Motoriste hoor volgende week oor e-tol; EFF wil dit boikot

Fikile Mbalula, minister van vervoer. (Foto: GCIS)

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het tydens ʼn mediakonferensie Donderdag gesê motoriste sal volgende week meer duidelikheid hê oor e-tol. Uit sy uitlatings Donderdag blyk dit dat motoriste wel hiervoor gaan moet opdok.

Die EFF het Vrydag opnuut ʼn beroep op motoriste gedoen om e-tol te boikot. “Ons verwerp Mbalula se oproep vir mense om daarvoor te betaal. E-tol was nooit veronderstel om op die mense van Gauteng afgedwing te word nie en die ANC-regering het verskeie kere beloof dat e-tol afgeskaf sal word,” sê Mbuyiseni Ndlozi, nasionale woordvoerder van die EFF. Hy verwys na die ANC se beloftes tydens die 2016- munisipale verkiesing, wat nou lyk of dit net ʼn poging was om stemme te werf.

Die EFF meen die Gautengse premier, David Makhura, het reeds miljoene rande gemors op “nuttelose” panele en openbare verhore wat die lot van e-tol moes bepaal. “Hierdie konsultasie moes reeds lank voor 2007 plaasgevind het, toe die regering besluit het om die e-tol-projek af te skop,” sê Ndlozi.

“Makhura het ook al verskeie beloftes gemaak tydens sy provinsiale redes, maar telkemale hom gedistansieer van sy eie stellings toe hy besef hy is nie in die posisie om daaroor te besluit nie.”

Ndlozi sê e-tol moet geboikot word tot die regering ʼn oplossing vind wat nie behels dat gewone landsburgers betaal nie. “Die mense betaal reeds vir water, elektrisiteit en ewig-stygende petrolpryse. Hoekom moet hulle betaal vir nog iets wat sy oorsprong het in die geldgierige en korrupte belange van politici?”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

wimpie ·

Ek ook nogal! Ek het nog net een staat gekry die hele jaar.

MC Botha ·

Die een keer wat ek met eff saamstem. Sal nie e-toll betaal, dis ongrondwetlik en skending van my menseregte, taxis, busse, ministers betaal nie, ons moet net almal vir eenkeer in ons lewe saamstaan

Koos Kookwater ·

Dis die eerste keer dat Ek met die eff saam stem. Nooit gedink dit sal ooit gebeur nie

Anoniem ·

This walk I will walk with the EFF. Nie net moet die EFF dit doen nie waar is al die ander partye ook sodat ons kan saamstaan. Komaan Cope julle wil mos aldag en heeldag die land lam le hier is nou n grondige rede om dit te doen. Kom ons staan net vir eenkeer saam en vat hande as Gautengers en se genoeg is genoeg.

Koos de Meyer. ·

Stem saam boikott die besigheid. Ek sal nie betaal nie.

MC Botha ·

Die een keer wat ek met eff saamstem. Sal nie e-toll betaal, dis ongrondwetlik en skending van my menseregte, taxis, busse, ministers betaal nie, ons moet net almal vir eenkeer in ons lewe saamstaan

De Villiers ·

Wat gaan gebeur as e-Tol afgeskaf gaan word? Die brandstofprys gaan skielik die hoogtes inskiet, en allerhande flou verskonings gaan vir die rede daarvoor aangebied word, soos die Rand/Dollar wisselkoers, olieprys ens. Hou hierdie spasie dop.

Dieselfde het gebeur toe Ramaphosa president geword het. Daar was nie genoeg fondse om sy doelwitte te finansier nie, soos gratis tersiêre onderwys, reddingsboeie vir staatsinstellings soos Eskom en SAL en ń leë staatskas. Toe jaag hy net die brandstofprys op om daaruit sy fondse te genereer vir dié doelwitte.

MC Botha ·

Wel, De Villiers, ten minste betaal ALMAL dan, nie net ons in Gauteng wat geen se in die saak gehad het nie, ek sal bly weier om dit te betaal en dit beveg saam met OUTA

daleen ·

Koos Kookwater, ek het ook NOOIT in my lewe gedink ek sal hier met hulle (EFF) saamstem nie

???? leser ·

die hele e-tol stelsel is eensydig beplan en goedgekeur, motoriste se insette was nooit van belang nie, motoriste gebruik die paaie elke dag, enorme uitgawes waarvoor nie voorsiening/begroot gemaak is nie
ministers en mbalula ry nie elke dag die paaie nie en hulle betaal ook gladnie e-tol of net gewone belasting nie
hulle ry op ons rue – VERNIET

Markus ·

Ek het nooit gedink ek sou saamstem met enige iets wat die eff sê nie maar in hierdie geval sit ek lings voor.

