’n Motoris is in die Strand, Kaapstad, in hegtenis geneem nadat daar plofstof en ammunisie in sy motor gevind is.
Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het ’n wenk ontvang waarna hulle Saterdagaand die bestuurder van ’n VW Golf van die pad af getrek het in Kleinboslaan.
“Daar is dinamiet en ammunisie in die motor gevind. Die bestuurder, ’n 34-jarige man, is in hegtenis geneem.”
Volgens Traut sal die man binnekort in die Strand-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van plofstof en ammunisie.
Traut het gesê die man is in dieselfde straat waar hy woon van die pad af getrek en in hegtenis geneem.
“Ons pogings om die veiligheid van die gemeenskap te verseker word dikwels versterk deur die publiek wat ons met waardevolle inligting help,” het Traut gesê.
Goed en wel maar nogtans nie goed genoeg. Padblokkades is die aangewese.