Motoris vlug glo ná noodlottige ongeluk

Foto: Best Care

Foto: Best Care

ʼn Man is Saterdagoggend dood in ʼn gru-botsing in Pretoria-Noord.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het gesê die botsing het omstreeks 09:00 op die hoek van Daan de Wet Nel- en Theronstraat gebeur. Volgens Loubser het ʼn BMW en ʼn bakkie gebots.

“Ooggetuies beweer die bestuurder van die BMW het ná die botsing van die ongelukstoneel gevlug. Twee mans was in die bakkie vasgekeer.” Volgens Loubser het die bestuurder van die bakkie ernstige beserings opgedoen. Die passasier in die bakkie, die bestuurder se skoonpa, is egter op die toneel dood.

Loubser het gesê die man en skoonpa was albei in die bakkie se wrak vasgekeer en moes met meganiese toerusting verwyder word. Die bestuurder is op die toneel behandel voordat hy na die George Mukhari-hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Volgens Loubser word die presiese oorsaak van die ongeluk ondersoek, hoewel die nat paaie moontlik tot die botsing bygedra het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

reguit ·

Vlug? Dink daai persoon hy kan van homself vlug? Skuldige vlug gewoonlik! Gaan gee jouself oor of slaap nooit weer rustig.

Xa ·

Dit is baie jammer oor die ongeluk. Hol weg na n ongeluk, hoekom? As die kar nie gesteel is nie behoort dit baie maklik te wees om te sien wie dit is. Dalk doen hulle dit omdat hulle dronk is en tyd wil wen om dit uit die sisteem te kry, en die hele manier hoe dit hanteer word is pateties, ek het al paar keer mense gesien wat papdronk bestuur en al vertel ek die verkeerspolisie gebeur daar niks. Weet iemand dalk waarom mense weghol en of hulle daarmee wegkom?

Vicky ·

N mens doen goed as jy in skok is. Dalk het die persoon weg gehardloop weens skok. Moet ons altyd die aap agter die berg loop uit haal… jislike mense.

Nico ·

Ja as jy vlug is daar iets fout moet masr ook gebere word sodat n les kan wees vir ander

wynand ·

Mens hardloop net weg as jy skuldig is .Waarom nie die beseerdes probeer help nie? Om beseerdes te help gebeur tog instinktief indien jy nie self beseer is nie.

andre ·

Gesteelde voertuig die bmw en met rugraatlose dronk bestuurder agter die wiel.Waarom nie beseerdes probeer bystaan nie?

johan ·

nee wat “hulle” wat roekeloos bestuur is skuinbaar dronk en “hulle” hardloop altyd weg dan is dit kwansuis skok, die grootste klomp snert. net soos die 3 motofiets ryers in Jan van Riebeeckstraat 4 jaar terug toe “hy” met sy ma hulle se Hammer 2 se dood veroorsaak het en die seun sy been verloor het. Hier is nie meer so iets soos geregtigheid nie en al vang hulle jou en jy is dronk gewees? n bottel whiskey en so paar Rand kontant aan ons wonderlike “ondersoek beampte” en jou leer verdwyn en jy kom nie voor nie???????? so korrup is “hulle” en “””””” weet julle van wie ek praat! alles is maar korrup!

johan dr ·

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.