christo ·

As die tannie van “Gun free South Africa” haar sin gekry het was die motoris dood en nie die boef nie. Is dit wat sy wil hê?

Blomme ·

Beteken dit dat die boewe nou ń aandklokreël implimenteer het? So niemand moet nou meer in die aand iewers heen ry nie.. Ironie is niemand is dan ook nie meer in hul huis veilig nie. Die boewe breek in en roof en moor soos hul goed dink. Wat het in die land verkeerd gegaan?

TO ·

Lafhartige goed, good for u mnr. Net jammer jy kon nie al 3 kry

Cherokee ·

MM noem hulle ‘vermeende ysterpenboewe’.
Hulle het seker gemene ysterpenboewe bedoel.

Mathys ·

Bietjie goeie nuus in ‘n see vol negativiteit, altyd odkter so en so, op ‘n staproete, of onskuldige klein mensies wat siek word of vir ander redes tot sterwe kom, altyd hartseer, maar hierdie ou se dood is ‘n daadwerklikke bonus vir ons nasie, ons kan dit vier met shampanje!

Buck ·

Baie mooi gedoen. Groet hulle altyd met dieselfde attensie as wat hulle jou benader. Hulle moet maar verstaan, moeilikheid kan van twee kante af kom

Maritza ·

Hulle moet 10111 skakel? LOL teen die tyd wat die polisie reageer is die skelms lankal weg teen die spoed wat die polisie reageer. Gee eerder ons wapens terug sodat ons, ons kan verdedig. Wel gedaan aan die man wat een van hulle uitgehaal het.

Karina ·

Ek hoop nou net dat die polisie die man nie gaan aankla van moord nie. Dit is mos wat hulle graag doen, verdedig jouself, dan is jy in die moeilikheid. Ek is net bly hulle het ongedeerd weggekom van die boewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.