Motoriste gewaarsku oor moontlike sluitings op die N3

Van Reenenspas Foto: panoramio.com

Van Reenenspas Foto: panoramio.com

Motoriste word gewaarsku teen gure weer en sterk winde op die N3 tussen Donderdagaand en Sondagaand, het die N3-tolpad-konsessie (N3TC) gesê.

“Daar is ‘n sterk moontlikheid van sneeuval hierdie naweek in die suidelike Vrystaat, KwaZulu-Natal Drakensberg en talle dele van Lesotho,” het Andy Visser, woordvoerder vir die N3TC, in ‘n verklaring gesê. Sy het gesê motoriste kan sterk winde by die Van Reenenspas naby Harrismith en in Estcourt en Ladysmith te wagte wees.

“Dit is moontlik dat ‘n yslaag op die padoppervlak kan vorm wat ‘n groot gevaar vir enige voertuig inhou,” het Visser bygevoeg. “Motoriste moet hul spoed verminder en baie goed konsentreer.”

Sy het gewaarsku dat gedeeltes van die pad moontlik vir verkeer gesluit kan word indien die toestande nie veilig is nie. Motoriste word gewaarsku om ekstra komberse, kos en ander benodigdhede in te pak indien hulle moontlik vasgevang word in lang padsluitings.

Die N3TC is verantwoordelik vir die N3 tussen Heidelberg in Gauteng en Cedara in KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.