Motoris sterf in bloulig-botsing

blouligDie onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is gevra om ondersoek in te stel na ‘n motoris gesterf het in ‘n botsing met ‘n burgemeester se lyfwagte.

Yusuf Bhamjee, burgemeester van die Umgungundlovu-distrik in Kwazulu-Natal, se lyfwagte het glo teen Andile Samuel Phungula se motor gebots op die N3 naby Hillcrest. Phungula is in die ongeluk dood. Die IVP in KwaZulu-Natal het die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) versoek om die ongeluk te ondersoek.

“Die vergadering waarna die burgemeester gehaas het is nie ‘n verskoning vir Phungula se dood nie,” het Blessed Gwala, die IVP se leier in KwaZulu-Natal, gesê. Sizwe Mchunu, leier van die DA in die provinsie, sê Bhamjee se lyfwagte moet geskors word.

“Bhamjee se lyfwagte is besig om gewoonte oortreders te word op hierdie stuk pad en moet onmiddellik geskors word hangende die uitslag van ‘n ondersoek na hierdie tragiese voorval,” het hy gesê.

Bhamjee se lyfwagte, Thulasizwe Mbajnwa en Sthembiso Mokoena, is verlede van poging tot moord aangekla nadat hulle glo op ‘n motoris geskiet het op die N3. The Daily News berig dat een van die twee lyfwagte die motor bestuur het wat teen Phungula gebots het.

Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie het ‘n saak van strafbare manslag geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

david ras ·

Jammer om altyd na die verlede te verwys—-Onder die vorige “onderdrukkende bedeling” het geen burgemeester lyfwagte nodig gehad nie, allermins met bloulig vervoer. Ek het in die sewentigs saam met twee burgemeesters gewerk, een nogal die Burgemeester van die grootste stad in SA, Johannesburg.
Ja, elkeen het ‘n joppie gehad soos enige ander mens–die Burgemeester amp was net politieke status wat so nou en dan gebruik was. Geen private motor, net die amptelike stadsvoertuig wat net vir amptelike geleenthede uit sy stoorplek gehaal is. Wat kos hierdie kerel die belastingbetalers nogal?

Ada Spottiswoode ·

Snaaks hoe niemand gearresteer word nie!! Die saak word altyd ondersoek! Wanneer gaan wet en orde weer oorhand vier in Suid Afrika? Hoeveel onskuldige mense gaan nog moet sterf voor hierdie mense gaan besef hulle is nie verhewe bo die wet nie!!!

Theresa ·

Ek stem Ada. Alles word altyd “ondersoek”, maar daar kom niks van nie. Alles word toegesmeer en hulle doen elke dag net wat hulle wil. Dit geld nie net op die paaie nie. Dis orals. Hulle kan sê vir ander wat hulle wil, maar waag jy nou ‘n woord rep. Dan haal hulle mos altyd die woord rasisme uit. Hulle het nou al ‘n mentaliteit van ons sal want ons kan.
Die “wet” is net op sekeres van toepassing en daai sekeres is beslis nie hulle nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.