Leon ·

Net ‘n regstelling Mnr Ndlozi, SOWETO betaal nie vir krag nie, moontlik ook nie vir water nie, maar ja, verder is jy nogals in die kol.

Cherokee ·

Ek dink julle Transvalers moet nou rustig word en e-tol betaal. Die alternatief sal wees dat petrolprys nòg ‘n ekstra bybetaling sal hef en dan moet ons Natallers vir jul e-tol betaal. Wees nou fair en betaal jul eie dinge. Miskien kan van daai e-tol dan gebruik gemaak word om slaggate in die Natalse paaie te herstel. Julle sal trots wees daarop.

Duifie ·

Stem saam Cherokee, en wat van die bejaardes wat nie meer op die hoë wee ry nie. Meeste ry in die stede.

Duifie ·

Stem saam Cherokee, en wat van die bejaardes wat nie meer so op sie hoë wee ry nie. Ry meestal in die stede rond.

Lava Lamp ·

Elkeen miet ‘n beurt kry om iets te betaal. Daai van julle wat water en ligte verniet kry, julle kan die etol rekening tussen julle verdeel. Ek betaal jou krag, dan betaal jy vit etol…. Lava Lamp for President!!

Zachrys ·

Gauteng dra reeds nw noord kaap en mapoepalankal hoekom kan julle ons nie maar bietjie bystaan met goeie padnetwerk sodat ons hierdie goeie werk kan voortsit nie?

Vonkprop ·

Dis nie asof die EFF die boikot begin het nie. Ek boikot die e-tol al van dag een af. Ek het nie hulle toestemming nodig nie. So moenie die EFF krediet vir enigiets gee nie

Hennie ·

Wat maak dit saak wat aangekondig gaan word rakende e-tol? En wat maak dit saak wat die EFFies wil doen? Hierdie is nie nuuswaardig nie!

MeriePerd. ·

Nee Cherokee, oor die algemeen hou ek van jou redenasies en stem ek soms saam. Maar die keer wil ek jou net probeer reghelp. Die feite is:
Daar was reeds bestaande hoof paaie voordat die huidige stelsel op gegradeer is.
Dit bestaande paaie was kosteloos aangesien daar n petrol heffing vir die instandhouding van infra-struktuur was en nog steeds is.
Daar is daagliks duisende studente, oumense, werkers karweiers, afleweraars ens. wat van die paaie toe moes gebruik. en nog steeds gebruik om by hulle bestemmings uit te kom.
Die alternatiewe roetes na werks plekke, hospitale, universiteite gaan meestal deur voorstede, die paaieval in elkgeval uit mekaar en lewens gevaarlik om te ry.
Dus die hele ding is n siek geldmaak gemors en raai wie moet die gelag betaal?
Afgetredenis het nie n ander opsie as om die tol paaie te gebruik om by mediese sorg sentrums uit te kom nie. Selfs die mediese versorging van bejaardes (soos jy weet) val uitmekaar. Dit is ook hoekom die publiek teen die voorgestelde sieke fonds sowel as die E Tol gekant is. Die ANC is geldgierig, en en almal ry die soustrein. Ek hoop jy verstaan. As ek moet betaal sal ek moet tronk toe gaan want die geld het ek nie.

Zoom Zoom ·

Aarto Gaan opmaak vir die etoll gelde. Nou Gaan almal betaal.

Pieter ·

Stem saam met jou ons blankes moet by die mense van hong kong gaan leer hoe werk jy met n regering wat nie ore het nie

James ·

Ek betaal eerder as wat ek saam die EFF in n bed klim dankie.

JohanR ·

As dit nie vir ‘n DA geveg was nie, waar hulle SANRAL hof toe gesleep het, het ons hier in die Kaap ook al e-tols gehad. As die ANC hier in bevel was sou die ‘n defnitief gewees het.

MC Botha ·

Wel, De Villiers, ten minste betaal ALMAL dan, nie net ons in Gauteng wat geen se in die saak gehad het nie, ek sal bly weier om dit te betaal en dit beveg saam met OUTA

MC Botha ·

JohanR, dis in Gauteng ingestel deur anc en ons het geen se daarin gehad, ek hoop alle Gautengers staan vir eenkeer saam en bly om dit nie te betaal, dis net op ons af gedwing, gelukkig het DA dit in Kaap gekeer, so hoe gaan hulle by daai court rulung verby kom om ons te dwing. Steun vir OUTA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.