Motoriste gaan nóg meer opdok

petrolpomp 2

Argieffoto.

Twee groot faktore dra daartoe by dat brandstofpryse in Oktober weer gaan styg.

Die AA het gereageer op die einde-van-die-maand-prysdata wat deur die Sentrale Energiefonds (SEF) uitgereik is en gesê sterker internasionale oliepryse en ʼn swakker rand dra tot die verhoging by.

“In die eerste gedeelte van September het die rand redelik teen die Amerikaanse dollar gepresteer, maar dié neiging is sedert 12 September omgekeer. Die swakker geldeenheid het die vroeëre winste negatief beïnvloed,” lui die verklaring.

“Intussen het internasionale brandstofpryse aanhou styg gedurende September. As gevolg hiervan behoort petrol met 30c per liter te styg, terwyl diesel 41c meer sal kos. Die prys van paraffien sal na verwagting met 37c styg.”

Die AA het gesê die maand se syfers wys net hoe kwesbaar Suid-Afrikaanse brandstofverbruikers is met betrekking tot hoër brandstofpryse en depresiasie van die rand.

“Met die VSA se oog op rentekoersverhogings en florerende wêreldwye oliemarkte is dit ons siening dat verdere brandstofstygings voor die einde van die jaar onvermydelik gaan wees.”

Die prys van petrol het op 5 September met 67c per liter gestyg, diesel met 44c en paraffien se prys het met 49c per liter gestyg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Boet Fasie ·

Ek stem nie heeltemal saam nie , daar is 4 dinge en die grootste is die ANC wat hulself so gulsig help en die reddingboei wat so maklik aan SAL gegee word ten koste van die belastingbetaler

Pensioenaris ·

Ja tap ons maar totdat ons heeltemal leeg gebloei is en kyk maar wat word dan van die sukkelende spul. Mens raak so moedeloos…. Ons rente verhoog nie maar alles word duurder!!!

Pensioenaris ·

Ja, Biet Fasie, jy praat die waarheid! Hulle moet maar tap totdat ons heeltemal dood gebloei het. Sal dan sien wat dan van die sukkelende spul word…. ons rente word nie meer nie maar alles se prys styg. Ons kan ook nie meer nie.

Penellope Jones ·

Wanneer die petrolprys verlaag word, is daar meeste van die tyd ‘n groot prysaanpassing wat wag.

Toppie ·

Pensionaris jy praat die heilige waarheid ons bloei nie meer nie dit is nog net die wind wat in die are oor is. Ons volksgenote word gehelp met SASSA vir elke kleintjie wat hulle maak terwyl terwyl ond werk en elke maand gemelk word dat ons oe traan.

Boeta ·

Ag man hulle kan sê wat hulle wil ons betaal SAL se gemors ons moet wakker word

jaco ·

ek kan verstaan dat gedurige verhoging van pryse seker n manier is om “rassistiese wit mense” wat vasklou aan hulle “wit monopolie kapitaal” terug te kry vir apartheid.
Wat ek egter nie verstaan nie, is dat arm swart mense, wat van dieselfde ras is as die ANC wat hulleself net aanhou verryk uit ons belastinggeld, nie in hulle massas teen hierdie steeds stygende pryse in opstand kom nie. Waarom aanvaar hulle dit maar net?
Ek weet daar is betogings teen swak munisipale dienslewering en soms n wegblyaksie deur COSATU oor staatskaping, maar dis nie naby absolute rewolusionêre massa aksie teen hoë lewenskoste nie.

jaco ·

maak die petrolprys R16 per liter op 1 Januarie 2018 en verhoog dit dan met 1 Rand per liter die begin van elke daaropvolgende jaar. Dan weet ons mos wat om te verwag. Dit sal finansiële vooruitbeplanning baie makliker maak.

Toppie ·

Wel as ek kyk wat ons volksgenote maandeliks by die groot kettingwinkels koop teenoor die gemiddelde wit trollie dan begin ek regtig wonder of ons betaal met dieselfe geld en of ons gelde en kaarte dieselfde waarde het.

Piet ·

No 1 en sy comrades en die guptas het die land leeg gesteel nou moet hulle weer geld bymekaar maak om verder te steel want die staatskas is leeg nog n pensioenaris wat moet boet vir hulle weelderige lewe wat n skande dan het hy nog die vermetelheid om te se om korrupsie te beveg so skaamtelose beeswagter sies man

boertjie ·

Dis alweer planttyd vir die boere!! Elke jaar rondom planttyd verhoog die regering hulle pryse………

John ·

?… is dit nou vir die plant van die giftige gm-mielies wat sonder water groei? Julle kan mos maar nou die stedelinge se baie 5 liters afgebedelde water ipv petrol vir jul trekkers gebruik. Stedelinge ry nou net een maal per week winkeltoe vir ‘n pakkie rys vir by die braaivleis.

Eish ·

Ai toggle, gedink die kommentare gaan my bietjie opbeur, maar helaas, alger ervaar n bestaan in die helhool net soos die uwe.

Vermeende ·

Ons kon prys velagings gehad het as Zuma afgestaan het en nie so gemaklik die parlement gaan skommel het nie en meer ag geslaan het op staatkaping.
Dit werk so, as die land goed bestuur word dan groei belegers vetroue en jou eenheid presteer teen die Dollar, invoere word goedkoper uit die buiteland soos olie en die prys kom af.
Die Dollar het al 20 in waarde verloor en die Rand bly nog swakker.

Dit is net n jammerte dat die massas wat so toi-toi nie kan verstaan dat hulle stem die oorsaak is vir wat nou gebeur nie en hierdie is nie die einde nie maar nog net die begin.

Bos ·

Ek vra weer verduidelik prysstyging in September, want dit was nie die gevolg van
olieprys en rand nie. Niemand wil die detail van hierdie styging verduidelik nie, daarom
se mense dit is ANC wat dit manupileer. Ek wag.

Eish ·

Ek het maar solank my whatsup verander van ” Please call me” na ” Please fetch me.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.