Motoriste hoes weer

(Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Die Sentrale Energiefonds (SEF) het Maandag namens die departement van minerale hulpbronne en energie die brandstofpryse vir Augustus aangekondig.

Petrol (albei grade) styg Woensdag met 36c per liter in die handelsprys.

Die prys van diesel (met ʼn swaelinhoud van 0,05%) styg met 72c per liter in die grootmaatprys; diesel (met ʼn swaelinhoud van 0,005%) styg met 71c per liter in die grootmaatprys.

Paraffien (grootmaat) styg met 71c per liter. LP Gas daal egter met 161c per kilogram.

Volgens die SEF het die gemiddelde pryse vir petrol, diesel en paraffien tydens die periode onder hersiening toegeneem. Die rand het tydens dieselfde periode teenoor die Amerikaanse dollar verstewig. Die gemiddelde rand/$-wisselkoers vir die periode 30 Junie 2023 tot 27 Julie 2023 was 18.2801 in vergelyking met 18.6825 tydens die vorige periode. Dit het gelei tot ʼn laer bydrae tot die basiese brandstofpryse op petrol, diesel en paraffien met 26.46 c/l, 26.84 c/l en 27.11 c/l onderskeidelik.

Die staatsoliefondsheffing (slate levy) bly op 0.00 c/l met effek vanaf 2 Augustus 2023.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MC ·

En hierdie vulstasies wat hulle pompe so vroeg sluit om genoeg van die “ou” brandstof te verkoop teen die nuwe brandstofprys, ek sien voor die einde van die dag gaan party mense nog pakslae kry. Die rye by die vulstasies is net te lank, met 1 pomp wat oop is, kastig “loadshedding” verbeel jou.

Papsak ·

Nee wat net in SA gooi regering ons so met kos en brandstof en krag om dit sky high te stoot mense almal kan nie by kom nie hoelank nog se my

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.