Motoriste gaan dalk nóg meer opdok

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die AA het Vrydag gesê dit blyk dat Oktober se brandstofpryse verdere slegte nuus vir padgebruikers inhou.

Die AA het gesê die middel-van-die-maand-prysdata wat deur die Sentrale Energiefonds (SEF) uitgereik is, dui daarop dat nog ʼn aansienlike verhoging in brandstofpryse verwag kan word.

“Vir die eerste keer in ʼn ruk het die rand redelike sterkte teen die Amerikaanse dollar getoon. Dit is egter nie genoeg om die buitensporige stygings in internasionale brandstofpryse, wat met tot 6% in die afgelope twee weke gestyg het, teen te werk nie,” het die AA in ʼn verklaring gesê.

Die AA het gesê hy voorspel dat petrol met 35c per liter sal styg, terwyl diesel 33c per liter meer sal kos. Die prys van paraffien sal na verwagting met 29c styg.

“Sonder die voordeel van die sterkte van die rand sou die stygings in sommige gevalle tot 50c per liter gewees het,” lui die verklaring. “Ons begin nou ʼn verswakking in die sterkte van die rand sien, so die huidige prentjie mag dalk teen die einde van die maand versleg.”

Die prys van petrol het op 5 September met 67c per liter gestyg, diesel met 44c en paraffien se prys het met 49c per liter gestyg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

bgj van der westhuizen ·

die hele petol pys wat uit gewerk word is n skelm en geld maak proses deur die regering petol en diesel kan baie goedkoper verskaf word te veel belasting en as ons na ons buur lande gaan kos dit goetkoper en dit kom van ons af

Amanda ·

Dit is waar. Lesotho se brandstof pryse is baie laer as SA sin en Lesotho kry hulle brandstof van ons af. Baie van Ladybrand se mense maak in Lesotho vol.

Stephanus ·

En wie moet ons bedank – die ANC en seker ook die Guptas!!!

Johann ·

ANC FINANSIERING LEGACY! Maklike manier vir die BILJOENE wat hulle aan hulself en ZUPTOPIA se ZUMAIKIES belowe! KORRUPTE KLUG!!!!

Flip ·

Ek sal baie graag ‘n volledige prysuiteensetting wil sien van waar elke sent per liter heen gaan. Byvoorbeeld: belasting, hoeveel na watter fondse, befondsing,pompkostes, winste, ens.

Nico ·

Die berekening is welbekend. Ek is egterbekommerd oor die absolute wanbesteding van die belasting.

Toppie ·

Regering se manier om die publiek te dwing om van publieke verkeer soos busse, treine en taxi’s gebruik te maak, maar hulle dink nie daaraan dat daar mense is wat hul eie vervoer moet gebruik om kos op die tafel te sit nie.As jy klaar persoonlike belasting, vat, tolgeld , verpligte munisipale dienste , skoolgelde en brandstof betaal het is daar nie eers geld vir brood oor nie. Dink ons almal moet maar gaan staats gelde trek

Jan ·

Ons was 2 maande gelede in Botswana saam met ‘n toergroep. Brandstof tenkers het in toue by die grenspos gestaan oppad na Botswana. Die SA ingevoerde petrol kos baie rande goedkoper daar as hier. SA is die ANC en Zumptas se melkkoeie !

Chris Ws ·

Jan,ons sien elkedag tot 6 tenkers met kalfies agter mekaar wat brandstof vervoer na Botswana.Ek weet die brandstof word goedkoper daar verkoop.Dis een van die redes waarom die anc EN eff daar verbied word.En dinge is rustig daar en die land gaan vorentoe ,nie agteruit soos SA nie!

Lee ·

As ons President nie sy mond oopmaak nie sal die rand nie val teenoor die dollar nie en dan sal ons nie met die germors sit nie.

jaco ·

ek kan verstaan dat stygende pryse van alles n manier is om “ryk wit mense” terug te kry vir apartheid en “onderdrukkende wit monopolie kapitaal”.
Daars egter 2 goed wat ek nie verstaan nie:
1. besef die ANC nie dat stygende pryse ook hulle rasgenote, wat die slagoffers van “wit onderdrukking en uitbuiting was”, nog baie meer nadelig raak as wat dit wit mense raak?
2. Waarom kom die ANC se arm rasgenote nie op groot skaal in opstand teen steeds stygende lewenskoste nie? betogings oral in die land teen swak munisipale dienslewering raak nie goed soos duurder petrol en duurder melk en brood nie.

Cherokee ·

Stem nie regtig saam nie jaco, want dit lyk asof nie net jy nie maar meer bydraers onder die indruk is stygende oliepryse is net lokaal en nie oral nie. (ja okay..oaky ek ken die Botswana storie:-(.. ) Na aanleiding van jou eerste sin, en dit is juis waarmee ek verskil omdat, daar is massas vervoerkontrakteurs in die land wat nie (net) sedans ry soos jy en ek nie maar reusagtige vragmotors met sleepwaens. Dit is hulle wat by een tolhek byna soveel tolgeld betaal as wat jy en ek aan die pompjoggie gee vir petrol.
Daardie is sakemanne wat sakke vol geld aan brandstof bestee en húlle is die mense wat die rand/dollar wisselkoers dophou, ‘n ogie hou op die ru-olie pryse en daarmee saam inflasie en groeikoers; syfers waaran jy en ek ons nie steur wanneer ons uitvaar teen die minister van finansies in forums soos hierdie. Nou daardie jaco, is die mense wat die regering aanvat vir die kleinste oordrywing in brandstofpryse. Dìt is die mense wat ook veg vir jou en my beursie.

jaco ·

net n week terug was n ekonomiese groeikoers van amper 2% die afgelope 2 kwartale bekend gemaak. waarom styg die petrolprys dan? dit behoort dan mos te daal.

SA-regering is dik pelle met Saoedi-Arabië, Iran en Venezuela; almal lande wat veral olie produseer en uitvoer. Waarom betaal ons dan so baie vir petrol? Daardie olielande is dan ons “vriende”.

Ry stadiger ·

Ek het verlede week gaan kuier sowat 200km van my tuisdorp en i.p.v. 110/120 km/h het ek +- 100km/h gery en my brandstofverbruik van gewoonlik 16km/l was 19km/l. Nogal ‘n redelike verskil terwyl ek nie veel langer gery het.

Cherokee ·

Wat ‘n finansiële les vir vele klaers wat voet in die hoek ry. Baie dankie vir ‘n waardevolle kommentaar.

Chrisjang ·

Net terloops,die 3 belastings op brandstof is deur die destydse NP regering ingestel.Die anc sit voete op lessenaar en SKEP net.Te lekker!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.