Motoris sterf langs Sasolburg-pad

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man in sy 70’s het Maandag in sy bakkie op die R59 naby Sasolburg gesterf ondanks omstanders se pogings om hom weer by te bring.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 09:30 na die toneel ontbied. Ander motoriste het die klein bakkie teen ʼn stadige spoed oor die middellyn sien swenk waarna dit die versperring oorkant die pad getref het.

Ooggetuies het uit hul motors gespring en die bestuurder van die bakkie probeer help. Met paramedici se aankoms het hulle oorgeneem en ʼn halfuur lank gespook om die man by te bring. “Hy het ongelukkig geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Meiring het nie uitgebrei oor die moontlike oorsaak van die man se dood nie. Die polisie was op die toneel en sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gesiggie ·

Ag sjaim hy het dalk n hartaanval of beroerte gekry..Ek weet daar is nog steeds baie ou mense wat bestuur, ouderdom 70 en meer, maar ek dink dat dit so gevaarlik is vir n ou mens om eintlik nog te wil bestuur op daai ouderdom, ek weet daar is nog wat jonk van gees is, en hul ouderdom baie goed dra, Maar die gevaar op die pad dalk vir hul te erg”Jammer aan die man se Familie…

Marie ·

Gesiggie dit is nie net ou mense wat hartaanvalle en beroerte kry nie!!

TREVOR ·

Gesiggie nie net ou mense nie. my vriendin ouderdom 40 hartaanval gehad toe die ongeluk gebeur.

tienkie ·

Gesiggie ek ken iemand wat nog stockars ry wat in sy 70 is!!

Rupert Ashford ·

Gesiggie jy kan nie voor die voet almal op sekere ouderdom oor dieselfde kam skeer nie (span ek darem nou die idiome en goeters in). Ons gaan miskien nog almal hoe ouderdom haal en as mens nog goed funksioneer is daar niks mee fout om nog voluit te leef nie. Daardie besluite moet deur elke individu geneem met sy/haar eie omstandighede in ag geneem.

Alki ·

My Pa is 88 en hy bestuur nog, hy bly buite die dorp op ‘n plaas, en gaan nog 2 ker ‘n week in dorp toe, maar ons wil nie meer he dat hy bestuur nie

Varkie ·

Ai tog kalmeer mense ! Gesiggie seker maar net bedoel volgens statistiek kry die meeste mense op n ouerige ouderdom hartaanvalle…

Jan ·

Baie jong mense kan nie of wil nie hulle ouers help om by plekke soos die dorp uit te kom nie. So word baie van die ou mensies gedwing om nog te bestuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.