Motoriste gewaarsku teen sinkgat naby Delmas

Die sinkgat in Centurion. (Foto: Tshwane-metroraad)

Die Gautengse departement van paaie en vervoer het motoriste gewaarsku om bedag te wees op ʼn sinkgat op die Delmas-pad (R50) in Gauteng.

ʼn Gedeelte van die pad is vir verkeer gesluit.

“Dié voorsorgmaatreël is getref omdat die padoppervlak weens die sinkgat aanhou versleg,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Die sinkgat is tydens ʼn roetine-inspeksie van die pad ontdek. “Die kwaai helling is tydelik gevul vir makliker deurgang en krake word daagliks gemonitor en aangeteken.”

Die pad is gesluit vanaf die aansluiting by Elandsfonteinweg, asook by die aansluiting van die R50 en R25. Slegs inwoners mag in dié stadium dié gedeelte van die pad gebruik.

Motoriste kan gebruik maak van ʼn grondpad (D781) wat die R50 en R25 verbind.

Die pad gaan na verwagting ʼn geruime tyd gesluit wees terwyl ingenieurs en amptenare studies doen om ʼn volhoubare oplossing te vind, het die departement gesê.

ʼn Pad in Centurion is die afgelope week óók weens ʼn sinkgat gesluit.

Dié sinkgat, digby die hoek van Cliftonlaan en Potgieterweg/Aletheastraat in Lyttelton Manor, is nagenoeg 12 x 17 m en reeds 8 m diep, het David Farquharson, ʼn DA-wyksraadslid, gesê.

Die sinkgat het skade aan kragkabels, die rioolstelsel, waterpype en veselkabels aangerig toe dit ingeval het. ʼn Gedeelte van ʼn heining het ook in die gat geval.

Farquharson het gesê geld moet nog bewillig word om die gat te herstel. Tot dít gebeur, bly die pad gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Boervrou ·

Sover my kennis strek is Delmas op n dolomietlaag gebou. Daar n groot onderaardse meer

John ·

Geld moet bewillig word… Dis is wat die ANC ook op hoop, maar sinkgatstatus is die rigting waarheen ons beweeg.

Maljan ·

Goeie genade, kan niks in die land heel bly nie? Hoe na aan die Gautrein spoor is die sinkgat in Centurion?

Karin ·

Die sinkgat is nie naby Delmas nie, maar eerder naby Bapsfontein, die gat is ongeveer 40km van Delmas. Daardie gat is al vir meer as 10 jaar op daardie pad, ons ry hom elke dag, hy is beslis nie “ontdek” deur ‘n roetiene inspeksie nie.

Willehond ·

En so het die hele land alreeds in n sinkgat verdwyn! VIVA anc!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.