Motoriste gewaarsku: R24-oos gesluit ná botsing

Die botsing op die R24 (Foto: Intelligence Bureau/Facebook)

Die R24-ooswaarts is steeds gesluit nadat twee vragmotors Dinsdagoggend gebots het.

iTraffic het op Twitter gewaarsku dat motoriste alternatiewe roetes moet gebruik om opeenhoping in swaar verkeer te vermy.

Volgens die inskrywing het twee vragmotors by die Edenvale-afrit op die R24 gebots wat veroorsaak dat minstens twee paaie in die ooswaartse rigting tydelik gesluit is.

Minstens een mens is ernstig beseer en na die hospitaal gehaas. Meer inligting oor dié ongeluk was nie onmiddellik bekend nie.

Netstar Traffic het motoriste op sosiale media aangeraai om eerder die N12-oos as alternatiewe roete te kies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Stormrider ·

Ek is by die toneel verby. Die agterste vragmotor se kajuit is heeltemal vergruis teen die treiler van die voorste een. Hoe op aarde? Die trokke jaag soos besetenes op ons paaie. Ek vrees daagliks vir my lewe!

Marietjie ·

Is vanoggend daar verby. Dit moes iewers vroeg gebeur het. Het al van 6uur afgehoor die pad is gesluit. Dit is net bier botteltjies oral van die agterste vragmotor se vrag.

Susanna ·

Ek is gister middag op die R59 by Michelle Ave amper deur ‘n trok vergruis. Die man het vir my ligte begin flikker, Langs my was dit net voertuie, voor my was daar ook net voertuie. Ek weet nie waar wou hy hê moes ek heen gaan om vir hom plek te maak nie. Hy het aanhoudend vir my ligte geflikker om uit die pad te kom, teen 120 km/h !!! Al wat ek in my spieëltjie kons sien was die massiewe trok se “grill” dis hoe naby hy was. En toe begin die motors voor my rem trap. Ek het gedink dis die einde. Ek het so groot geskrik en wou net weg kom van die besete mens, ek het nie eers gedink om sy registrasie nommer te vat.

Ockert ·

Susanna: Die R59 is n verskriklike pad. Ken die gevoel. Ry hom elke dag. Die karre/trokke wat nie jaag nie, kruip; en die R59 is vol padvarke. Vir n persoon met n klein tjorretjie is dit nag

Johann Marx ·

Niemand wen Putco se busse nie. 140km/h op die snelweg….Ons sal seker binnekort ook van een van hulle lees…

Leonne ·

Dink voor jy praat, Wirrim. Die volgende keer wat jy inkopies by Pick n Pay doen. Wanneer jy by Woolies klere koop of wanneer jy n nuwe voertuig by VW koop. Alles word per trok aangery. En nie alle trok drywers is padvarke nie. Van hulle is helde – soos daardie 2 ouens wat laas jaar mense gered het tydens n wolkbreuk in Gauteng. Soos my drywer wat n Ma en haar 2 klein kindertjies langs die pad sien staan het, 2 uur in die oggend nadat haar voertuig onklaar geraak het. Daar was geen selfoon opvangs in daai gebied nie en hy het haar en die kinders na die naaste dorp geneem waar sy haar Pa gebel het om hulle te kom haal. Hy het by hulle gewag tot haar Pa opgedaag het. Jy kannie veralgemeen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.