Motoriste glo afgetrek oor e-skyfies

e-tagOm ‘n e-skyfie aan te skaf is nie verpligtend nie en padgebruikers word nie deur die polisie afgetrek as hulle nie ‘n e-skyfie het nie, sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral).

“Sanral werk nie saam met die Johannesburgse metropolisie om te kyk of padgebruikers e-skyfies het nie,” het Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, in ‘n verklaring gesê. “Die aanskaffing van ‘n e-skyfie is opsioneel en geen padgebruik mag afgetrek word omdat hulle nie ‘n e-skyfie het nie.”

Mona se reaksie kom nadat motoriste ingebel het na ‘n radiostasie en beweer het hulle is oor die naweek deur polisiebeamptes afgetrek om te kyk of hulle e-skyfies het. “Ons ontken ten sterkste dat daar enige vennootskap met die metropolisie in hierdie verband is,” sê Mona.

“Geen voertuie op enige pad word nagegaan om te sien of hulle e-skyfies het nie … Sanral doen ‘n beroep op enige padgebruiker wat reeds na bewering afgetrek is om te kyk of hulle ‘n e-skyfie het om Sanral te kontak.”

Die e-skyfies word gebruik vir elektroniese tolgeldinsameling in Gauteng. Mona het nie gesê watter radiostasie deur die motoriste gekontak is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

Ek glo dit is waar. Ons is gewoond daaraan dat alles verdraai word. Sodra daar n mate van ontkenning is, weet ons dit is die waarheid.

henk ·

Dis algemeen bekend dat daar waar sanral betrokke is, is een of ander agterbakse storie aan verbonde wat tot die voordeel van iemand in die organisasie strek. En daar waar sanral betrokke is, is ‘n gelieg en bedrieg die norm!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.