Motoriste gaan meer moet opdok vir brandstof

Argieffoto

Die departement van energie het Vrydag ʼn brandstofverhoging vir Augustus aangekondig.

Volgens ʼn verklaring van die departement gaan die prys van 93- én 95-oktaan-petrol met sowat 19 sent per liter styg.

Die prys van 0, 05%-sulfaat diesel gaan na verwagting met 29 sent per liter styg, terwyl 0, 005%-sulfaat diesel sowat 30 sent per liter duurder gaan wees.

Volgens die departement van energie kan die brandstofprysstyging toegeskryf word aan die rand wat versleg het teenoor die Amerikaanse dollar en ook internasionale faktore soos dat Suid-Afrika ru-olie invoer teen ʼn internasionale prys.

Paraffien sal volgende maand ook met 26 sent per liter styg, terwyl die prys van LP Gas sowat 40 sent per kilogram duurder gaan wees.

Die departement het gesê dat hy nie verdere verhogings vir die volgende oorsigtydperk verwag nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris Ws ·

Ek wil nog weet waarom Sasol brandstof so duur is en waarom brandsof in buurlande soveel goedkoper is as ons sn terwyl hulle hul brandstof by ons koop.Bedrog dis al!

Eddie ·

Chris Ws. Onthou net daar word 50% belasting heffings by gesit wat na die Guptas toe gaan.

Johann Marx ·

Chris Ws, die antwoord op jou vraag is eenvoudig: SASOL is van mening dat hulle hulle produk kan verkoop vir dieselfde prys as ingevoerde produkte, so waarom sou hulle hulle prys verlaag? Oorspronklik was SASOL deur die vorige regering gebou om brandstof uit steenkool te vervaardig toe die land nie kon invoer nie as gevolg van sanksies, tot voordeel van die burgers van SA. Dit is nou nie meer die geval nie. Hoewel SASOL baie jare gelede met belastingbetalers se geld gebou is, is die enigste mense wat nou voordeel trek uit SASOL natuurlik net hulle aandeelhouers…….en daarom boikot ek SASOL sover as wat ek kan.

Chris Ws ·

Johann Marx ek boikot SASOL die afgelope 30 jaar al.Ek ondersteun EERDER die ander brandsof maatskappye (behalwe Engen wat 100% rassisties is met die toekenning van “franchises” vir hul vulstasies en VIVO wat deel is van Sasol).Dit doen my goed om te weet my geld gaan lankal nie na SASOL toe nie!Ek is steeds bitter oor die 4c/l heffing wat ons moes betaal om die oprigting van SASOL 3 &4 te finansier in die 19 80’s sonder dat ons ‘n sent se voordeel daaruit trek soos deur die NP regering aan Jan publiek belowe is nie.Als lee beloftes presies nes die anc.

Hanna ·

Johann Marx, jy het dit mis dat SASOL gebou is omdat daar sanksies was teen SA! Die beplanning om SASOL te bou het al in die laat veertigerjare begin! Gaan doen maar navorsing! Baie lank voordat daar sprake was van sanksies! Petrol uit steenkool is geruime tyd nie meer SASOL se mees winsgewende produk nie en die petrolprys word deur die regering vasgestel! Deur SASOL dus te boikot, gaan jou geld maar net in die sakke van ander petrolmaatskappye!

#?? ·

Waarom betoog die taxi-bestuurders nie as die petrolpryse stuig nie? Ontvang hulle dalk subsidies?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.