Motoris wat fietsryers tref Maandag in hof

André Piehl is op die toneel dood verklaar. (Foto: Verskaf)

Die bestuurder van die wit Porsche Cayenne wat André Piehl (51) en Jéan du Preez (60) Saterdag naby Lanseria, Gauteng, raakgery het, sal Maandag vir die eerste keer in die landdroshof in Randburg verskyn.

Volgens Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), word die motoris deur aanklagte van roekelose en nalatige bestuur, strafbare manslag en dronkbestuur in die gesig gestaar.

Piehl is in die ongeluk dood terwyl Du Preez steeds onder verdowing en aan ʼn ventilator in die hospitaal gekoppel is. ʼn Gedenkdiens sal Woensdag om 11:00 vir Piehl by die Gracepoint-kerk in Johannesburg gehou word. Die diens sal ook regstreeks uitgesaai word.

Jéan du Preez is steeds in die hospitaal. (Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig dat die motoris aanvanklik in hegtenis geneem, maar later weens ʼn gebrek aan bewyse uit aanhouding vrygelaat is.

Megan Harrington-Johnson van HJW Attorneys, wat die slagoffers se gesinne in die saak bystaan, sê daar is egter genoegsame bewyse oor die afgelope week ingewin om die saak nou voor die hof te daag.

“Ons sal alles in ons vermoë doen om seker te maak dat daar geregtigheid vir Jean en André geskied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Windhond ·

Snaaks hoe prokureurs of privaat ondersoekers eers betrokke moet raak voor n saak die nodige aandag kry- ons is besig om in anargie te verval en terug te keer na die steentydperk, dis om van te kots

marius ·

Korrek . Die muishond van die wereld aan die suidpunt van die hool .

Annelize ·

Korreksie Marius, die muishond van die wereld se gatkant aan die suidpunt van die hool.

Jacobus ·

Jy is 100% reg, ons, die land, het in 26 jaar van ANC bewind 50 jaar terug beweeg na waar die land was.

domheks ·

kader sal seker ONSKULDIG pleit. Hulle kan mos niks verkeerd doen nie.

Hennie ·

Naam van die bestuurder asseblief! Ons weet dit is ‘n dronk swartgallige gewees… NAAAAAMM!

Lourens CFG ·

Was hy wit, was sy naam, foto, adres én sel no al algemene kennis.

Kobus ·

Wat van dwarsboom van gereg of iets omdat die bestuuder blykbaar die verkeersbeamptes wou oomkoop

Rooikoos ·

Fietsryers moet van paaie af wegbly. Hulle steur die normale verkeer.

Lourens CFG ·

Darem nie almal nie. Wel dié wat in spits verkeer tussen die karre deur vleg, en dan skielik uit die bloute “gwarrr” kliphard op jou motor se dak slaan omdat jy kwansuis vir hom amper té min spasie los om deur te kom. My arme vrou het amper hart aanval gehad van skrik.
Hy is natuurlik so vinnig weg dat jy niks kan doen nie. Ek het baie gesukkel om die duik uit te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.