Motoriste gewaarsku teen bloulig-kapings

Argieffoto

Die polisie in Sasolburg in die Vrystaat waarsku motoriste teen sogenaamde bloulig-kapings.

Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, het gesê die kapings vind veral op die R57, R59 en R82 plaas. “Motoriste word geteiken deur ʼn onbekende voertuig met blou ligte, met twee of meer manlike of vroulike insittendes, geklee in polisieuniform of uniforms van verkeersbeamptes. Hulle maan motoriste om stil te hou en steel dan hul motor of persoonlike besittings (kontant en selfone),” het Rani verduidelik.

Rani het gesê die polisie maan alle padgebruikers om nie stil te hou as iemand met blou ligte of ʼn ongemerkte voertuig probeer om hulle voor te keer nie. “Motoriste word aangeraai om na die naaste polisiestasie te ry en dadelik die polisie te kontak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

klip in die bos ·

Die berigewing is baie vaag !! Se wat ons moet weet, om die persone te kan identifiseer.

Johan ·

Moennie stop as die voertuig nie gemerk is nie, hierdie skelms se voertuie is nie gemerk nie.

Thys ·

Jy kan meer niemand vertrou ni,di hele land is korrup jy is ni eers meer veilig op di pad ni,wat gaan hulle volgende trick wees, ek stem saam as so iets met my gebeur sal ek definitief as dit moontlik is na die naaste polisiestasie toe ry ons kan dan daar hulle vrae beantwoord wat hulle dan wil weet maar ek sal onder geen omstandighede stop vir hulle ni

Oom Walker ·

Maklik om te sê mens moet onder geen omstandighede stilhou nie, maar wat as hulle (die valse of werklike polisie) begin skiet omdat jy nie wil stop nie?

Elmarie ·

Sover ek weet moet jy jou noodligte aan sit en spoed verminder na 20km per uur indien jy nie wil of kan stop nie, en dan na jou naaste polisie stasie of vulstasie verkieslik met cctv stelsel ry. Ek het dit al toegepas en dit werk. Indien jy net aanhou ry sonder om bg toe te pas word jy as voorvlugtige gesien en mag hul dus jou tyre/s uitskiet.

Esti ·

My 20-jarige tweeling seuns was Saterdag-aand deur ‘n ongemerkte, dubbelkajuit bakkie (sonder blou ligte) met getinte vensters van die pad af forseer, in ons Limpopo-dorpie. Die seuns het nie onmiddellik die 4 insittendes se uniforms gesien deur die half-oop venster nie en het onraad vermoed. Hulle het weggejaag na die naaste wel-beligte Engen toe. Die 3 manne en 1 vrou in uniform (sonder naamplaatjies) het ingejaag gekom, dreigend opgetree en hul forseer om vooruit te ry (in ‘n donker pad af) “polisiestasie” toe. Die seuns het aangedring dat hul eers hul pa gaan bel en toé plaas die uniform-manne eers druk op hulle om onmiddellik te móét ry. Een v my seuns het wel my man gebel en die ander het noodgedwonge ingestem. Oppad “polistasie” toe, het die uniform-manne skielik weggejaag! (Dalk omdat pappa oppad was?) Ek versoek asb dat die “regte” polisie ons, as jan-alleman, behóórlik inlig oor watter prosedure wettiglik aanvaarbaar is in só situasie…

Esti ·

…bygesê: My man het daarna reguit saam met die seuns polisiestasie toe gery om die voorval aan te meld. Die polisie het net gelag, met mekaar gepraat in ‘n taal wat my man nie kon verstaan nie, en nie weer verder aan die saak aandag gegee nie¡? Moontlik omdat hul nie die nr op die nommerplaat kon identifiseer nie? …maar daar behoort tog wel inligting op die kameras by Engen te wees?

WONDER ·

Etsi, ja, ek het al baie gewonder oor die saak. Sou mens aanhou ry en stop by so vulstasie, dan is mens darem hopelik by ‘n plek waar kring kameras is, maar hoe gemaak as hulle op jou begin skiet, want jy jaag nou weg (oppad na die vulstasie)? Ons almal sal beslis wil stop as die blouligte jou aftrek, maar deesdae is dit erger as Irak. Ek ry selfs verby my skoonma :-)
Mens weet ook meeste kere nie waar die naaste Polisiestasie is nie., veral as jy skielik soontoe moet jaag. In jou eie omgewing weet mens, maar ander dorpe is moeilik. Dis nie asof jy in die situasie kan stop en eers Google Maps raadpleeg nie.

werner ·

waar kry hulle die poliesie uniforms nog korupte
polisie wat hulle klere uitdeel

Pieter du plessis ·

Dit is tien teen een regte polisie dit klink na die klomp se modus operandi want hulle bekamp nie misdaad of hou die publiek veilig nie

Bekommerd ·

So word wetsgehoorsame burgers geviktimiseer in die algemene samelewing, terwyl kruminele hulle vryheid geniet im te maak nes hulle wil. Ek het ook verneem van die prosedure om jou noodligte aan te sit, jou spoed te verminder na onder 60km/h (darem nie 20 nie) en dan na die naaste polisiestasie te ry. Ek het wel verneem van polisie wat mense van die pad af druk en aanrand wanneer jy hierdie prosedure toepas. Kan Afriforum se regsspan asb hierdie prosedure opvolg met die Minister te veiligheid van die landsburgers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.