Motoris vas wat glo dier in wildtuin doodry

(Argieffoto: Pixabay)

ʼn Motoris is oor die naweek in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem nadat ʼn jagluiperd doodgery is.

Volgens SANParke is die motoris Vrydagaand in hegtenis geneem ná die voorval wat naby Punda Maria plaasgevind het.

“In dié stadium is daar nog onduidelikheid oor wat presies gebeur het, maar veldwagters van Vlakteplaas was op die toneel van die ongeluk. Die motoris is aan die polisie oorgelewer en ʼn saak is aanhangig gemaak.”

SANParke het ʼn beroep op besoekers gedoen om ekstra waaksaam te wees en die spoedbeperking in die parke na te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Tiptol ·

Tronk toe vir hom!! Sekere mense dink die Wildtuin is ‘n nagklub waar jy dan drink en jaag.

Karia ·

Tragiese voorval, hoop die persoon word as voorbeeld gebruik. Alhoewel… foto gebruik is van ‘n luiperd, nie jagluiperd…

Nico Strydom ·

Dagsê Karia

Baie dankie, die foto is reeds gewysig.

Vriendelike groete
Maroela Media

Nonnie ·

Sluit die gemors toe, laat hy in die tronk op en af in die tronkgange gejaag word!!!!!

Dries ·

Dit is n luiperd op die foto en julle sê dit is n Cheetha wat doodgery is. Nee man

Nico Strydom ·

Dagsê Dries

Baie dankie, die foto is reeds gewysig.

Vriendelike groete
Maroela Media

Karlahari ·

Wst het geword van die man wat die kameelperd in KWT doodgery het?
Was n saak van roekelose bestuur?

ameli ·

Kom nounet van die wildtuin af. Vrydag en saterdag was n nagmerrie soos hulle in taxis en oorvol motors ingestroom het dit was net n gekuiery, drank en gelêery op grasperke. Kyk nie eens na die diere nie, jaag verby almal wat rustig na diere kyk. Wat is San Parke besig om toe te laat?om so almal te laat ingaan vir dagbesoek, daar was geen kwota vir hulle nie. Dan sê hulle verblyf is vol, (wat nie so is nie) net sodat die dagbesoekers kan instroom.
Baie jammer vir die diere en waar gaan dit eindig!!!

Tanya ·

Ons was die naweek ook in wildtuin en mense hou glad nie by die spoed nie. Jaag verby mens. Hulle het nie n saak nie.

Frank ·

Hy bedoel vrou. Maar eks ook nie seker wat hy met die vraag bedoel nie….

Elmarie ·

Ek dink van nou af as jy iemand sien jaag, neem ‘n foto van die kar en rapporteer dit. Mens MOET iets probeer doen. Was einde Julie net na inperking opgehef is ook daar en ons eerste dag, naby Numbi hek sien ons iets in die pad lê met ander kleiner goed wat rondkarring. Ons dag dis ‘n dier wat doodgery is en iets is besig om dit te vreet. Toe is dit ‘n mamma hiëna met haar twee kleintjies – sy lê lekker op die warm teer voor sonsondergang en die kleintjies jol bo-oor haar. Toe ons nader kom staan sy op en gaan reg langs die pad lê en die twee kleintjies jol en loer vir ons deur die gras. ‘n Kar met donkerkleurige mense kom aangejaar en ons wys nogals ry stadig en wys na die diere maar ewe dikbek jaag hul net aan! ‘N ander paartjie stop en vra wat ons sien en ons verduidelik ewe opgewonde en hul gee een kyk en ry vinnig weg! ‘n Hiëna is mos nie die Groot Vyf nie! Maar ons het gedink dit was wonderlik. En die twee jaagduiwels…hoop hul het ‘n pyn êrens onnoembaar gekry.

Tino ·

Hulle moet al daai trokke en aflewerings voertuie se drywers ook vas vat, dit is mos ‘n speletjie. Geen respek nie, verban hom ook lewens lank

Karina ·

Sluit hom toe – veral omdat hy dit nie eers aangemeld het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.