Motoris vas wat glo verkeersbeampte doodry

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn Motoris is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn verkeersbeampte raakgery en van die ongelukstoneel weggejaag het.

Die voorval het Vrydag omstreeks 15:00 in Appèl buite Lebowakgomo in Limpopo gebeur.

Volgens lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, dui voorlopige inligting daarop dat ʼn 48-jarige verkeersbeampte aan diens langs die pad om verkeersoortreders vas te trek, probeer het om ʼn motor wat die spoedgrens oorskry het voor te keer. Die bestuurder het egter nie gehoor gegee nie, die verkeersbeampte raakgery en daarna van die toneel weggejaag.

“Die ander verkeersbeampte wat saam met sy kollega was, het die motor agternagesit tot by Strydkraal waar die bestuurder in hegtenis geneem en aan die polisie oorgegee is,” het Ngoepe gesê.

“Die slagoffers is dadelik na ʼn hospitaal gehaas waar hy later aan ernstige beserings beswyk het.”

Volgens Ngoepe dui die polisie se voorlopige ondersoek daarop dat die bestuurder dronk was. ʼn Bloedtoets is gedoen voordat hy in hegtenis geneem is.

Die oorledene se naam is later bekendgemaak as Masedi Mabusela wat verbonde was aan die verkeersdepartement van die Tubatse-Fetakgomo-munisipaliteit.

Ngoepe het gesê die verdagte sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van strafbare manslag, tref-en-trap en dronkbestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hannatjie ·

Is dit nie moord nie? Die persoon doelbewus raakgery … of is ek verkeerd?

CHRISTA ·

Dit lyk my Limpopo is deesdae meer wetteloos as Gauteng!!!

CHRISTA ·

Hier by ons in Ekurhuleni voel ons Metropolisie VERE vir ons veiligheid!! Luister oor die radio na die verkeersverslae. ELKE DAG is daar ‘n ongeluk by die Linksfieldafrit, Gillooly’s, Edenvale-afrit, Van Buurenafrit en Tembisa-afrit!!

Meer as 30% motoriste se nommerplate is verbleik sodat jy dit nie eers kan lees nie, meer as 10% se nommerplate word deur tuisgemaakte buffers of “bicycle clamps” of “tow bars” bedek OF het nie ‘n nommerplaat voor nie of het nie ‘n nommerplaat agter nie!!! 80% motorfietse het GEEN NOMMERPLATE NIE!!!

Die hoof van ons Metropolisie woon nie eers ons Gemeenskapspolisieforum se vergaderings by nie!!

Hulle moet net onthou: HULLE het OOK familielede op die pad . . . . . .

Netso ·

WoW! Waar kry jy al jou informasie? Kan jy jou statistieke bevestig? Weet ook nie wat hierdie komentaar met die berig te doen het nie? Brandewyn het weer nie brieke nie!

Koos ·

Christa, hou jy baie van hoofletters en uitroeptekens? Bly ek moes nie jou skoolwerk nasien nie.

Arie ·

Watter persoon het die onhebbelike “Afrikaanse” opskrif geskryf.

sarel ·

O ja moes gelees het “””Verkeersman spring voor aan rollende motoris
wat geswaai is in”””tong in kies ja ek sal nie in pad spring as ek weet die motor ry te vinnig en maar ja dis nou ek

Linda van Mosselbaai ·

Ek is verbaas dat daar nie meer verkeersmense doodgery word nie – dit is onverantwoordelik om voor ‘n vinnig bewegende voertuig in te spring!
Moet my nou net nie verkeerd verstaan nie – ek praat nie goed wat hier gebeur het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.