Motoris vrygelaat ná driekampatleet sterf  

André Piehl (Foto: Facebook)

Die motoris wat in hegtenis geneem is nadat André Piehl Saterdag doodgery is, is Sondag glo weens ’n gebrek aan bewyse uit aanhouding vrygelaat.

Maroela Media het vroeër berig dat Piehl en ’n vriend, Jean du Preez, op die R512 naby Lanseria, Gauteng, fiets gery het toe ’n Porsche Cayenne hulle getref het. Die bestuurder van die voertuig was glo onder die invloed van drank en het na bewering van die toneel probeer vlug.

Piehl is op die toneel dood verklaar terwyl Du Preez ernstige beserings opgedoen het.

Regsverteenwoordigers van HJW Attorneys, wat deur Piehl en Du Preez se families aangestel is, meen die polisie het ’n “slordige werk” gedoen deur te versuim om voldoende bewyse aan aanklaers te verskaf vir die hof wat die motoris se borgtogaansoek Maandag sou aanhoor.

“In wese is geen bewyse verskaf nie en het aanklaers op die oog af nie genoeg bewyse gehad om die motoris – vir nou –  in aanhouding te hou nie,” het die firma op sy Facebook-blad gesê.

“Daar is ʼn magdom bewyse wat die polisie moes verskaf het, maar nie gedoen het nie. Ons werk nou saam met aanklaers om te verseker dat alle relevante getuies, verklarings, bloedtoetse wat reeds gedoen is, foto’s en dies meer saamgestel en in ʼn dossier vir die hof geplaas word.”

Die firma sê hoewel dit belaglik is dat die motoris vrygelaat is, hy glo geregtigheid eindelik sal geskied.

“Ons kan nie toelaat dat so iets sonder gevolge met lede van ons gemeenskap gebeur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Pieter ·

Gebrek aan bewyse? Waar is sy kar en hoe lyk hy? – EK kan maar net dink wie dit is……….

Shakespeare ·

Wat ‘n chaos. Kan nie slegter gaan met ons kader SAP nie.

Misky ·

Maak sy naam bekend asb. Sal nie lank wees nie en hy sal gaan aanklop by die howe en smeek om in aanhouding te bly.

Spook ·

Die rakker het seker net sy ANC lidmaatskapkaart gewys, ‘n paar duisend rand uit sy tenderkorrupsierekening oorbetaal, en daar gaan hy. Maklik!

Charles ·

Die betrokke polisie beampte moet ook aangekla word. Deur doel bewus bewyse te laat verlore gaan het hy sy ryk pel in die Porcy bygestaan. Hy is nou medepligtig. Deur hierdie polisie beamptes te vervolg sal kriminaliteit drasties afneem in ons land. Polisie moet hul werk eerste slag reg doen.

domheks ·

cele – dit is jou mense wat nie hulle werk doen nie! Of nee wag, hy het goed betaal of is ‘n tjommie!

Kobus ·

Dit raak tyd dat polisie beamptes krimineel vervolg word vir swak werk. Die polisiewet maak voorsiening daarvoor

Swerwer ·

Grootste snert. Die drywer van die Porche is vrygelaat omdat dit weer ‘n ANC aanhanger is en hy beskerm word. Hy is ‘n drywer en nie ‘n moetorbestuurder nie, motorbestuurders slaan ag op padverkeersreëls…..maar drywers slaan ag op absoluut niks nie.

Di ·

Tipies van hierdie korrupte spul! Was dit ‘n blanke agter die wiel was daar GEEN manier dat borg toegestaan sou word nie en volop bewyse sou gelewer word. Hierdie is weer ‘n korrupte storie wat aan die gang is.

Peony ·

Diline, ek wonder nou net…hoe weet ons dit was nie ‘n blanke nie? Het ek iewers mis gelees op al die berigte wat geplaas was? Ek stem, hier is weer ‘n korrupte storie wat aan die gang is…en ongelukkig hou mense van geld, veral wanneer baie daarvan betrokke is, want dan is die alreedse bewyse nie genoegsame bewyse nie.

Racheltjie Debeer ·

Uhm, is die regter wat die moordenaar vrygelaat het dan blind? Het hy/sy gesien hoe lyk die voertuig wat hierdie man se dood veroorsaak het? Hoe de hel kan hy/sy sê daar is nie genoeg bewyse nie??????

Bella ·

So een persoon is dood en n ander een is kritiek. Beskadigde motor, plus die persoon wat in die kar was ten tyde vd ongeluk is gearresteer. Nee, ek kan sien hoe daar geen bewyse is nie. Skokkend. Geen geregtigheid in hierdie land nie. Die bestuurder moes opgesluit gewees het, sonder kans op borgtog tot hy verhoor word. Dit is geregtigheid.

Daniel ·

Hoe is dit moontlik???
Moet iemand met konneksies wees, al die bewyse is dan daar?

Peony ·

Ek stem! Ek wonder self watter ander bewyse het hulle nog nodig?

Lubbe ·

Hoe is dit moontlik? Enige persoon kan duidelik sien dan hierdie man skuldig is. Dit is n groot bekommernis met wat alles in ons land besig is om te gebeur. Waar gaan dit alles heen?

Maggies ·

Na aanleiding van vorige berig wat lui; “Phalatse het ʼn beroep op wetstoepassingsagentskappe gedoen om met dringendheid en behoorlike sorg op te tree om seker te maak dat die saak behoorlik ondersoek word en dat geregtigheid aan die families van die twee fietsryers geskied.”, asook die toestand van die voertuig, kan mens nie verstaan hoe dit moontlik is dat daar nie genoegsame bewyse is nie. Daar is beslis ‘n slang in die gras.

lollapot ·

Dan het iemand verseker die omkoop geld wat aan die weg sleep dienste aangebied is, ontvang.

Blikkies ·

Alweer die Polisie met VROT werk. Daar stap nog ‘n skuldige as die VROT ondersoek beamptes hulle prys kry.

Andries ·

Duidelik is daar geld onderdeur gegee. OPOD moet daardie polisiegemors ondersoek.

JohanR ·

‘n Mens het nie woorde nie. Is verf van die fietse nie op die motor nie? Is daar nie bloed aan die motor nie?

Skappie ·

Iemand is dood, sy kar is erg beskadig. Is dit nie genoeg bewyse nie. Hierde is seker my tjom, ons maak vir jou ‘n plan. Mag daai ou, sommer saam met hierdie man gevang word.

JL ·

Regtig! ‘n Persoon word 400m vêr gesleep en daar is ‘n tekort aan bewyse, terwyl die ander fietsryer die voorruit getref het? Name and shame.

Marshall ·

When law enforcement and the justice systems are corrupted to this extent the only permanent solution is secession. Wake up Afrikaners. Stop trying to fix the unfixable. Secede.

KB ·

Die SAPD behoort vervolg te word. Hulle “swak werk” maak hulle aandadig.

Elmarie ·

Ek dink hierdie is iets vir Afriforum se regslui om aan te vat. Dis verregaande!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.