Motoris sterf ná hy by ongelukstoneel stilhou

Argieffoto (Foto: PublicDomainPictures/Pixabay)

ʼn Motoris wat Sondag vroegoggend by ʼn ongelukstoneel op die R55 tussen Emalahleni en Middelburg stilgehou het, het tragies sy lewe verloor toe ʼn motor hom raakgery het.

Afgesien van dié man is twee mense op die toneel dood verklaar nadat ʼn vragmotor en ʼn motor omstreeks 01:00 reg van voor gebots het.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, is die twee oorledenes ʼn man wat die motor bestuur het en ʼn vrouepassasier in dié voertuig. Hulle is op slag dood.

“ʼn Derde oorledene was ʼn motoris wat by die toneel stilgehou het. Hy is met sy aankoms dáár deur ʼn ander voertuig getref. Daar word vermoed dat hy stilgehou het om te help.”

ʼn Manspassasier van die motor het ernstige beserings opgedoen en is na die Middelburg- provinsiale hospitaal gejaag vir verdere mediese behandeling.

Die bestuurder van die vragmotor het ongedeerd van die voorval afgekom.

“Die omstandighede rakende die ongeluk word ondersoek.”

Dit is die tweede gru-ongeluk wat die afgelope naweek op die paaie in Mpumalanga aangemeld is. Vier mense is dood toe ʼn Volkswagen Polo en ʼn Toyota-bakkie Vrydagaand op die N2 tussen Piet Retief (Mkhondo) en Ermelo reg van voor gebots het.

Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het hierdie ongelukke betreur. Hy het motoriste versoek om die reëls te gehoorsaam en versigtig te ry om sulke dodelike ongelukke te voorkom.

“Ons moet almal ons rol in padveiligheid vervul deur die reëls te gehoorsaam. Dit sluit in dat ons nie ander motors verbysteek as dit nie veilig is nie, asook om nie te vinnig te ry nie,” sê Shongwe.

Shongwe maan ook lede van die publiek om die Covid-19-regulasies na te kom en nie ná die aandkloktyd op die pad te wees nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Alex ·

My inge simpatie met die familie van die oorledenis. Ek het bet n vraag, daar is n lockdown tussen 22h00 en 4h00, waar kom die voertuie en rondry vandaan? Ek hoor ook in die aande hoe voertuie jag op die N1 wat verby ons gaan. Dit is n oop kaart vir mense om te jaag en waar is die owerhde nou? Seker wat hier gebeur het.

Buck ·

Presies my vraag ook. Bewys dat die regering nie hul eie reels kan toepas nie

koos10 ·

Daar is net ‘n sekere groep mense wat die reëls nakom want dit is van kleins af geleer.

SomeOne ·

simpatie met oorledenis se familie en vriende

GROOT VRAAG: waar kan gekla word oor mense wat onverskillig bestuur en reëls verbreek,
gaan dit help ?

Cherokee ·

Nie noodwendig vragmotors se skuld. Mense onderskat dalk die spoed van die lorries, en hulle ry! Om ‘n passasiesrsbus op die N3 verby te gaan, moes ek 140 ry.

marius ·

Nee meneer shongwe . Jou wets toepassers moet hul werk doen !

Naomi ·

Ja-nee, ek kan nie die somtotaal van curfew tyd kry nie. Net noodsaaklike diensleweraars kan daai tyd ry. Nie eens eienaars van restaurante nie.

Samuel ·

Van watter aandklokreël word hier gepraat en so ja, op wie is dit van toepassing??

DIABLO ·

Ek sien elke oggend en aand oppad werk toe en terug huis toe, hoe soliede lyne, rooi robotte en spoedgrens bordjies net daar is vir mooi lyk. Die beste van alles, hulle jaag soos maniakke en tog stop ons maar saam by n besige robot. So waar het die mense nou tyd gewen? Curfew is duidelik vir “bang mense” soos ekke.

Swerwer ·

Sterkte aan die familie wat geliefde verloor het.
Ek verstaan nie, niemand is veronderstel om daardie tyd op die pad te wees nie tensy dit nood is.
Wat vir motoriste geld, moet mos vir vragmotors ook geld, of is die Covid 19 se 21:00 tot 04:00 opgehef waarvan ek nie weet nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.