Motoriste begin feesseisoen op hoë noot

Foto: Brett_Hondow/Pixabay.com

Motoriste, veral dié wat in die komende maand die langpad na vakansiebestemmings gaan aandurf, kan waarskynlik ʼn vroeë Kersgeskenk te wagte wees in die vorm van aansienlike dalings in brandstofpryse.

Die Automobiel Assosiasie (AA) het Woensdag gesê op grond van die ongeouditeerde maandeind-brandstofprysdata van die Sentrale Energiefonds sal die prys van petrol, diesel én paraffien in Desember daal.

Daar word egter gewaarsku dat aanpassings in die kleinhandel- en groothandelsmarge, asook voortgesette toepassing van die balansheffing, ʼn invloed op die verwagte dalings kan hê.

“Die goeie nuus is ʼn waarskynlike daling van R1,85 per liter vir petrol, met diesel wat met R1,40 per liter sal afkom en paraffien met R1,28. Met hierdie verwagte dalings sal die brandstofpryse terugkeer na vlakke wat ons laas middel 2018 gesien het,” sê die AA in ʼn verklaring.

“Hierdie aansienlike dalings spruit uit ʼn kombinasie van beduidende dalings in internasionale petroleumpryse en ʼn effens sterker rand wat sterker teen die dollar verhandel het ná dit vroeg in September by R15,50 teen die dollar gedraai het.”

Die AA beklemtoon egter dit is moontlik dat nie al hierdie dalings tot by motoriste sal deursyfer nie.

“In April, September en November was daar aanpassings aan verskeie heffings wat in die brandstofprysstruktuur ingesluit is. Die Desember-prysaanpassing sal onder meer onderworpe wees aan kleinhandel- en groothandelmarges wat die dalings kan verminder. Verlede jaar se aanpassings aan hierdie syfers was minder as 5c per liter.”

Die AA sê motoriste sal ook moet wag en sien of die balansheffing behou gaan word.

Maroela Media het vroeër berig die balansheffing moes in November ingestel word weens ʼn negatiewe balans in die balansrekening (slate levy account). ’n Gedeelte van die petrolprys gaan aan plaaslike olieraffinaderye om hulle vir die invoer en verwerking van brandstof te vergoed.

Dit word rofweg bereken volgens die rand-dollar-wisselkoers en ’n mandjie van internasionale brandstofpryse, geprys in dollar. Die verskil tussen die vergoeding wat raffinaderye in ’n maand gekry het en wat hulle móés kry, bepaal gewoonlik die verandering in die petrolprys vir die volgende maand.

Op grond van die prysbewegings van die rand en die olieprys in Augustus, was die petrolprys te laag vir raffinaderye in September. Hierdie geld wat die regering aan die raffinaderye geskuld het, het ’n negatiewe balans van R2,2 miljard in die balansrekening veroorsaak. ʼn Balansheffing van 21,92 sent is daarna vir November ingestel om hiervoor te vergoed.

Die AA verduidelik indien dié heffing die balans van die balansrekening teen einde November onder die drempel gebring het, sal dit na verwagting opgehef word. Indien nie, sal die balansheffing weer in Desember ingestel word.

Die AA sê motoriste kan wel uitsien na ʼn beduidende daling, ongeag of dié heffing weer ingestel word of nie. “Die wipplankrit van brandstofpryse oor die afgelope jaar het net bewys hoe groot die impak van die internasionale petroleumpryse en die rand-dollar-wisselkoers op die lewens van gewone burgers is. Die verwagting vir brandstofpryse in 2019 bly onseker, maar ons is hoopvol dat daar ʼn mate van stabiliteit sal terugkeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Piet Pompies ·

Die belasting en heffings op petrol work al lank al nie meer gebruik vir die oorspronklike doel deur paaie in stand te hou en die POF. Hierdie geld word gebruik om staat skuld te betaal, ESCOM aan die gang te hou, SAL in die lug te hou, SASSA geld aan behoeftiges te betaal. Intussen verhoog tolhek tariewe en paaie word herstel net om daarna tolhekke op te sit.
Geen staatsamptenaar is leed aangedoen met die skrywe hiervan.

Basjan ·

POF is die regte benaming.
“POF!”, weg is die geld, sonder dat ons dit gesien het!

Poot ·

Moet ons nou op en af spring en julle voete soen? Nadat die petrol en diesel hierdie jaar met meer as R6.00/lit gestyg het.

B-man ·

Staat is slim: “Gaan hou vakansie! Brandstof is goedkoper!”, maar wag sodra jy Januarie wil terugkeer huis toe, gaan die prys weer die hemele inskiet.

Miem ·

Ek wou nounet dieselfde sê.. As jy wil terugkom gaan hy weer op met R2

Lerato ·

Piet Pompies

Hoe lekker lag ek vir jou staats amptenare wat geen leed aangedoen is nie.

Elke bietjie humor help!!!

Oom se Oom ·

Sal nooit vergeet toe ek nog kind was nie; net so voor ‘n verkiesing het die NP die prys van petrol laat sak om nog stemme te werf. Twee maande later was die pryse weer op. Lyk my die jakkals verander van hare maar nie van streke nie.

Chris Ws ·

“Oom se Oom”,die NP het die anc ordentlik geskool in skelm streke om geld te in voor hulle boedel oorgegee het!Kyk maar mooi.R3.26 “brandstof heffing” wat net so in die staats koffers invloei.Waar gaan daai geld heen?Die POF is ‘n ander storie – ons was in
n hewige ongeluk en my vrou het gebaat by die POF.So ook ‘n buurman boer se seun en my skoonsuster se een dogter .So laat die POF aangaan.Hy dien ‘n doel glo my!Maar die brandstof heffing??Waar gaan daai geld heen wll ek graag weet??45% belasting in ‘n nuwe motor se prys -kom ook van die NP regering se dae af.TV lisensies – ook van die NP se dae af en so kan ek aangaan en aangaan . . . . . . die anc ry net die golf verder.

Blommie ·

Hierdie laat my so baie dink aan toe ons kinders was en wipplank gery het. Die 1 wat onder was het moedswillig daar gebly en die 1 bo kon skop en skree nes jy wil af kon jy nie af nie want dit was ver grond toe. Dan as die onderste 1 afklim fal boonste 1 jou kedis. Netnou dan ruil ons om en dan is dit weer die selfde storie. Ek gooi slegs petrol in as my kar vir my sê hy het sous nodig. Verder worry ek nie.

anton ·

Skuus my……………Die berig sê dat die rand/dollar R15-50 was vroeg in Desember……….maar dit is dan nou eers einde van November.
Of mis ek iets iewers??? Wisselkoers is tans om en by R13-78 teen die Dollar.
Sover ek weet was die Rand nie oor die R15- kerf die laaste 3 maande nie.

Mariné Lourens ·

Dagsê Anton

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit moet inderdaad lees ‘September’ en nie Desember nie. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

SjN ·

Waaroor juig, word ons integriteit onderskat, die stygings was ver meer as die daling, die prys word gemanupileer. IN die 70/80 jare sou alle paaie geblokeer word deur taxis indien die prys met 1 of 2 sent styg en dan is prys onveranderd gelaat, nog n bewys dat die mense een of ander subsidie ontvang.

Annie ·

Ek stem saam…. waaroor moet ons juig? Januarie vat hulle die daling plus n stukkie net omdat hulle kan! Slimste potlode in die pakkie.

Annie ·

Hmm… presies soos in die vorige kommentaar….. na Desember gaan ons weer betaal. Hierdie hele brandstof strorie is n pot snot. Die regering verarm ons! PUNT.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.