Padgebruikers wat vandag op die N1-Suid vanaf Limpopo reis, word gemaan om deurentyd geduldig te wees aangesien duisende kerkgangers na verwagting vanaf Moria, oos van Polokwane, sal terugkeer.
Makoma Makhurupetje, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, het in ʼn verklaring gesê toenemende verkeersdruk kan reeds sedert gisteraand op die R71 en by die Boyne-Maja-wisselaar waargeneem word.
Volgens Makhurupetje kon taxi’s en busse reeds vanaf 17:00 Sondag die twee groot ZCC-kerkdienste in Moria verlaat. Kerkgangers in private voertuie het vroeg vanoggend op pad terug huis toe in die pad geval.
“Ons verkeersbeamptes is ontplooi by al die aansluitings en padbouwerk-gedeeltes op die R101 en die N1 om die verkeer ononderbroke te laat vloei,” het Makhurupetje gesê. “Ons doen ʼn beroep op padgebruikers om hul samewerking aan verkeersbeamptes te gee op plekke waar verkeersopeenhopings voorkom. Ons verkeersbeamptes het die nodige ervaring om verkeer van hierdie omvang te hanteer.”
Meer as 1 000 provinsiale verkeersbeamptes, nasionale verkeersbeamptes en polisiebeamptes is ontplooi om verkeer op die N1 te monitor.
Makhurupetje het gesê reënval word vandag op gedeeltes van die N1 verwag, wat beteken dat padgebruikers nog meer geduld aan die dag sal moet lê. “Motoriste word ook gewaarsku om op die uitkyk te wees vir rondloperdiere by die Gilead-pad, op die N11 in die rigting van Groblersbrug en op die R37 na Burgersfort.”
Volgens inligting op sosiale media was verkeer op die N1-Suid teen 07:00 reeds swaar op plekke.
Duisende ? Daar was meer as 3 miljoen. Gaan die meerderheid dan daar bly?
waars die rommelstatus en ekonomiese en steeds duurder wordende lewenskoste as hierdie duisende motoriste almal n paasnaweek weggaan kan bekostig? wat het hulle wat ek nie het nie, want ek kan nie so iets bekostig nie.
Duisende verkeer polisie maar hulle kan nie die gedrag van terroriste op die pad beheer wat ander mense se lewens op die spel deur in die bane te ry. Wys net hoe pateties hulle is
Pasbouwerkgedeeltes moet seker wees padbouwerkgedeeltes.
Dagsê Muffin
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Mariné
nms Maroela Media
Die gekke in die verkeerde baan opry teen verkeer in is alledaags en word totaal en al geïgnoreer deur Metro. Indien iemand so arrogant en anti-lewensrespek optree, kan hul hom/haar gerus vasvat en laat afkoel in ‘n sel.
Wanneer gaan die band gebreek word wat maak dat taxi drywers so na willekeur optree en alle ander mense en eiendom rondom hul verwoes en skade maak? Watter Metro hoë kan dit antwoord?