Motoris wou glo vlug ná fietsryer sterf  

n Luukse Porsche-sportnutsmotor het Piehl en sy vriend getref [Foto: Netcare 911]

Die bestuurder van die Porsche Cayenne wat ʼn Suid-Afrikaanse driekampatleet doodgery het, was glo onder die invloed van alkohol en het glo ook van die toneel probeer vlug ná die ongeluk.

Die bestuurder is egter in hegtenis geneem en ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek.

André Piehl het Saterdag omstreeks 06:30 saam met ʼn vriend, Jean du Preez, op die R512 naby Lanseria, Gauteng, fietsgery toe die luukse Porsche-sportnutsmotor hulle getref het.

Piehl het ernstige beserings opgedoen nadat hy ongeveer 400 m ver onder die voertuig saamgesleep is. Hy is op die toneel dood verklaar. Du Preez het kritieke beserings opgedoen.

“Volgens voorlopige ondersoeke blyk dit dat die bestuurder van die Porsche moontlik onder die invloed van alkohol was,” het dr. Mpho Phalatse, uitvoerende burgemeester van Johannesburg, gesê.

André Piehl [Foto: Facebook]

“Verdere inligting dui daarop dat die bestuurder moontlik ook probeer het om van die toneel te vlug, maar dit nie kon doen nie omdat sy voertuig te beskadig was.”

Phalatse het ʼn beroep op wetstoepassingsagentskappe gedoen om met dringendheid en behoorlike sorg op te tree om seker te maak dat die saak behoorlik ondersoek word en dat geregtigheid aan die families van die twee fietsryers geskied.

“Dit is ontnugterend dat ons steeds onskuldige lewens verloor as gevolg van die onwettige gedrag van bestuurders wat daarop aandring om agter die stuur van ʼn motor in te skuif wanneer hulle duidelik onder die invloed van alkohol is. Ten spyte van die waarskuwings en die veldtogte teen dronkbestuur, ervaar ons steeds hierdie plaag.”

Piehl word oorleef deur sy vrou en twee kinders. Boodskappe van medelye stroom in op sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wondermaarnet

Die verkeersdepartement moet maar permanent ‘n blokkade hou tussen Atlantis en Chatsworth, want daar is byna daagliks bestuurders wat onder die invloed ry op daardie pad.

Lindi

VERMOEDELIK onder die invloed? Hulle MOET op die toneel getoets word. Daar moet nie ‘n kans wees dat hy later kan se “ek was NIE onder die invloed nie, want ek was nie getoets nie – so bewys ek was dronk”

Shakespeare

Deesdae met BEE korrupsie het ons baie Porsches op die pad wat soos mal mense jaag. Hoop die meneer word aangekla vir moord.

Sean

Geen saak van dronk bestuur?

Barend

R.I.P.