Die polisie in Sasolburg in die Vrystaat waarsku motoriste teen sogenaamde bloulig-kapings.
Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, het gesê die kapings vind veral op die R57, R59 en R82 plaas. “Motoriste word geteiken deur ʼn onbekende voertuig met blou ligte, met twee of meer manlike of vroulike insittendes, geklee in polisieuniform of uniforms van verkeersbeamptes. Hulle maan motoriste om stil te hou en steel dan hul motor of persoonlike besittings (kontant en selfone),” het Rani verduidelik.
Rani het gesê die polisie maan alle padgebruikers om nie stil te hou as iemand met blou ligte of ʼn ongemerkte voertuig probeer om hulle voor te keer nie. “Motoriste word aangeraai om na die naaste polisiestasie te ry en dadelik die polisie te kontak.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Die berigewing is baie vaag !! Se wat ons moet weet, om die persone te kan identifiseer.
Jy kan meer niemand vertrou ni,di hele land is korrup jy is ni eers meer veilig op di pad ni,wat gaan hulle volgende trick wees, ek stem saam as so iets met my gebeur sal ek definitief as dit moontlik is na die naaste polisiestasie toe ry ons kan dan daar hulle vrae beantwoord wat hulle dan wil weet maar ek sal onder geen omstandighede stop vir hulle ni
Maklik om te sê mens moet onder geen omstandighede stilhou nie, maar wat as hulle (die valse of werklike polisie) begin skiet omdat jy nie wil stop nie?
My 20-jarige tweeling seuns was Saterdag-aand deur ‘n ongemerkte, dubbelkajuit bakkie (sonder blou ligte) met getinte vensters van die pad af forseer, in ons Limpopo-dorpie. Die seuns het nie onmiddellik die 4 insittendes se uniforms gesien deur die half-oop venster nie en het onraad vermoed. Hulle het weggejaag na die naaste wel-beligte Engen toe. Die 3 manne en 1 vrou in uniform (sonder naamplaatjies) het ingejaag gekom, dreigend opgetree en hul forseer om vooruit te ry (in ‘n donker pad af) “polisiestasie” toe. Die seuns het aangedring dat hul eers hul pa gaan bel en toé plaas die uniform-manne eers… Lees meer »
waar kry hulle die poliesie uniforms nog korupte
polisie wat hulle klere uitdeel